Liewe ouers

Ons Gr.7-leerders is nou al amper twee weke by die skool en dit gaan eintlik baie goed. Die gemiddelde bywoningsyfer is ongeveer 95%. Ons gaan by die department van onderwys aansoek doen om die teruglatingstye te vervroeg sodat al ons leerders vroeër by die skool kan wees. Sodra ons hiervoor goedkeuring gekry het, sal ons dit aan julle bekendmaak.

Die nuwe datums vir die res van die jaar is ook nog nie amptelik nie, maar dit gaan volgens die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie) soos volg wees:
Kwartaal 2: 1 Junie – 7 Augustus
Kwartaal 3: 12 Augustus – 23 September
Kwartaal 4: 5 Oktober – 15 Desember

Die voorlopige datums vir die leerders se terugkeer na skole is soos volg:
1 Junie: Gr.7
6 Julie: Gr.00, 0, R, 1, 2, 3 & 6
3 Augustus: Gr.4 & 5

Die skool se bestuur en personeel neem die risiko’s wat die Koronavirus meebring baie ernstig op. Sanitasieprosesse is nou van so ’n aard dat ons gerus voel dat ons infeksieverspreiding so goed moontlik beperk. Die beleid neem verskeie scenario’s in ag. In kort, die skool sal nie sluit indien ’n leerder of personeellid positief toets of ander aanraking met die virus gehad het nie. Raadpleeg gerus die dokument vir al die prosesse en stappe wat geneem sal word in enige so ’n geval. Kliek hier vir die prosedure: Reaksie op die Covid-19 virus binne die skoolgemeenskap.

Ons stuur môre ‘n video aan wat by die skool opgeneem is waarin dr. Fiona Kritzinger met ons gesels oor die leerders se terugkeer skool toe om moontlike vrae wat ouers kan hê, te beantwoord.