Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 23 Augustus 2019 Skaak: Paarl Boys Skaaktoernooi, WEG

Vrydag, 23 Augustus 2019 Skaak: O/11 Ligawedstryd vs. Forres (TUIS)

Saterdag, 24 Augustus 2019 Ben Reynecke (Musiek) verjaar

Saterdag, 24 Augustus 2019 Dapper Stappers

Saterdag, 24 Augustus 2019 Gr.7-studiemetodes (Elevate)

Saterdag, 24 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie – Distrikkompetisie

Dinsdag, 27 Augustus 2019 Gr.7 Sosiale media ouer- en kindinligtingsessie 18:30 (Skoolsaal)

Dinsdag, 27 Augustus 2019 Hokkie: O/9 Seuns Durbanville Voorbereiding Toernooi (WEG)

Woensdag, 28 Augustus 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies

Woensdag, 28 Augustus 2019 Hokkie: O/9 Dogters Durbanville Voorbereiding Toernooi (WEG)

Donderdag, 29 Augustus 2019 Entrepreneursdag

Vrydag, 30 Augustus 2019 Toets: Gr.7 Tegnologie

Vrydag, 30 Augustus 2019 Assessering: Gr.4 – 6 Geskiedenis

Vrydag, 30 Augustus 2019 Sivvies

Vrydag, 30 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole

Saterdag, 31 Augustus 2019 Phillip Chimukuyu (Terrein) verjaar

Saterdag, 31 Augustus 2019 Sewes Toernooi

Saterdag, 31 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole

Sondag, 1 September 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole

Maandag, 2 September 2019 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar

Maandag, 2 September 2019 Beheerraadvergadering

Dinsdag, 3 September 2019 Sanna Molepo (Terrein) verjaar

Woensdag, 4 September 2019 Ellerton Markdag

Woensdag, 4 September 2019 Patrick Chadzuka (Terrein) verjaar

Vrydag, 6 September 2019 Loslitdag (Tema: “Time to Shine”)

Vrydag, 6 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi WEG

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Nuus van die beheerraad – Skoolhoof-aanstelling

Soos julle weet, tree Mnr. Oosthuizen af teen die einde van die jaar. Na ‘n lang en indringende soektog het die skoolhoof-komitee besluit om nie ‘n aanstelling te maak nie. Ons het enkele goeie kandidate gesien, maar was uiteindelik nie oortuig dat een van hulle die regte pasmaat vir ons gemeenskap is nie. Dis nie ongewoon vir skole om eers in verdere rondtes ‘n hoof-aanstelling te maak nie. Ons neem die rol uiteraard baie ernstig op en is gerus dat dit die regte ding is om eerder van nuuts te begin. Ons sal eers weer in Februarie 2020 adverteer weens WKOD-prosedures.

Die voorlopige plan was dat Marinda Brink (die knap tweede-in-bevel asook senior departementshoof) sou waarneem gedurende die interim tydperk. Helaas het haar goeie swangerskap-nuus ons planne in die wiele gery!

Ons gaan steeds van Oosie afskeid neem die jaar, maar hy het ingestem om aan te bly totdat ons ‘n aanstelling maak of tot Marinda se terugkeer in die 3de kwartaal van 2020. Tegelykertyd gaan ons die skool se leierstruktuur aanpas om van ons personeel meer verantwoordelikheid te gee in die interim-periode: Akademie vir die grade 4 tot 7 sal deur Lucia de Jager gelei word (sy sal ook tydens Marinda se kraamverlof in haar plek waarneem) en vir grade R tot 3 deur Benita Smit. Marili Thomson staan aan die hoof van finansies terwyl Jodene le Clus-Naylor personeelsake en administrasie sal behartig.

Hoewel ons teleurgesteld is dat ons soektog nie tot ‘n aanstelling gelei het nie, is ons dankbaar dat hierdie groep leiers bereid is om in te staan. Daar is geen twyfel dat hulle die skool en ons kinders eerste sal stel nie.

Dankie veral aan Mnr. Oosthuizen wat bereid is om die 1ste ses maande van sy aftrede weer sy bekwame hand op ons skool te hou.

As julle enige vrae het kontak gerus vir Merwe Scholtz of Izelle Venter.

Merwe Scholtz

Voorsitter: Beheerraad

---

NUUTSTE NUUS

6 September is Loslitdag (Casualday)!

Tema: Time to shine! Neon en blinkers!

Bedrag: R10 vir ‘n loslitdag plakker om Vrydag 6 September gewone klere aan te trek volgens die tema.

Hoe betaal ek: Plakkers kan van Woensdag af op die Karri toep of kontant by juffrou Wright gekoop word. Plakkers sal op 5 September uitgedeel word.

Fondse word ingesamel ten bate van die Paarl ontwikkelingskool.

Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem gegee is, moet nou terugkom skool toe.

Bekers moet soos volg gegraveer word:

1) Prysuitdeling-bekers: 2018 en leerder se noemnaam en van bv.

2018 Jan du Toit

2) Atletiek-bekers: 2019 (l.w. NIE 2018 NIE!) en leerder se noemnaam en van bv.

2019 Jan du Toit

3) Swem-bekers: 2019 en die leerder se noemnaam en van bv.

2019 Jan du Toit

• Ouers is verantwoordelik vir gravering en graveringskoste.

• Gravering kan by Premier Shoes, Kloofstraat 155, gedoen word.

Alle bekers terug in die biblioteek (nie by klasonderwyser of sekretaresse nie, asb.) teen Donderdag, 15 Augustus.

Baie dankie,

NAVRAE: magriet@jvrprim.co.za

Die winter buitemuurse program eindig op Vrydag, 30 Augustus vir die meeste sportkodes en ons wil ‘n inleidende week vir die SOMER BUITEMUURSE PROGRAM hou. Daar is egter enkele spesiale reëlings wat op sommige sportkodes van toepassing gaan wees.

Sien die onderstaande inligting:

Swem:

Ons gaan vanaf die vierde kwartaal die swemskool Swimmable by ons skool verwelkom. Swimmable gaan gedurende hierdie week en in die laaste week van die kwartaal, hulself aan ons swemmers en ouers tydens die onderskeie swemoefeninge bekend stel. Volg asb. die SKAKEL om jou kind/ers se name op die Google Sheet in te vul en ‘n plek vir een van hierdie middae te verseker. Daar sal slegs ‘n beperkte hoeveelheid kinders per sessie toegelaat word. Hierdie reëling is vir kontrolebeheer en almal se veiligheid.

Tennis:

Die sessies wat in die oggende voor skool aangebied gaan word, is slegs vir spelers wat ons alreeds geïdentifiseer het vir verskeie toernooie wat binnekort plaasvind. Almal is welkom by die middagsessies soos aangedui op die program.

Atletiek:

Gedurende hierdie week gaan ons net met die tweekamp atlete (wat met mnr. Hanekom hul deelname bevestig het) en die geïdentifiseerde atlete vir die Bredasdorp Top 10 oefen. Die Bredasdorp atlete is geïdentifiseer na aanleiding van hul uitslae van die Distrik en / of provinsiale byeenkomste aan die begin van 2019. Ons sal hul ouers direk kontak. In die vierde kwartaal is almal welkom om weer oefeninge by te woon.

Netbal:

Die O/11 A en O/13 A spanne oefen steeds ter voorbereiding van die CTPS (WP) Netbal finale wat op 7 September plaasvind.

Die O/12 groep wat oefen, is ‘n deurlopende program wat ons in die af seisoen gaan begin met hierdie groep ter voorbereiding van 2020 waar hulle die O/13 spanne gaan vorm.

DAAR SAL GEEN SKOOL BUITEMUURS plaasvind gedurende die konsertweek nie.

---

VERDERE NUUS

AKADEMIE

Laerskool Jan van Riebeeck het Donderdag, 15 Augustus die eerste ronde van die Wow-spelkompetisie gehuisves. Baie geluk aan die Jannies wat een van die eerste ses plekke verower het. Hulle neem eerskomende Saterdag, 24 Augustus, aan die

distrikkompetisie in Delft deel.

Die uitslae was as volg:

isiXhosa: week 16

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

---

ALGEMEEN

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Leah de Kock in Graad 2 VZ. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Drie stappe vir effektiewe herwinning: WAS, DRUK en KIES

WAS: was alle glashouers, blikkies en plastiekhouers voordat julle herwin, anders begin dit sleg ruik. Vuil houers kontamineer ook die materiale wat herwin kan word.

DRUK: druk blikkies en bokse plat en pers die plastiekhouers saam sodat dit minder plek opneem, en meer materiaal op een slag vervoer kan word, met minder uitlaatgasse wat in die atmosfeer vrygestel word.

KIES: kies produkte wat herbruikbaar is eerder as wat herwinbaar is, of wat herwinbare verpakking het.

SPORT

Ses van ons kinders het Donderdag, 15 Augustus, vriendskaplike wedstryde teen Panorama gespeel en gelykop met 3 elk geëindig. Die spelers was: Jan Karsten, Carla Snijders, Emma Snijders, Daniel Wasserman, Heino du Plooy en Melandi du Plooy.Baie geluk julle!

Vrydag, 16 Augustus, het ons gemengde O/11 en O/13 spanne ligawedstryde teen St. Cyprians tuis gespeel. Die O/11 span het 2-4 verloor en die O/13 span het 6-0 gewen.

Op Saterdag, 17 Augustus, het Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck die pad gevat na Moorreesburg om aan die jaarlikse Interskole te gaan deelneem. Hierdie is ‘n heerlike dag waarop beide skole deelneem. Die wind het ons hierdie jaar amper weggewaai, maar almal het dit steeds geniet.

Rugbyuitslae:

O/7 A verloor 2-4; O/7 B verloor 4-5

O/8 gelyk 0-0

O/9 A wen 5-0; O/9 B wen 1-0

O/11 A verloor 7-12

O/13 A verloor 12-29

Netbaluitslae:

O/9 A verloor 4-10; O/9 B wen 8-0

O/10 A wen 10-4; O/10 B verloor 5-9

O/12 A verloor 1-25; O/12 B verloor 0-12

O/13 A verloor 12 – 14; O/13 B wen 10-8

Baie geluk aan Scarlett van der Merwe wat 12de geëindig het by die WP Champs wat op 17 Augustus plaasgevind het. Sy gaan nou deur na die Wes-Kaap Skole Sport Landloop Kampioenskappe wat op Saterdag, 31 Augustus ,by die Hottentots Holland Senior Sekondêre skool in die Strand gaan plaasvind.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“I began to realize how important it was to be an enthusiast in life. He taught me that if you are interested in something, no matter what it is, go at it at full speed ahead. Embrace it with both arms, hug it, love it, and above all become passionate about it. Lukewarm is no good. Hot is no good either. White hot and passionate is the only thing to be.”

– Roald Dahl, My Uncle Oswald

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209