‘n Leerghoeroe van die Noorde, Wilna Greyling, is tans in Kaapstad en bied Vrydag (na-skool) en Saterdag (08:00 tot 13:00) ‘n leerkursus hier by die skool, in die biblioteek, aan.

Koste: R2 500 per kind

Die studiekursus behels ‘n vooraf-persoonlikheidstoets waarvolgens die leerstyl van die kind bepaal word. Hierdie profiel gee ook belangrike insigte aan die ouer oor hoe sy kind stres hanteer, die lewe organiseer en inligting sorteer. Seker die mees insiggewende bydrae is hoe die ouer verstaan waarom hy/sy en sy/haar kind maklik saamwerk of bots.

Tydens die kursus leer die kind dan meer oor sy eie leerstyl. Hy leer ook hoe die brein werk en wat in die brein gebeur wanneer hy leer. Daarna word die vyf hoofmetodes van leer stapsgewys behandel.

Ouers moet die kursus saam bywoon.

Kontak asb. vir Wilna direk indien jy belangstel: 083 309 8364 of wilna@greyling.co.za.