Roelf van der Merwe het Saterdag aan die Wes-Kaap kompetisie deelgeneem en dit het baie goed gegaan met hom. Hy is opgeneem in die Wes-Kaap span en neem deel aan die SA’s kompetisie gedurende die September skoolvakansie. Hy ontvang dus sy Wes-Kaap kleure.

Sy gemiddelde prestasie vir die 6 dissiplines (vloer, rekstok, ringe, parallelle stawe, sprong en pommel) was 8.89 uit 10. Hy het ‘n brons toekenning ontvang vir die rekstok en ‘n silwer toekenning vir die parallelle stawe. Baie geluk Roelf! Ons is baie trots op jou!