Liewe Ouers

Ongeveer 90% van ons graad 7 leerders is terug by die skool en ons is baie trots om te kan sê dat alles op die eerste dag glad en sonder enige voorvalle verloop het. Ons skool het al die nodige toerusting betyds vanaf die WKOD ontvang en ons het ook baie ekstras self aangekoop. Ons onderwysers is goed voorbereid en ingelig oor hoe ons ons leerders moet ondersteun en oriënteer. Ons skool is ook goed ingerig en deeglike beplanning is gedoen. Ons is ook baie trots op ons graad 7’s wat so goed saamwerk!

Die nuutste dokument wat ons ontvang het, is die datums wat leerders na die skole moet terugkeer soos volg:

Maandag 1 Junie : Gr. 7 & 12
Maandag 6 Julie : Gr. 00, 0, R, 1, 2, 3, 6, 10 & 11
Maandag 3 Augustus: Gr. 4, 5, 8 & 9

Dit lyk vir ons of die kwartaal op Vrydag 24 Julie gaan sluit en die 3de kwartaal weer op Maandag 3 Augustus gaan begin. Dit is egter nie amptelik nie.

Skole mag egter met die nodige toestemming van die dept. van onderwys, afwyk van hierdie voorgestelde datums. Ons beheerliggaam sal eersdaags vergader en besluit hoe ons skool die terugkeer van ons leerders sal behartig. Sodra ons duidelikheid hieroor het, sal ons dit met al ons ouers, Huppelland ingesluit, kommunikeer.

Ons sal ook vanaf Donderdag, 4 Junie, met nasorg begin vir leerders in graad 7 wat van hierdie fasiliteit wil gebruik maak.

Intussen gaan ons steeds volstoom voort met ons aanlynonderrig vanaf graad 6 tot ons 4 jariges in Huppelland. Al ons onderwysers is ook vanaf 3 Junie terug by die skool en hulle kan ook enige tyd gekontak word. Indien julle hulle persoonlik wil kom sien, moet dit met vooraf afsprake gereël word.

Pas julle mooi op en hou by al die COVID-19 reëls.