Huppelland (Conradieveld) parkering

GEEN ouers mag kinders op- of aflaai op die Conradieveld of die Huppelland-personeel parkering tydens sportoefeninge of wedstryde nie. Dit veroorsaak erge verkeersknope aangesien dit gebeur wanneer die skoolbussies die leerders daar aflaai en ook Huppelland ouers hul kleuters kom oplaai. Huppelland personeel word ook gereeld vasgeparkeer. Geen ouer mag voor die groot hek van die Conradieveld of op die bus se parkering stop nie. Baie dankie vir julle samewerking en bedagsaamheid in die...

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Lara Pieterse in Graad 6B. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.. Het jy geweet dat plastiekstrooitjies een van die mees algemene items is wat strande en die see besoedel? Strooitjies is baie sleg vir die omgewing, maar hoe drink mens nou jou melkskommel sonder 'n strooitjie? Baie restaurante het deesdae al bio-afbreekbare alternatiewe tot plastiekstrooitjies, maar mens kan ook jou eie papierstrooitjies maak. Slurp, slurp! Kliek op hierdie SKAKEL vir 'n lekker projek om strooitjies by die huis te...

Jannies vorder na volgende rondte vir skaakproewe

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is om aan die Metro Geslote Skaakproewe deel te neem. Dit vind op 13 & 14 Maart by Hoërskool Fairmont, Durbanville plaas. Emma Snijders (O/9 dogters); Petrus en Louis Bosman (O/11 seuns); Carla Snijders (O/13 dogters) en Jan Karsten (O/13...

Somersokkie

Alle Gr.5 - 7 Jannies word genooi na ons Eiland partytjie op 6 Maart 2020!! Kaartjies sal van Dinsdag 18 Februarie op die Karri-toep teen R150 'n kaartjie beskikbaar wees. Die kaartjie sluit in: 'n Heerlike pizza 'n Pynappel koppie wat huis toe geneem kan word Water en ystee regdeur die aand 'n "Photo booth" met 'n wegneem foto 'n Aand vol lekker dans, lag en woeker saam met maats Kaartjies kan afgehaal word en pizza bestelling kan gedoen word in juffrou Wright se klas, na betaling op Karri. Kliek HIER vir 'n...

Interskole atletiekuitslae van 6 Februarie

Baie dankie aan almal wat die sterk winde verlede Donderdag, 6 Februarie, aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun. Ten spyte van die wind, het ons 'n baie goeie byeenkoms gehad. Ons moes egter vir veiligheid die hoogspring items vir die dag kanselleer. Hierdie atlete het op Dinsdag, 11 Februarie, hul items by Gardens Rugbyklub voltooi. Baie geluk aan al ons atlete met hul prestasies. Die O/10 - O/13 atlete wat onder die top 2 posisies vir baanitems en eerste plek vir velditems geëindig het, gaan deur na die Sentrale Distrikbyeenkoms. Die O/7 - O/9 atlete het aan die interskole deelgeneem vir die blootstelling en ondervinding. Die Distrikbyeenkoms vind op Donderdag, 20 Februarie, by Vygieskraal in Athlone plaas. Meer inligting sal met die betrokke atlete gedeel word. Volg die skakel vir die INTERSKOLE se...

Uitslae van tenniswedstryde 29 Jan – 12 Feb

Ons het hierdie jaar 5 tennisspanne in twee verskillende ligas ingeskryf. Die eerste wedstryde het reeds 29 Januarie plaasgevind en ons deel die laaste paar weke se uitslae. Woensdag, 29 Januarie Gemengde A [Hein Muller, Christian Boshoff, Jana Maree en Mieke Hertzog] vs. Curro Century City wen 6-0 Gemengde B [Alexander Rau, Klara Maree, Stella Lamprecht en Sofia Newton] vs.Parklands Prep wen 6-0 Maandag, 3 Februarie Seuns B [Dawid-Wiese Viljoen, Daniel Wasserman en Noah Blomerus] vs. Table View verloor 0-6 Woensdag, 5 Februarie Seuns A [Fredrich Erasmus, Danny Newton, Sebastian Maree en Sebastian Boshoff] vs. Eversdal verloor 1-5 Dogters A [Mia Symington, Heloise Strauss, Katrien Stimie en Chiara Roodt] vs. Kenridge wen 4-2 Gemengde B [Kian Eksteen, Alexander Rau, Gusav Pansegrouw en Stella Lamprecht] vs. Curro Century City wen 6-0 Seuns B [Daniel Wasserman, Kian Saayman, Johan Symington en Noah Blomerus] vs. Van Riebeeckstrand verloor 2-4 Woensdag, 12 Februarie Seuns A [Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Sebastian Maree en Dawid-Wiese Viljoen] vs. Durbanville D wen 5-1 Dogters A [BYE] Gemengde A [Christian Boshoff, Jana Maree, Mieke Hertzog en Hein Muller] vs. JvR Gemengde B [Kian Eksteen, Alexander Rau, Stella Lamprecht en Sofia Newton] Die twee spanne is in dieselfde groep in die liga ingedeel en moes teen mekaar speel. Die gemengde B span wen 5-1 Seuns B [Daniel Wasserman, Kian Saayman, Andre Marais en Johan Symington] vs. Monte Vista wen 5-1 Baie geluk aan al ons...

