Beoordeling vir die Nelson Mandela Universiteit se “Kuns met Wiskunde”-kompetisie is afgehandel en die prysuitdeling het op 9 September plaasgevind. Die Lombaard-tweeling het baie goed gevaar. Juliette (gr.7) se werk “Maths Tree” is hoog geprys en sy ontvang ‘n sertifikaat sowel as ‘n erebalkie. Alexa Lombaard (gr.7) se “Golden Sequence on Map” vorm deel van die uitstalling by die Universiteit se Wiskunde ontwikkelingsafdeling (GMMDC) en sy ontvang ook ‘n erebalkie. Baie geluk. Ons is trots op hulle albei!