Een-en-twintig Jannies het Saterdag aan die distrikronde van die Wow-spelkompetisie by Delft Primêr deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar ons spellers het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Baie geluk aan die volgende drie kinders wat gekwalifiseer het om Saterdag, 7 September, aan die provinsiale kompetisie in Stellenbosch deel te neem. Ons is baie trots op julle!

Katryn Silvis (gr.1) slaan ‘n silwer medalje los!
Mieke Hertzog (gr.5) eindig vierde.
Jana Brink (gr.6) palm die goue medalje in!