Hoërskool Jan van Riebeeck het onlangs aangekondig dat mnr. Pieter Rademeyer as nuwe skoolhoof aangestel is met ingang 1 Maart 2021. Mnr. Rademeyer, sy vrou Jana en hul twee jong kinders, Pieter en Karu, verhuis vanaf Port Elizabeth na die Kaap. Pieter en Karu gaan hier by Laerskool Jan van Riebeeck aansluit.

Ons is opgewonde oor die samewerking wat tussen die Laerskool en Hoërskool sal plaasvind en wens hom en sy gesin alle sterkte toe met die verhuising. Ons weet dat hy sommer baie gelukkig by ons sal wees.