Die WPNA (Pienk tannies) gaan gedurende die eerste kwartaal op twee Saterdae hul netbalklinieke by die skool kom aanbied. Die klinieke fokus op vaardighede en is nie verpligtend nie. Betaling op Karri tel ook as jou kind se inskrywing.

Eerste Saterdag
(die O/13 groep het reeds ‘n kliniek op hierdie dag en word nie by hierdie betaling ingesluit nie. Hulle is welkom om die volgende kliniek ook by te woon)
PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck bane
KOSTE: R200 per dag
TYD: 09:00 -12:00
DATUM: 22 Februarie
OUDERDOMME / GRADE: Gr.1 – 6

Tweede Saterdag
PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck bane
KOSTE: R200 per dag
TYD: 09:00 -12:00
DATUM: 29 Februarie
OUDERDOMME / GRADE: Gr.1 – 7