In die Nuusbrief van 6 November, het ons met trots die nuus gedeel dat vier van ons leerders se kunswerke gekies is vir publikasie in die Afrikaanse weergawe van J.K. Rowling se Die Ickabog.
Die vier wenners, nl. Lara Pieterse, Kate Heyns, Elsabé Scholtz en Milla Joubert, moes intussen geduldig wag vir die drukproses voordat hulle kon ervaar hoe dit voel om ‘n boek oop te maak waarin jy jou eie kunswerk sien! (En dit boonop ‘n boek deur so ‘n beroemde skrywer!) LAPA-uitgewers se pakkie het uiteindelik by die skool gearriveer en Lara, Kate, Elsabé en Milla het met groot opgewondenheid deur hul kopieë geblaai, opsoek na hul illustrasies.
Juffrou Magriet van Zyl het seker gemaak dat die boek sommer dadelik in die skoolbiblioteek beskikbaar is.
Weer eens baie geluk aan hierdie talentvolle vier leerders!