Swemgala

Ons hou hierdie jaar weer ons Interhuis-swemgala oor 2 aparte dae. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons 'n junior- en seniorgala hou. Die seniorgala (Gr.4-7) vind op Vrydag, 14 Februarie plaas en die Juniorgala (Gr.1-3) op 28 Februarie. Ons wil graag 'n paar algemene reëlings vir die dag aan julle oordra. Ons moedig MASSA DEELNAME aan. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer 'n item aangekondig / uitgeroep word. Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie gaan hulle nie mag deelneem nie. Mag nie gewone klere aanhê nie, moet skoolklere aantrek indien leerders nie aan iets deelneem nie. Leerders mag nie om swembad of deur die skool hardloop nie, anders verloor hulle punte. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van 'n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak. Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag [Vir die O/9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met Vryslag vervang] GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat. Ouers...

WPNA netbalklinieke

Die WPNA (Pienk tannies) gaan gedurende die eerste kwartaal op twee Saterdae hul netbalklinieke by die skool kom aanbied. Die klinieke fokus op vaardighede en is nie verpligtend nie. Betaling op Karri tel ook as jou kind se inskrywing. Eerste Saterdag (die O/13 groep het reeds 'n kliniek op hierdie dag en word nie by hierdie betaling ingesluit nie. Hulle is welkom om die volgende kliniek ook by te woon) PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck bane KOSTE: R200 per dag TYD: 09:00 -12:00 DATUM: 22 Februarie OUDERDOMME / GRADE: Gr.1 - 6 Tweede Saterdag PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck bane KOSTE: R200 per dag TYD: 09:00 -12:00 DATUM: 29 Februarie OUDERDOMME / GRADE: Gr.1 -...

Sistemiese Toetse 2019

Sistemiese Uitslae van 2019 Gr.3 Wiskunde Die Graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 100% in 2018 na 97,4 in 2019. Die gemiddelde persentasie het gestyg van 84.1 na 88,8. Areas waarin die groep goed gevaar het was grafieke, rangskikking van getalle in volgorde, datahantering, afronding en verdubbeling, tel vorentoe en agtertoe, vergelyk van heelgetalle, getalpatrone, deel wat tot breuke lei, woordsomme met vermenigvuldiging, geld: koste en berekening, woordsomme met optelling. Areas wat aandag benodig is: Analoogtyd, breuke en desimale getalle, staafgrafieke, meting: omtrek en volume, woordsomme van massa, lengte, kapasiteit en deling, aftrekking, 2D en 3D vorms. Gr.3 Afrikaans Die Graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 92, 4% in 2018 na 92, 1% in 2019. Die gemiddelde persentasie het gestyg van 74,7% in 2018 na 74,8% in 2019. Areas waarin die groep goed gevaar het: goeie antwoorde wat toepaslik en duidelik was en hul beredeneringsvermoë. Gr.6 Wiskunde Die graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 93,7% tot 91,4%. Die gemiddelde persentasie het gedaal van 81,8 tot 74,1%. Areas waarin die groep goed gevaar het: vloeidiagramme, omskakeling van eenhede, persentasie, optel van vyf-syfer getalle, meetkundige patrone en die lees van data. Areas wat aandag benodig: afronding, stel ‘n getal uit sy dekonstruksie saam, meting, verhouding en eweredigheid, aftrek van breuke en desimale getalle, berekening van ‘n persentasie, aftrek van heelgetalle in konteks en die berekening van tyd. Gr.6 Afrikaans Die graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 88,9% tot 77,6%. Die gemiddelde persentasie het gedaal van 70,5% tot 60,1%. Areas waarin die groep goed gevaar het: meerkeusevrae en geskrewe vrae. Areas wat aandag benodig: lees met begrip, interprestasie van data, woordeskat, afleidings,...

Jannies Talent

Vinnig spring as jy wil deelneem!!! Julle is sulke talentvolle kinders. Kom spog daarmee!! Daar word net 'n beperkte aantal kinders gekeur. Kom meld ook aan by juf. Helecia as jy dink jy kan dalk 'n goeie aanbieder wees.

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Mia-Lynn Podesta in Graad 1O. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.. Ons herinner julle weer aan Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine) waar jy kos en huishoudelike produkte per gewig kan koop, sonder om 'n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Jy kan ook jou eco brick soontoe neem! Vir meer inligting, sien NUDEFOODS se...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor