Laat biblioteekboeke
Verlore goedere 2
Die volgende items is by die kantoor ingehandig. Dit sal wonderlik wees indien ons die eienaars kan opspoor. Kliek HIER vir die items wat verlede week in die nuusbrief verskyn het. Sommige daarvan is nog onopgeëis.
Verlore goedere 1
Die volgende items is by die kantoor ingehandig. Dit sal wonderlik wees as ons die eienaars kan opspoor.
Mandela-dag 2020
Baie dankie vir skenkings van kruideniersware wat ons al ontvang het vir Mandela-dag. Ons herinner julle net weer aan die spesifieke kruideniersware wat elke graad voor verantwoordelik is: Graad 00 & 0: Potlode/Uitveërs Graad R: Koekies/Beskuit Graad 1: Koffie/Tee Graad 2: Vetkoekmengsel Graad 3: Warm-sjokolade Graad 4: Handeroom Graad 5: Vinolia seep Graad 6: Pannekoekmengsel Graad 7: Malva-lekkers Baie dankie vir julle samewerking rakende die projek en dit sal baie waardeer word as leerders voor Donderdag, 16 Julie die kruideniersware skool toe kan bring. Vriendelike groete,...
Aanbieding 6 – Emosies
https://vimeo.com/437028787
Liewe Aarde
Die Liewe Aarde depot is weer oop vir herwinning. Alle JvR gesinnne kan hier herwin. Ouers het tans toegang tot die depot slegs tydens aflaai en oplaai. Die herwinning van papier en karton is ook weer oop!! Onthou asb. om slegs riffel-karton in die kartonhouer te sit. Alle gladde karton kan in die papier igloe gegooi word. Die wit papier word apart herwin in die wieldromme – ons kry heelwat meer vergoeding vir wit papier. Dankie vir almal se...
Rooster vanaf Maandag, 6 Julie 2020
Om akademiese kontrole te vergemaklik, gaan ons vanaf Maandag, 6 Julie, die skoolrooster se dae herhaal. ‘n Klas gaan dus oor twee dae dieselfde periodes hê. Hier volg die datums, groepe wat skool toe kom en die dagrooster wat gevolg sal word. Die rooster sal ook op die webtuiste beskikbaar wees: Kliek op die COVID-19 blok op die tuisblad vir die volgende twee weke se rooster en al die nuutste inligting rakende...
Jannies Welwillendheidprojekte vir 2020
Die grendeltyd het ons almal forseer om kreatief te dink en ons komitee het dit goed gedink om ons fokus aan te pas en ons uitreike na ons eie gemeenskap te neem. Wat ‘n voorreg om die Welwillendheidprojekte vir die kwartaal aan julle bekend te stel. Gedurende die grendeltyd is 15 Jannie-gesinne van kospakkies voorsien. Ons is baie dankbaar teenoor Alive Foundation, wat aan die bestuur van die projek is. 1. Skoolklere skenkings: Ons is besig met ‘n projek waar ons tweedehandse winterskoolklere inneem en dan gee aan ons leerders wat nog ‘n stel benodig. Ons moedig alle ouers en leerders aan om enige skoolklere, veral sweetpakke, wat te klein of nie meer gebruik word nie, vir die registeronderwysers te stuur. 2. Vir Madibadag, 18 Julie, reik ons na Prestwich Laerskool uit en benodig ons die volgende skryfbehoeftes: Gr.00 & Gr.0: Bloupenne, uitveërs en HB gryspotlode. 3. Ons gaan ook uitreik na ons eie gemeenskap met die nodige kospakkies. Ons benodig die volgende produkte vir die projek: Gr.R: Koekies/Beskuit Gr.1: Ricoffy Koffie/Tee (Gewone/Rooibos) Gr.2: Eureka Mills: Vetkoekmengsel Gr.3: Nestle Hot Chocolate Gr.6: Pannekoekmengsel Gr.7: Malvalekkers Meer inligting sal in die klasse en op Google Classroom bekend gemaak word. 4. Ons het ook Ellerton Laerskool se biblioteekboeke wat ons in kwartaal 1 ingesamel het, geskenk. 5. Spekboompies vir Boomplantdag in Kwartaal 3 word benodig en wil ons Jannies aanmoedig om so gou moontlik met ‘n Spekboomsteggie te begin. Die komitee is baie opgewonde oor die projekte wat vir die res van die jaar beplan word en sal nader aan die tyd die nodige inligting met julle deel. Jannie-groete...
Infasering Intersenfase
Beste gr.4-7 Ouer(s)/Voog(de) Ons is baie opgewonde om ons gr.4-6 leerders eersdaags terug by die skool te verwelkom. Die brief sal al die reëlings deeglik uiteensit en hopelik al julle vrae beantwoord. 1. Skoolkwartale: Kwartaal 2: 1 Junie – 7 Augustus (10 weke) Kwartaal 3: 12 Augustus – 23 September (6 weke) Kwartaal 4: 5 Oktober – 15 Desember (10 weke) 2. Oriënteringsdae: Tydens hierdie dae word al die maatreëls met die leerders bespreek. Klasruilings (onderwysers wissel) vind plaas sodra oriëntasie afgehandel is. Leerders pak dus hul tas vir die betrokke dag se periodes. Die rooster bly dieselfde. Gr.6 (Hele groep) - Vrydag, 26 Junie (7:45 – 14:10) Gr.4 (Oranje) - Woensdag, 1 Julie (7:45 – 14:10) Gr.4 (Blou) - Donderdag, 2 Julie (7:45 – 14:10) Gr.5 (Hele groep) - Vrydag, 3 Julie (7:45 – 14:10) 3. Graadgroepe terug by die skool: Vanaf die volgende datums kom die helfte van ons leerders elke dag skool toe. Ons het besluit om die kleurgroepe te gebruik om die logistiek vir families te vergemaklik. Die Blouspan (gr.6e) kom die eerste week Maandag, Woensdag en Vrydag skool toe en die Oranjespan Dinsdag en Donderdag. Die volgende week (wanneer gr.4+5 terugkeer) ruil dit weer om sodat alle leerders oor ‘n tweeweeksiklus alle periodes het. Die Oranjespan se gr.4+5’s kom dus tydens hulle eerste week terug Maandag, Woensdag en Vrydag en die Blouspan Dinsdag en Donderdag. Gr.6 - Maandag, 29 Junie (Blouspan kom Maandag, Woensdag en Vrydag en Oranjespan Dinsdag en Donderdag.) Gr.4 - Maandag, 6 Julie (Oranjespan kom Maandag, Woensdag en Vrydag en Blouspan Dinsdag en Donderdag.) Gr.5 - Maandag, 6 Julie (Oranjespan kom...
Covid-aksieplan – infasering van leerders
Beste Ouers en Voogde Goeie nuus! Ons het goedkeuring gekry by die WKOD (Wes-Kaapse Onderwysdepartement) vir ’n unieke terugkeerplan vir ons skool. Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig dat ons leerders eersdaags kan terugkeer skool toe. Die graad 7’s is reeds ten volle by die skool ingeskakel en die kinders geniet dit terdeë om terug te wees. Wees asseblief verseker dat ‘n hoë akademiese standaard gehandhaaf sal word. Ons wil so gou moontlik ons leerders aan die volledige skoolprogram blootstel deur ons normale skoolrooster te volg. Deel 1 Covid-oriëntering van leerders Om terugkeer skool toe te vergemaklik sal elke graad ’n oriënteringsdag bywoon die week voordat die graad ingefaseer word. Die graadvoog/klasonderwyser sal ’n program sirkuleer wat aankoms- en vertrektye, dae van klasbywoning en ander kwessies verduidelik. Die beweging van leerders en kontak tydens pouses word versigtig beplan deur onder andere klasruiling te beperk. Datums: graad R, 1, 3 en 6 se oriëntering Week: 22 - 26 Junie 2020 - ORIëNTERING (Skool begin 29 Junie 2020) HUPPELLAND Gr.R - Donderdag, 25 Junie (9:00 - 12:00) LAERSKOOL Gr.1 - Maandag, 22 Junie (9:00 - 13:00) - Blou Gr.1 - Dinsdag, 23 Junie (9:00 - 13:00) - Oranje Gr.3 - Donderdag, 25 Junie (9:00 - 13:00) Gr.6 - Vrydag, 26 Junie (7:45 - 14:10) Datums: graad 00, 0, 2, 4 en 5 se oriëntering Week: 29 Junie - 3 Julie 2020 - ORIëNTERING (Skool begin 6 Julie 2020) HUPPELLAND Gr.0 - Dinsdag, 30 Junie (9:00 - 12:00) Gr.00 - Donderdag, 2 Julie (9:00 - 12:00) LAERSKOOL Gr.2 - Maandag, 29 Junie (8:00 - 13:00) - Oranje Gr.2 - Dinsdag, 30...
Prosedure: Reaksies op die COVID-19 virus binne die skoolgemeenskap
Die beleid verduidelik hoe die leierskap van Laerskool Jan van Riebeeck sal reageer indien ons bewus word van enigeen in ons skoolgemeenskap (personeel, leerders, ouers/voogde) wat in aanraking kom met die virus in verskillende scenarios. Die beleid sal voortdurend aangepas word om te strook met die bepalings van die WKOD en ander relevante wetgewing. Dit word van alle lede van ons skoolgemeenskap verwag om nie die skool te betree indien hulle nie gesond voel nie en nasionale kwarantynriglyne te volg indien hulle infeksie vermoed. 1. DEFINISIES 1.1 “direkte aanraking” beteken onbeskermde kontak byvoorbeeld ‘n handdruk of omhelsing 1.2 “terloopse aanraking” beteken teenwoordig wees in ‘n vertrek met die positiewe persoon 1.3 “noue aanraking” beteken persone wat ‘n tuiste deel 2. STAPPE Die volgende stappe moet gevolg word wanneer personeel, leerders of besoekers positief toets, of in aanraking was met iemand wat positief getoets is. 2.1 Stappe wanneer ʼn leerder positief toets vir Covid-19 2.1.1 Die skoolhoof moet onmiddellik die bevestigde geval by die kringbestuurder/distriksdirekteur aanmeld, asook bevestig: 2.1.1.1 wanneer die leerder by die skool was vir die laaste keer; 2.1.1.2 met wie die leerder in direkte aanraking was; en 2.1.1.3 met wie die leerder in noue aanraking was. 2.1.2 Die skoolhoof en distriksamptenare sal die geval assesseer en die distriksamptenare sal die stappe wat gedoen moet word bevestig aan die skool. 2.1.3 Die Departement van Gesondheid is verantwoordelik vir die identifisering van mense met wie die leerder in aanraking was en sal die WKOD adviseer oor enige verdere stappe wat geneem moet word of voorsorgmaatreëls wat getref moet word. 2.1.4 In die meeste gevalle sal dit nie nodig wees...
Uit die hoof se kantoor
Liewe ouers Ons Gr.7-leerders is nou al amper twee weke by die skool en dit gaan eintlik baie goed. Die gemiddelde bywoningsyfer is ongeveer 95%. Ons gaan by die department van onderwys aansoek doen om die teruglatingstye te vervroeg sodat al ons leerders vroeër by die skool kan wees. Sodra ons hiervoor goedkeuring gekry het, sal ons dit aan julle bekendmaak. Die nuwe datums vir die res van die jaar is ook nog nie amptelik nie, maar dit gaan volgens die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie) soos volg wees: Kwartaal 2: 1 Junie – 7 Augustus Kwartaal 3: 12 Augustus – 23 September Kwartaal 4: 5 Oktober – 15 Desember Die voorlopige datums vir die leerders se terugkeer na skole is soos volg: 1 Junie: Gr.7 6 Julie: Gr.00, 0, R, 1, 2, 3 & 6 3 Augustus: Gr.4 & 5 Die skool se bestuur en personeel neem die risiko’s wat die Koronavirus meebring baie ernstig op. Sanitasieprosesse is nou van so ’n aard dat ons gerus voel dat ons infeksieverspreiding so goed moontlik beperk. Die beleid neem verskeie scenario’s in ag. In kort, die skool sal nie sluit indien ’n leerder of personeellid positief toets of ander aanraking met die virus gehad het nie. Raadpleeg gerus die dokument vir al die prosesse en stappe wat geneem sal word in enige so ’n geval. Kliek hier vir die prosedure: Reaksie op die Covid-19 virus binne die skoolgemeenskap. Ons stuur môre 'n video aan wat by die skool opgeneem is waarin dr. Fiona Kritzinger met ons gesels oor die leerders se terugkeer skool toe om moontlike vrae wat ouers kan hê, te...
Uit die hoof se kantoor
Liewe Ouers Ongeveer 90% van ons graad 7 leerders is terug by die skool en ons is baie trots om te kan sê dat alles op die eerste dag glad en sonder enige voorvalle verloop het. Ons skool het al die nodige toerusting betyds vanaf die WKOD ontvang en ons het ook baie ekstras self aangekoop. Ons onderwysers is goed voorbereid en ingelig oor hoe ons ons leerders moet ondersteun en oriënteer. Ons skool is ook goed ingerig en deeglike beplanning is gedoen. Ons is ook baie trots op ons graad 7's wat so goed saamwerk! Die nuutste dokument wat ons ontvang het, is die datums wat leerders na die skole moet terugkeer soos volg: Maandag 1 Junie : Gr. 7 & 12 Maandag 6 Julie : Gr. 00, 0, R, 1, 2, 3, 6, 10 & 11 Maandag 3 Augustus: Gr. 4, 5, 8 & 9 Dit lyk vir ons of die kwartaal op Vrydag 24 Julie gaan sluit en die 3de kwartaal weer op Maandag 3 Augustus gaan begin. Dit is egter nie amptelik nie. Skole mag egter met die nodige toestemming van die dept. van onderwys, afwyk van hierdie voorgestelde datums. Ons beheerliggaam sal eersdaags vergader en besluit hoe ons skool die terugkeer van ons leerders sal behartig. Sodra ons duidelikheid hieroor het, sal ons dit met al ons ouers, Huppelland ingesluit, kommunikeer. Ons sal ook vanaf Donderdag, 4 Junie, met nasorg begin vir leerders in graad 7 wat van hierdie fasiliteit wil gebruik maak. Intussen gaan ons steeds volstoom voort met ons aanlynonderrig vanaf graad 6 tot ons 4 jariges in Huppelland. Al ons onderwysers...
Hoërskool Jan van Riebeeck nuus
Uit Adri se dagboek (JvR sekretaresse)
Laerskool JvR Covid-19 Voorbereiding vir 1 Junie '20 Mnr. Oosthuizen is ALTYD op sy pos en kan enige vraag van wie ookal, oor wat ookal, hoe ookal en wanneer ookal binne 0.06 sekondes beantwoord. In my boek, baie beter as minister Angie M... Leon en Jodene is beslis meer binnegoed as bek en hul interpretasie, verwerking en voorbereiding t.o.v. die virusmaatreëls laat mens se oë net nog groter agter die stomme maskers rek, om die virus se verspreiding oral in die skool sover moontlik te beperk. Lucia en Benita is bek, binnegoed, brein en boek as enige iemand raad, hulp of bystand soek. Sonder dat jy hoef te smeek of te soek! Razelle en Michelle kopiëer, lamineer en plak aanwysings dat Covid-19 sy spoeg maar liewers buite die skoolterrein moet sluk of laat spat. Hannes en oom Steyn huiwer nie om die laaste spuitkan, spyker en wieldop in te kap of te trap, om ons almal klopdisselboom te laat funksioneer, sommer so in die verbygaan of op 'n drafstap. Al die terrein- en skoonmaakpersoneel pleister, poets en toets onverpoos (soms met toegewasemde brille en maskergrille) en dr. André laat die vraelys klink na 'n gesang terwyl hy korrel tussen jou oë en mens se koors laat daal met 'n stewige, vrolike halleluja. Marili maak dat ons ligte aanbly en fone lui, nie een van ons sonder 'n salaris sit en honger lei, en dat ál die kinders in die skool kan bly!! Elke onnie kán ons nie sonner nie... En Suzaan (IT) laat die ouers dit mooi weet en verstaan. Nou hoop ek net dat al die ouers se...
Belangrike Datums
augustus 2026