Ons herinner graag dat daar kans is tot Maandag, 28 September, om 19:00 om ‘n ouer vir die regsportefeulje op die beheerraad te nomineer. Kontak gerus vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) vir ‘n nominasievorm. Neem asseblief kennis dat die stemprogram “VotingCrowd” wat ons vir die aanlynverkiesing gebruik op die dag van die verkiesing jou intekenbesonderhede per e-pos beskikbaar sal stel. Sien hier die kennisgewing en verkiesingsreëls vir die interim-beheerraadverkiesing wat op Dinsdag, 29 September, plaasvind. Leerders van ouers wat aan die verkiesing deelneem, mag Donderdag, 1 Oktober, sivvies dra…’n ekstra sivviedag vir daardie week!