Die winter buitemuurse program eindig op Vrydag, 30 Augustus vir die meeste sportkodes en ons wil ‘n inleidende week vir die SOMER BUITEMUURSE PROGRAM hou. Daar is egter enkele spesiale reëlings wat op sommige sportkodes van toepassing gaan wees.

Sien die onderstaande inligting:
Swem:
Ons gaan vanaf die vierde kwartaal die swemskool Swimmable by ons skool verwelkom. Swimmable gaan gedurende hierdie week en in die laaste week van die kwartaal, hulself aan ons swemmers en ouers tydens die onderskeie swemoefeninge bekend stel. Volg asb. die SKAKEL om jou kind/ers se name op die Google Sheet in te vul en ‘n plek vir een van hierdie middae te verseker. Daar sal slegs ‘n beperkte hoeveelheid kinders per sessie toegelaat word. Hierdie reëling is vir kontrolebeheer en almal se veiligheid.
Tennis:
Die sessies wat in die oggende voor skool aangebied gaan word, is slegs vir spelers wat ons alreeds geïdentifiseer het vir verskeie toernooie wat binnekort plaasvind. Almal is welkom by die middagsessies soos aangedui op die program.
Atletiek:
Gedurende hierdie week gaan ons net met die tweekamp atlete (wat met mnr. Hanekom hul deelname bevestig het) en die geïdentifiseerde atlete vir die Bredasdorp Top 10 oefen. Die Bredasdorp atlete is geïdentifiseer na aanleiding van hul uitslae van die Distrik en / of provinsiale byeenkomste aan die begin van 2019. Ons sal hul ouers direk kontak. In die vierde kwartaal is almal welkom om weer oefeninge by te woon.
Netbal:
Die O/11 A en O/13 A spanne oefen steeds ter voorbereiding van die CTPS (WP) Netbal finale wat op 7 September plaasvind.
Die O/12 groep wat oefen, is ‘n deurlopende program wat ons in die af seisoen gaan begin met hierdie groep ter voorbereiding van 2020 waar hulle die O/13 spanne gaan vorm.

DAAR SAL GEEN SKOOL BUITEMUURS plaasvind gedurende die konsertweek nie.