Oktober is kunsmaand!

Ons welbekende veiling maak sy Covid-buiging in ‘n nuwe gedaante! Oudergewoonte skenk ons ongelooflike kunstenaar-ouers en hul kunsvriende die jaar meer as 20 werke wat opgeveil gaan word – uiteraard aanlyn. Almal kan gratis bie – ouers en vriende van die skool is welkom. Besonderhede rondom die aanlynveiling sal later in Oktober gedeel word met ’n PDF van die werke wat beskikbaar sal wees. Daar is ook ‘n spesiale voorskou beskikbaar vir die wat in lewende lywe wil kom kyk. Kunstenaar en kurator Liza Grobler gaan informele rondleidings hou middel Oktober – en dit in Woodstock, die tuiste van Kaapstadkuns. Die adres is Albertstraat 139, Woodstock. Daar is drie tydgleuwe per dag vir groepe van agt beskikbaar. Die datums is Dinsdag 13 tot Vrydag 16 Oktober en begeleidings is om 15:00, 16:30 en 18:00. Kom geniet die spesiale geleentheid saam met vriende – ons gaan oudergewoonte regstaan met wyn. Maskers is ononderhandelbaar. BESPREEK HIER VIR DIE TYD WAT JOU PAS. Werke is beskikbaar van Liza Grobler, Norman O'Flynn, Barbara Wildenboer, Claudette Schreuders, Anton Kannemeyer, John Murray, Kilmany-Jo Liversage, Varenka Paschke, Conrad Botes, Pierre Liversage, Adeline Joubert, MJ Lourens, Ilené Bothma, Sophia van Wyk, Roelien Brink, Henk Serfontein, Wonder Marthinus, Frans Smit, Swain Hoogervorst, Catherine Ocholla, One, Vanessa Berlein, Alexia Klompje en David Bloomer. Vir nog inligting, kontak Karien Zulch by karien@zulch.co Alle gelde is ten bate van die Jan van Riebeeck Laerskool Opvoedingstrust wat verskeie skoolprojekte befonds - belastingsertifikate sal uitgereik word aan...

Interim-beheerraadverkiesing

Baie geluk aan Esri Marais wat as beheerraadslid verkies is. Baie dankie aan elkeen wat aan hierdie aanlynverkiesing - 'n eerste vir ons skool - deelgeneem het. Die volgende beheerraadverkiesing vind gedurende die eerste kwartaal van 2021 plaas.

Begrotingsvergadering 2021

Ons nooi alle ouers en voogde uit om die begrotingsvergadering van 2021 om 19:00, 4 November 2020, in die skool se biblioteek by te woon.

Studiekursus 2 & 3 Oktober

‘n Leerghoeroe van die Noorde, Wilna Greyling, is tans in Kaapstad en bied Vrydag (na-skool) en Saterdag (08:00 tot 13:00) ‘n leerkursus hier by die skool, in die biblioteek, aan. Koste: R2 500 per kind Die studiekursus behels ‘n vooraf-persoonlikheidstoets waarvolgens die leerstyl van die kind bepaal word. Hierdie profiel gee ook belangrike insigte aan die ouer oor hoe sy kind stres hanteer, die lewe organiseer en inligting sorteer. Seker die mees insiggewende bydrae is hoe die ouer verstaan waarom hy/sy en sy/haar kind maklik saamwerk of bots. Tydens die kursus leer die kind dan meer oor sy eie leerstyl. Hy leer ook hoe die brein werk en wat in die brein gebeur wanneer hy leer. Daarna word die vyf hoofmetodes van leer stapsgewys behandel. Ouers moet die kursus saam bywoon. Kontak asb. vir Wilna direk indien jy belangstel: 083 309 8364 of...

Hoofleiers 2020

Baie geluk aan ons Hoofdogter en Hoofseun van 2020! Emma Bartel en Cayle Stoltz, ons is baie trots op julle!

Jannies-besigheidsregister

Beste Ouers, In hierdie ingewikkelde tyd het ons weer opnuut die waarde van gemeenskap besef. Hoewel klein, is ons gemeenskap ondernemend en bedrywig. Met ons nuwe JANNIES-besigheidsregister wil ons graag ons gemeenskap ondersteun. Enige voog, ouer, peetouer, grootouer asook oud-leerders kan hul besigheid of relevante werkplek registreer. Dit werk so vir besigheidseienaars: • Voltooi asb. hierdie vorm met jou besonderhede en industrie: VORM Dit werk so vir gebruikers: • Om te sien watter dienste beskikbaar is, gaan na die laerskool se webwerf en kliek op JANNIES GEMEENSKAP (heel bo-aan) en dan op die BESIGHEIDSREGISTER. Jy is welkom om die vorm vir enige lede van die Jannies-gemeenskap aan te stuur. Ons sien uit na julle deelname aan die projek en ondersteuning vir...

Interim-beheerraadverkiesing

Ons herinner graag dat daar kans is tot Maandag, 28 September, om 19:00 om 'n ouer vir die regsportefeulje op die beheerraad te nomineer. Kontak gerus vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) vir 'n nominasievorm. Neem asseblief kennis dat die stemprogram "VotingCrowd" wat ons vir die aanlynverkiesing gebruik op die dag van die verkiesing jou intekenbesonderhede per e-pos beskikbaar sal stel. Sien hier die kennisgewing en verkiesingsreëls vir die interim-beheerraadverkiesing wat op Dinsdag, 29 September, plaasvind. Leerders van ouers wat aan die verkiesing deelneem, mag Donderdag, 1 Oktober, sivvies dra...'n ekstra sivviedag vir daardie...

COVID-buitemuurse program

Die aangepaste buitemuurse program se doelwit is om ons leerders die geleentheid te bied om meer aktief te raak. Ons moet gedurende hierdie aktiwiteite steeds alle voorgeskrewe COVID-regulasies nakom. Hierdie spesiale buitemuurse program sal vir die grondslagfase vanaf Maandag, 28 September, en vir die intersenfase vanaf Maandag, 5 Oktober, aangebied word. Dit sal tot Dinsdag, 20 Oktober, in die week waartydens kwartaal 3 eindig, aangebied word. Jou kind kan op die onderskeie dae aan 'n aktiwiteit van hul keuse deelneem. • Deelname vind meestal volgens die graadgroep plaas sodat ons sover moontlik nie verskillende grade meng nie. • Maskers moet gedra word. (Terwyl 'n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.) • Getalle word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters. o TENNIS: slegs 24 per sessies (maksimum 6 per baan) o MULTIVAARDIGHEID: slegs 28 per sessie o ATLETIEK: slegs 40 per sessie • Leerders sal met die skool se bussies na die Conradieveld en terug vervoer word. Maskers moet altyd gedra word en leerders moet hul hande ontsmet voordat hulle in die busse klim. • Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan. • Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het. • Vir tennis moet leerders hul eie rakkette bring. • Waar ons addisionele apparaat / toerusting gebruik, sal dit na elke sessie ontsmet word. • Slegs leerders wat geregistreer is en 'n "plek-opsie" kon kies, is gewaarborg van 'n plek vir die daardie...

“Kuns met Wiskunde”-kompetisie

Beoordeling vir die Nelson Mandela Universiteit se “Kuns met Wiskunde”-kompetisie is afgehandel en die prysuitdeling het op 9 September plaasgevind. Die Lombaard-tweeling het baie goed gevaar. Juliette (gr.7) se werk “Maths Tree” is hoog geprys en sy ontvang ‘n sertifikaat sowel as ‘n erebalkie. Alexa Lombaard (gr.7) se “Golden Sequence on Map” vorm deel van die uitstalling by die Universiteit se Wiskunde ontwikkelingsafdeling (GMMDC) en sy ontvang ook ‘n erebalkie. Baie geluk. Ons is trots op hulle...

Virtuele boekbespreking

Die graad 5 tot 7 leerders het hierdie week aan ‘n virtuele boekbespreking met skrywers Christien Neser, Troula Goosen en De Wet Hugo deelgeneem. Hul boeke is tot 29 September teen 10% afslag op die Karri-toep te koop. Leerders sal dit teen 15 Oktober ontvang. Kliek HIER vir die...

Versoek vanuit die kunsklas

Ons is besig om gekleurde plastiekdoppies van melk- en koeldrankbottels bymekaar te maak vir ‘n groepprojek. Bring asb. alle gekleurde plastiekdoppies (insluitend wit) na die kunsklas toe, eerder as om dit in die houer by die herwinningsdepot te gooi. Julle samewerking word...

Somerdrag

Vanaf Maandag, 28 September, word die opsie gegee om somerdrag met die korrekte hemp (kortmou, sonder das, met skoolwapen op) te dra. Verpligte somerdrag sal vanaf kwartaal 4, 2 November, gedra word.

Tuindag

Tuindag val hierdie jaar op Sondag, 11 Oktober. Die skool gaan dit egter op 9 Oktober vier. Hou gerus die volgende nuusbrief dop vir meer inligting.

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor