Baie geluk aan ons Jannie van die week, Mia-Lynn Podesta in Graad 1O. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio..

Ons herinner julle weer aan Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine) waar jy kos en huishoudelike produkte per gewig kan koop, sonder om ‘n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Jy kan ook jou eco brick soontoe neem! Vir meer inligting, sien NUDEFOODS se webtuiste.