Baie geluk aan ons Jannie van die week, Leah de Kock in Graad 2 VZ. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Drie stappe vir effektiewe herwinning: WAS, DRUK en KIES
WAS: was alle glashouers, blikkies en plastiekhouers voordat julle herwin, anders begin dit sleg ruik. Vuil houers kontamineer ook die materiale wat herwin kan word.
DRUK: druk blikkies en bokse plat en pers die plastiekhouers saam sodat dit minder plek opneem, en meer materiaal op een slag vervoer kan word, met minder uitlaatgasse wat in die atmosfeer vrygestel word.
KIES: kies produkte wat herbruikbaar is eerder as wat herwinbaar is, of wat herwinbare verpakking het.