James Marais in graad 2E het die naweek aan die Wes-Kaap se Enduro fietswedren deelgeneem. Die resies het by Contermanskloof, net buite Durbanville, plaasgevind. As gevolg van Covid was daar ongelukkig net een resies vir 2020.
Enduro is ‘n bergfietswedren waar die verskillende afdraende trajekte van die dag teen ‘n stophorlosie gejaag word. Vir kinders is daar drie trajekte, vir die ouer ryers tot 5 of 6 trajekte. Die tye word dan opgetel en die kind wat die kleinste totale tyd het, wen.

James (linkerkantste deelnemer op die foto) het derde in sy ouderdomsgroep gekom. Baie geluk, James. ‘n Mens kan sien daar is nie ‘n bang haar op jou kop nie.