Ons welbekende veiling maak sy Covid-buiging in ‘n nuwe gedaante! Oudergewoonte skenk ons ongelooflike kunstenaar-ouers en hul kunsvriende die jaar meer as 20 werke wat opgeveil gaan word – uiteraard aanlyn. Almal kan gratis bie – ouers en vriende van die skool is welkom. Besonderhede rondom die aanlynveiling sal later in Oktober gedeel word met ’n PDF van die werke wat beskikbaar sal wees.

Daar is ook ‘n spesiale voorskou beskikbaar vir die wat in lewende lywe wil kom kyk. Kunstenaar en kurator Liza Grobler gaan informele rondleidings hou middel Oktober – en dit in Woodstock, die tuiste van Kaapstadkuns. Die adres is Albertstraat 139, Woodstock.

Daar is drie tydgleuwe per dag vir groepe van agt beskikbaar. Die datums is Dinsdag 13 tot Vrydag 16 Oktober en begeleidings is om 15:00, 16:30 en 18:00. Kom geniet die spesiale geleentheid saam met vriende – ons gaan oudergewoonte regstaan met wyn. Maskers is ononderhandelbaar. BESPREEK HIER VIR DIE TYD WAT JOU PAS.

Werke is beskikbaar van Liza Grobler, Norman O’Flynn, Barbara Wildenboer, Claudette Schreuders, Anton Kannemeyer, John Murray, Kilmany-Jo Liversage, Varenka Paschke, Conrad Botes, Pierre Liversage, Adeline Joubert, MJ Lourens, Ilené Bothma, Sophia van Wyk, Roelien Brink, Henk Serfontein, Wonder Marthinus, Frans Smit, Swain Hoogervorst, Catherine Ocholla, One, Vanessa Berlein, Alexia Klompje en David Bloomer.

Vir nog inligting, kontak Karien Zulch by karien@zulch.co

Alle gelde is ten bate van die Jan van Riebeeck Laerskool Opvoedingstrust wat verskeie skoolprojekte befonds – belastingsertifikate sal uitgereik word aan kopers.