Die grendeltyd het ons almal forseer om kreatief te dink en ons komitee het dit goed gedink om ons fokus aan te pas en ons uitreike na ons eie gemeenskap te neem.

Wat ‘n voorreg om die Welwillendheidprojekte vir die kwartaal aan julle bekend te stel.

Gedurende die grendeltyd is 15 Jannie-gesinne van kospakkies voorsien. Ons is baie dankbaar teenoor Alive Foundation, wat aan die bestuur van die projek is.

1. Skoolklere skenkings: Ons is besig met ‘n projek waar ons tweedehandse winterskoolklere inneem en dan gee aan ons leerders wat nog ‘n stel benodig. Ons moedig alle ouers en leerders aan om enige skoolklere, veral sweetpakke, wat te klein of nie meer gebruik word nie, vir die registeronderwysers te stuur.

2. Vir Madibadag, 18 Julie, reik ons na Prestwich Laerskool uit en benodig ons die volgende skryfbehoeftes:
Gr.00 & Gr.0: Bloupenne, uitveërs en HB gryspotlode.

3. Ons gaan ook uitreik na ons eie gemeenskap met die nodige kospakkies. Ons benodig die volgende produkte vir die projek:
Gr.R: Koekies/Beskuit
Gr.1: Ricoffy Koffie/Tee (Gewone/Rooibos)
Gr.2: Eureka Mills: Vetkoekmengsel
Gr.3: Nestle Hot Chocolate
Gr.6: Pannekoekmengsel
Gr.7: Malvalekkers
Meer inligting sal in die klasse en op Google Classroom bekend gemaak word.

4. Ons het ook Ellerton Laerskool se biblioteekboeke wat ons in kwartaal 1 ingesamel het, geskenk.

5. Spekboompies vir Boomplantdag in Kwartaal 3 word benodig en wil ons Jannies aanmoedig om so gou moontlik met ‘n Spekboomsteggie te begin.

Die komitee is baie opgewonde oor die projekte wat vir die res van die jaar beplan word en sal nader aan die tyd die nodige inligting met julle deel.

Jannie-groete
Welwillendheidskomitee