Sistemiese Uitslae van 2019

Gr.3
Wiskunde

Die Graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 100% in 2018 na 97,4 in 2019. Die gemiddelde persentasie het gestyg van 84.1 na 88,8.

Areas waarin die groep goed gevaar het was grafieke, rangskikking van getalle in volgorde, datahantering, afronding en verdubbeling, tel vorentoe en agtertoe, vergelyk van heelgetalle, getalpatrone, deel wat tot breuke lei, woordsomme met vermenigvuldiging, geld: koste en berekening, woordsomme met optelling.

Areas wat aandag benodig is: Analoogtyd, breuke en desimale getalle, staafgrafieke, meting: omtrek en volume, woordsomme van massa, lengte, kapasiteit en deling, aftrekking, 2D en 3D vorms.

Gr.3
Afrikaans

Die Graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 92, 4% in 2018 na 92, 1% in 2019. Die gemiddelde persentasie het gestyg van 74,7% in 2018 na 74,8% in 2019.

Areas waarin die groep goed gevaar het: goeie antwoorde wat toepaslik en duidelik was en hul beredeneringsvermoë.

Gr.6
Wiskunde

Die graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 93,7% tot 91,4%. Die gemiddelde persentasie het gedaal van 81,8 tot 74,1%.

Areas waarin die groep goed gevaar het: vloeidiagramme, omskakeling van eenhede, persentasie, optel van vyf-syfer getalle, meetkundige patrone en die lees van data.

Areas wat aandag benodig: afronding, stel ‘n getal uit sy dekonstruksie saam, meting, verhouding en eweredigheid, aftrek van breuke en desimale getalle, berekening van ‘n persentasie, aftrek van heelgetalle in konteks en die berekening van tyd.

Gr.6
Afrikaans

Die graadgroep se slaagpersentasie het gedaal van 88,9% tot 77,6%. Die gemiddelde persentasie het gedaal van 70,5% tot 60,1%.

Areas waarin die groep goed gevaar het: meerkeusevrae en geskrewe vrae.

Areas wat aandag benodig: lees met begrip, interprestasie van data, woordeskat, afleidings, sinskonstruksie en punktuasie en spelling.