Leerderraad van 2021

Baie geluk aan die volgende graad 6-leerders wat verkies is tot die leerderraad van 2021: Agter v.l.n.r.: Mia Symington, Danny Newton en Alexander Benecke Middel v.l.n.r.: Fredrich Erasmus, Héloïse Strauss en Luca Zulch Voor v.l.n.r.: Mieke Hertzog, Jan Karsten, Carla Snijders en Katrien Stimie Afwesig: Daniel Wasserman en Taniel...

Met waardering wil ek net tot siens sê: Marianna Oosthuizen

Liewe Jan van Riebeeck-familie Vandag is daar ‘n behoefte in my hart om met julle te gesels…. in die vreemde omstandighede van 2020…. maar ek weet die skool het net die beste gedoen om alles so glad as moontlik te laat verloop! Welgedaan! Die tyd het nou aangebreek dat ek ook moet groet na ‘n tydperk van amper 25 jaar! Dit voel soos ‘n leeftyd….wat ‘n heerlike reis was die tyd nie vir my nie! Eerstens kan ek nie dankbaar genoeg wees dat ons as gesin die voorreg gehad het om deel van hierdie unieke skool en gemeenskap te kon word nie…ons sou nie voor die tyd besef het hoe wêrelde vir ons, as gevolg van hierdie skool en gemeenskap, oopgegaan het nie! Wat ‘n ongelooflike voorreg en daarvoor sê ek net BAIE DANKIE! Ons het sulke hegte vriendskappe opgebou waarvan ons nog steeds deel is. Dan….my hart se punt….die kinders wat deur my hande gegly het, is natuurlik my hoogtepunt! Daardie onskuld van die kleintjies en opregte sêgoed gaan ek voorwaar oneindig mis! (As ek maar net alles kon neerskryf!) Die afgelope klompie jare was hulle my alles…(dalk ‘n bietjie van ‘n ‘ouma’-gevoel)! Wat ‘n genot om met sulke sponsies te kon werk! Ek het voorwaar so baie van hulle geleer en moes myself dikwels knyp as hulle met sulke waarhede en ‘diepdinge’ uitkom wat my baie laat dink het….mis gaan ek julle verseker! Op hierdie noot sê ek net tot siens …. met groot dankbaarheid asook met ‘n traan in die oog. Mag die skool net van krag tot krag gaan en alle sterkte word almal toegewens...

Belangrike kennisgewing

Beste Ouers Die koranavirus het nou behoorlik sy intrek geneem by ons skoolgemeenskap. Die hoeveelheid infeksies, virus-blootstellings asook mense in kwarantyn het drasties onder ons gesinne en personeel gestyg. As jy die hele jaar in ag neem, kan onsself seker gelukkig ag dat ons nou eers met die dilemma sit op so ‘n skaal. Almal se veiligheid is uiteraard die grootste prioriteit. Die volgende planne is goedgekeur deur die Beheerraad: 1. Die skool sluit amptelik môre Donderdag, 10 Desember, om 11 uur, maar ons wil jou graag aanmoedig om van môre af eerder jou kinders tuis te hou. 2. Sover moontlik is rapporte vandag uitgedeel sodat julle nie hoef terug te keer skool toe nie. 3. Rapporte kan tot en met Vrydag 11 uur by die skool opgelaai word by Adri in die kantoor. Parkeer asseblief op die sportveld – geen ingang van Kloofstraat nie. 4. Ouers wat staatgemaak het op volgende week se sorg by die skool, kan vir ons ‘n e-pos stuur na nasorg@jvrprim.co.za. Skoolsorg sal beskikbaar gemaak word teen geen koste tot en met Dinsdag, 15 Desember, om 12:00. Ons is uiteraard baie hartseer oor ons Graad 7’s wie se prysuitdeling Maandag by die Conradieveld sou plaasvind. Ook die tradisionele swembadspring is nou in die wiele gery. Ons gaan nog ons koppe bymekaar sit en sal met Graad 7-ouers apart hieroor kommunikeer. Ons wil as ’n Beheerraad die geleentheid neem om dankie te sê vir almal wat hierdie jaar ten spyte van die uitdagings met soveel ywer aangepak het. Ons is baie trots en dankbaar dat die virus ten spyt, ons ’n sterk akademiese jaar kon...

Die Ickabog illustrasiekompetisie: opvolg

In die Nuusbrief van 6 November, het ons met trots die nuus gedeel dat vier van ons leerders se kunswerke gekies is vir publikasie in die Afrikaanse weergawe van J.K. Rowling se Die Ickabog. Die vier wenners, nl. Lara Pieterse, Kate Heyns, Elsabé Scholtz en Milla Joubert, moes intussen geduldig wag vir die drukproses voordat hulle kon ervaar hoe dit voel om 'n boek oop te maak waarin jy jou eie kunswerk sien! (En dit boonop 'n boek deur so 'n beroemde skrywer!) LAPA-uitgewers se pakkie het uiteindelik by die skool gearriveer en Lara, Kate, Elsabé en Milla het met groot opgewondenheid deur hul kopieë geblaai, opsoek na hul illustrasies. Juffrou Magriet van Zyl het seker gemaak dat die boek sommer dadelik in die skoolbiblioteek beskikbaar is. Weer eens baie geluk aan hierdie talentvolle vier...

Hoërskoolnuus

Hoërskool Jan van Riebeeck het onlangs aangekondig dat mnr. Pieter Rademeyer as nuwe skoolhoof aangestel is met ingang 1 Maart 2021. Mnr. Rademeyer, sy vrou Jana en hul twee jong kinders, Pieter en Karu, verhuis vanaf Port Elizabeth na die Kaap. Pieter en Karu gaan hier by Laerskool Jan van Riebeeck aansluit. Ons is opgewonde oor die samewerking wat tussen die Laerskool en Hoërskool sal plaasvind en wens hom en sy gesin alle sterkte toe met die verhuising. Ons weet dat hy sommer baie gelukkig by ons sal...

Skoolfonds

Ouers en voogde word daaraan herinner dat November die laaste maand vir skoolfondsbetalings is. Maak asb. seker dat die skoolfonds ten volle betaal is.

Skooltye tot die einde van die kwartaal

Die skool sal elke dag tot aan die einde van die kwartaal om 12:50 (gr. 1-3); 13:05 (gr. 6-7) en om 13:15 (gr. 4-5) uitkom. Neem asseblief kennis: Donderdag, 10 Desember - skool verdaag om 12:00 vir gr. 1-3 en 12:15 vir gr. 4-7.

Jannie presteer by Enduro fietswedren.

James Marais in graad 2E het die naweek aan die Wes-Kaap se Enduro fietswedren deelgeneem. Die resies het by Contermanskloof, net buite Durbanville, plaasgevind. As gevolg van Covid was daar ongelukkig net een resies vir 2020. Enduro is ‘n bergfietswedren waar die verskillende afdraende trajekte van die dag teen ‘n stophorlosie gejaag word. Vir kinders is daar drie trajekte, vir die ouer ryers tot 5 of 6 trajekte. Die tye word dan opgetel en die kind wat die kleinste totale tyd het, wen. James (linkerkantste deelnemer op die foto) het derde in sy ouderdomsgroep gekom. Baie geluk, James. 'n Mens kan sien daar is nie 'n bang haar op jou kop...

Belangrike kommunikasie

Beste Ouers Daar is berigte in die media dat ’n EFF-verteenwoordiger na beide die Jan van Riebeeckskole as rassisties verwys – daar word ook aangedui die skole gaan deur die EFF besoek word. Dit is na aanleiding van die onlangse rasvoorvalle by Hoërskool Brackenfell. Verder is daar geen inligting beskikbaar nie – óf so ‘n besoek werklik beplan word en indien wel wanneer dit sal plaasvind, is onduidelik. Hiermee ’n paar belangrike punte van die Beheerraad se kant: • Sover ons kon vasstel, was daar geen rassevoorval by enige van die skole nie. • Die veiligheid van ons leerders en personeel is ononderhandelbaar – sou daar enige samekoms van die EFF naby die skool plaasvind, sal verantwoordelike veiligheidaksies geloods word. • Indien enige samekoms van die EFF plaasvind, sal ouers dadelik per WhatsApp in kennis gestel word. • Sover ons kennis strek, het die EFF nie aansoek gedoen om ‘n permit te kry vir so ‘n samekoms nie. Sou enige samekoms geskied, versoek ons ouers en enige ander volwassenes wat met ons skool geassosieër word, om geen interaksie met EFF-lede te hê van enige aard nie. • Die Beheerraad se standpunt rondom diversiteit is as volg en word nie beïnvloed deur die dreigemente nie: Die Laerskool is ‘n gemeenskapskool wat inklusiwiteit en diversiteit omarm, maar ons besef dis ’n voortdurende proses. Ons skool se leuse is ons rigtingwyser – Wees jouself. Ons het die laaste paar jaar aksies geloods om diversiteit te bevorder en is van plan om momentum te hou in 2021. • Wees asseblief verseker ons bestuur die situasie so goed ons kan in aggenome die inligting...

Trotse Jannie

Naam en van: Zanru Breedt Graad: 3BS Waar woon jy?: Ek woon in Simonstad saam met my ma, pa en boetie (15). Gunsteling vak: Ek hou baie van Wiskunde en Afrikaans. Wiskunde maak my slim. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek help my juffrou om die klas netjies te maak, op te ruim en weg te pak aan die einde van die dag. Ek hou daarvan om ander te help en ek is goed...

Buitemuurs tydens die eksamen

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende hierdie vreemde tyd. Die graad 4 - 7 leerders is nou klaar met hulle sport vir die jaar. Ons moet weens omstandighede die beplande Kleureatletiek van die einde van die jaar uitstel tot 2021. Sien die onderstaande program wat ons tydens die eksamen gaan volg vir graad 1 - 3. Sommige van die groepe begin 'n bietjie vroeër. Die Steyntjie-bus ry 13:15 elke dag. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2020/11/2020-Buitemuurse-program-COVID-program-8.pdf" title="2020-Buitemuurse-program - COVID-program...

Musieklesse 2021

Indien daar leerders is wat belangstel in musieklesse vir volgende jaar (klavier, blokfluit, kitaar, viool), kontak asb. vir juf. Helecia Groenewald by helecia@jvrprim.co.za om hulle name op die waglys te sit.

Loslitdag

3 Desember 2020 is 'Casualday' / Loslitdag! Tema: Trek aan soos jou gunsteling Disney karakter! Kostes: R20 vir 'n loslitdagplakker om Donderdag, 3 Desember, sivvies volgens die tema aan te trek! Plakkers is beskikbaar op die Karri-toep vanaf 23 November en kan ook kontant by juffrou Wright gekoop word. Fondse word ingesamel ten bate van Paarl...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor