Ons sê baie geluk aan twee van ons netbalafrigters, Bongi Mbayeka (O/8 en O/12) en Mihle Phelekwa (O/7 & O/11). Hulle het gedurende die week van 4-10 Augustus die Kaapstad Netbal Federasie (WP) verteenwoordig by die SA Spar O/21 en Senior Vrouekampioenskappe in Johannesburg. Hulle span het baie goed gevaar en met Silwer medaljes huis toe gekom!