Ons hou hierdie jaar weer ons Interhuis-swemgala oor 2 aparte dae. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons ‘n junior- en seniorgala hou. Die seniorgala (Gr.4-7) vind op Vrydag, 14 Februarie plaas en die Juniorgala (Gr.1-3) op 28 Februarie. Ons wil graag ‘n paar algemene reëlings vir die dag aan julle oordra.

Ons moedig MASSA DEELNAME aan. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word.

  • Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie gaan hulle nie mag deelneem nie.
  • Mag nie gewone klere aanhê nie, moet skoolklere aantrek indien leerders nie aan iets deelneem nie.
  • Leerders mag nie om swembad of deur die skool hardloop nie, anders verloor hulle punte.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van ‘n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  • Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak.
  • Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag [Vir die O/9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met Vryslag vervang]
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Ouers is welkom om die galas te kom bywoon.
  • Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie ‘n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie.
  • Die OPE afdeling is slegs vir Gr.7 leerders.

JUNIORGALA PROGRAM
SENIORGALA PROGRAM