Beste Ouers,

In hierdie ingewikkelde tyd het ons weer opnuut die waarde van gemeenskap besef. Hoewel klein, is ons gemeenskap ondernemend en bedrywig. Met ons nuwe JANNIES-besigheidsregister wil ons graag ons gemeenskap ondersteun. Enige voog, ouer, peetouer, grootouer asook oud-leerders kan hul besigheid of relevante werkplek registreer.

Dit werk so vir besigheidseienaars:
• Voltooi asb. hierdie vorm met jou besonderhede en industrie: VORM

Dit werk so vir gebruikers:
• Om te sien watter dienste beskikbaar is, gaan na die laerskool se webwerf en kliek op JANNIES GEMEENSKAP (heel bo-aan) en dan op die BESIGHEIDSREGISTER.

Jy is welkom om die vorm vir enige lede van die Jannies-gemeenskap aan te stuur.

Ons sien uit na julle deelname aan die projek en ondersteuning vir mekaar.