Die aangepaste buitemuurse program se doelwit is om ons leerders die geleentheid te bied om meer aktief te raak. Ons moet gedurende hierdie aktiwiteite steeds alle voorgeskrewe COVID-regulasies nakom. Hierdie spesiale buitemuurse program sal vir die grondslagfase vanaf Maandag, 28 September, en vir die intersenfase vanaf Maandag, 5 Oktober, aangebied word. Dit sal tot Dinsdag, 20 Oktober, in die week waartydens kwartaal 3 eindig, aangebied word.
Jou kind kan op die onderskeie dae aan ‘n aktiwiteit van hul keuse deelneem.

• Deelname vind meestal volgens die graadgroep plaas sodat ons sover moontlik nie verskillende grade meng nie.
• Maskers moet gedra word. (Terwyl ‘n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.)
• Getalle word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters.
o TENNIS: slegs 24 per sessies (maksimum 6 per baan)
o MULTIVAARDIGHEID: slegs 28 per sessie
o ATLETIEK: slegs 40 per sessie
• Leerders sal met die skool se bussies na die Conradieveld en terug vervoer word. Maskers moet altyd gedra
word en leerders moet hul hande ontsmet voordat hulle in die busse klim.
• Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan.
• Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het.
• Vir tennis moet leerders hul eie rakkette bring.
• Waar ons addisionele apparaat / toerusting gebruik, sal dit na elke sessie ontsmet word.
• Slegs leerders wat geregistreer is en ‘n “plek-opsie” kon kies, is gewaarborg van ‘n plek vir die daardie
aktiwiteit.
• Indien daar vir ‘n sekere aktiwiteit nie meer beskikbare plek is nie, kies “NO More Options”. Dit gee vir ons ‘n aanduiding dat daar meer belangstelling vir ‘n aktiwiteit is en sal help met verdere ontwikkeling en aanpassing van ons program.
• Ouers mag steeds NIE op die skoolterrein uit hul karre klim NIE . Leerders sal na afloop van die aktiwiteit na die motor beweeg.
• Ouers mag NIE op die veld / perseel by die Conradieveld kom nie. Hulle moet buite die Conradieveld se hek wag. Leerders sal na hul aktiwiteit hul ouers by die hek ontmoet. GEEN toeskouers word toegelaat nie.
• Die Steyntjie (groot bus) sal op die onderskeie dae later vertrek:
o Maandae en Woensdae 15:15
o Dinsdae en Donderdae 15:45
Graad 1
Graad 2
Graad 3
Graad 4
Graad 5
Graad 6 & 7

Die tydelike COVID-buitemuurse program is aan die onderskeie grade gestuur via die WhatsApp-groepe. VOLTOOI ASSEBLIEF DIE VORM. Die sluitingsdatum vir die grondslagfase is Maandag, 28 September, om 09:00.

Indien enige iemand ‘n bespreking vir privaat swemlesse wil maak, kan julle vir Swimmable by 079 591 4471 kontak.