Beste Ouers

Daar is berigte in die media dat ’n EFF-verteenwoordiger na beide die Jan van Riebeeckskole as rassisties verwys – daar word ook aangedui die skole gaan deur die EFF besoek word. Dit is na aanleiding van die onlangse rasvoorvalle by Hoërskool Brackenfell.

Verder is daar geen inligting beskikbaar nie – óf so ‘n besoek werklik beplan word en indien wel wanneer dit sal plaasvind, is onduidelik.

Hiermee ’n paar belangrike punte van die Beheerraad se kant:

• Sover ons kon vasstel, was daar geen rassevoorval by enige van die skole nie.
• Die veiligheid van ons leerders en personeel is ononderhandelbaar – sou daar enige samekoms van die EFF naby die skool plaasvind, sal verantwoordelike veiligheidaksies geloods word.
• Indien enige samekoms van die EFF plaasvind, sal ouers dadelik per WhatsApp in kennis gestel word.
• Sover ons kennis strek, het die EFF nie aansoek gedoen om ‘n permit te kry vir so ‘n samekoms nie. Sou enige samekoms geskied, versoek ons ouers en enige ander volwassenes wat met ons skool geassosieër word, om geen interaksie met EFF-lede te hê van enige aard nie.
• Die Beheerraad se standpunt rondom diversiteit is as volg en word nie beïnvloed deur die dreigemente nie: Die Laerskool is ‘n gemeenskapskool wat inklusiwiteit en diversiteit omarm, maar ons besef dis ’n voortdurende proses. Ons skool se leuse is ons rigtingwyser – Wees jouself. Ons het die laaste paar jaar aksies geloods om diversiteit te bevorder en is van plan om momentum te hou in 2021.
• Wees asseblief verseker ons bestuur die situasie so goed ons kan in aggenome die inligting wat tot ons beskikbaar is. Daar is op die stadium, geen rede om bekommerd te wees of jou gemoed te versteur nie. Julle is welkom om enige korrespondensie rakende die situasie te rig aan admin@jvrprim.co.za

Vriendelike groete

Marinda Brink
WAARNEMENDE SKOOLHOOF

NAMENS BEHEERLIGGAAM