Unisa klaviereksamens
Datums is nog nie finaal bevestig nie, maar die klaviereksamens sal moontlik tussen 20 en 22 September geskied.
Eisteddfod: Musiek
Ons herinner julle aan die volgende datums: Solosang: Saterdag, 21 Augustus Klavier: Saterdag, 28 Augustus Individuele leerders sal tye van hulle onderwysers af ontvang.
Pan Macmillan-Virtuele boekverkope
Ons hou van 16 tot 20 Augustus 'n virtuele boekverkoping. Al die inligting rakende die aankoop van boeke, verskyn op die pamflet. Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za. [pdf-embedder...
Klerebank: Somerklere
Somerklere wat voor 16 Augustus bestel word, vorm deel van grootmaatbestellings. Daarna gaan kleiner bestellings heel moontlik gepaard met hoër pryse en aflewering in Februarie 2022. Volg die skakel vir AANLYNBESTELLINGS.
Geagte Ouers / Voogde
Tyd gaan ongesiens vinnig verby. Ons het die einde van die 2de week van die 3de kwartaal asook die aanbreek van ‘n nuwe maand binne ‘n oogwink bereik. Ons beleef tans ongekende tye, maar terselfde tyd word veral ons sportliefhebbers lekker bederf met die 2020 Olimpiese Spele wat ons daaglik op die skerms vermaak. Die "gekweste" Springbokke het die afgelope naweek die Britse en Ierse Leeus teen die toue gehad en wen die tweede toets in ons agterplaas met 27 - 9, nadat hulle rustyd 9 - 6 agter was. Wonderlik om te weet dat hierdie geskiedkundige oorwinning tot nasiebou en nasietrots lei wat ons kwesbare land op die stadium so desperaat nodig het. Trots is ons beslis ook op ons Suid-Afrikaanse Olimpiese medalje-wenners , naamlik die swemsensasie Tatjana Schoenmaker wat goud en silwer gewen het asook Bianca Buitendag wat ‘n silwer medalje vir branderplankry verower het. Tatjana word die eerste Suid-Afrikaanse vrou in 25 jaar sedert Penny Heyns, wat weer goud in swem kon verower en dit met ‘n nuwe wêreldrekord vir die 200m borsslag vir vroue. Hul merkwaardige prestasies kon nie op ’n beter tyd kom nie, aangesien ons op Maandag, 9 Augustus 2021, Nasionale Vrouedag vier. Alhoewel die publieke vakansiedag ‘n lekker meevallertjie is met ‘n lekker langnaweek wat daarmee gepaard gaan, moet ons nie vergeet wat die spesiale dag se historiese konteks behels nie. Met Vrouedag in Suid-Afrika bring ons hulde aan ons nasie se vroue wat op 9 Augsutsus 1956 ‘n optog na die Uniegebou in Pretoria gelei het om teen die voorgestelde paswette te protesteer. Die optog is ‘n herinnering aan alle vroue...
Vrouedagsivvies, 10 Augustus 2021
2021 Winter Buitemuurse Program Kwartaal 3
Adriaan presteer by Wilson Tennistoernooi
Adriaan Wessels (gr.4) het op Sondag, 31 Julie, aan die Wilson Tennistoernooi by die Parow Tennisklub deelgeneem en die o/10 seuns afdeling gewen. Baie geluk Adriaan!
Karu Rademeyer neem deel aan ATKV-DigiSkryf
Karu Rademeyer het tydens die Junie-vakansie aan die ATKV se DigiSkryf-kompetisie deelgeneem. Karu het haar eie gedig, My Afrikaans, geskryf. Volgens haar pa, Pieter, het sy sommer lekker uitdrukkings en idiome uit haar redenaarstoespraak van vroeër die jaar gebruik. Karu spog met 'n pragtige serfikaat. Ons is baie trots op haar! Lees gerus haar pragtige gedig: My Afrikaans Nuuskierige agie. Sak patats. Ontnugtering. Smulpaap. My Afrikaans is uniek en asemrowend. Ek hou daarvan om op die langpad na tannie Laurika Rauch te luister en ek en my boetie sing “Blou” kliphard saam. Afrikaanse musiek laat die ritme deur my DNA vloei. Bobotie op ’n koue Kaapse wintersaand saam met my familie is heerlik en om op ’n warm somerdag Kirstenbosch se velde te besoek en op daai lang Boomslangbrug te baljaar, laat my trotse Afrikaanse hart vinniger klop. In juffrou Meiring se Afrikaanse klas ontdek ek my Afrikaans in haar woordsoorttassie: van selfstandige naamwoorde tot telwoorde … en een, twee, drie leer ek elke dag iets waardevol wat my vir my toekoms voorberei. Ek wil nie beet tussen my beddings plant nie. Ek wil my kleurvolle Afrikaans elke dag prontuit praat. Karu Rademeyer Graad...
Die Suidooster 2021: Kwartaal 2
Geagte Ouers / Voogde
Ons glo dat almal ‘n heerlike wintervakansie geniet het en dat dit instrumenteel was om die spreekwoordelike batterye te herlaai sodat ons die nuwe kwartaal met geesdrif en ywer kan aanpak. Die opwinding was groot om al ons Jannies op Maandag, 26 Julie, terug by die skool te verwelkom. Vrolike kinderstemme het die aanbreek van die nuwe kwartaal luidkeels in die stadskom aangekondig met Seinheuwel wat ons van ouds dophou. Ek wens al ons Jannies, ouers/voogde en personeel ‘n wonderlike en voorspoedige kwartaal 3 toe. Die afgelope drie weke skoolvakansie het gepaard gegaan met ongekende gebeurtenisse soos: die skielike instelling van vlak 4-inperking wat verskeie besighede finaal lam gelê het; die vroeër sluiting van skole, asook die verlenging van die vakansie tydens die vakansie waaroor die meeste mense nie gekla het nie; politieke insidente soos onder andere die minagting van die hof wat skokkende plundery tot gevolg gehad het; onbeplande beurtkrag wat die reeds kwesbare ekonomie verder op sy knieë het; sinnelose taxi-geweld in die Wes-Kaap geweldige toename in Covid-19 verwante sterftes as gevolg van die Delta-variant. Die bogenoemde skets ‘n geweldige negatiewe prentjie, maar die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van die Suid-Afrikaner om menigte krisisse te oorwin en veral die omgee en kreatiwiteit van ons skoolgemeenskap laat hom nie onderkry nie en skep ongelooflike hoop! Ons het weer eens nie toegelaat dat die Covid-19 pandemie ons vrese verteenwoordig nie, maar eerder ons uitsonderlike vermoë om krisisse te oorwin. Groot was die skok vir ons skoolgemeenskap met die aanvang van die vakansie toe ons te hore kom dat ons Hoof van die Grondslagfase, Benita Smit, letterlik by die dood omgedraai...
Dra van Eeufeeshempies
Op Vrydag, 6 Aug., word daar van elke kind 'n individuele foto geneem wat ons sal gebruik om in die Feesboek te plaas. Leerders moet Vrydag met hul feeshempies skool toe kom. Ons sal later meer inligting rakende die feesboek gee.
WKOD-Kunskompetisie 2021
Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het, soos verlede jaar, aanlyn plaasgevind in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit. Die nasionale kunskompetisie is gemik op Gr.7-12-leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns. Hierdie jaar se tema was "Beautiful Mathematics" en leerders is uitgedaag om oorspronklike kunswerke te maak wat Wiskunde op 'n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerke en 'n geskrewe stuk wat die volgende vrae beantwoord, moes ingehandig word: Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik? Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema van 'Beautiful Mathematics" aan te sluit? Dink jy kreatiwiteit kan gebruik word om Wiskunde te leer en aan te bied? Ons deel met trots dat drie van ons leerders se werk gekies is vir die finale rondte van beoordeling! Hulle is Elle Nortje met haar werk "Natuurlike Perfeksie", Lara Pieterse met "Ballet Time" en Mia Schreuder met "Math Cruise". Die oorspronklike werke is hierdie week gekoerier na die NMU vir beoordeling. Ons is baie trots op...
Jannies Woord-makietie
Jan maak die regte skuiwe en word SA se nr.1
Jan het tydens die vakansie aan die South African Junior Chess Championships (SAJCC) deelgeneem. Die toernooi moes vanjaar weens Covid aanlyn oor 'n tydperk van 2 naweke plaasvind. Die skaakplatform Chess.com is gebruik met Zoom-vergaderings as verdere sekuriteitsmaatreël. Om seker te maak dat geen speler hulp van iemand of ‘n ander rekenaar kry nie, moes spelers ten minste twee kameras aanhê. Die finale resultate is ook deur kenners geverifieer om seker te maak daar was geen onregverdige spel nie. Jan het tydens die eerste naweek eerste geëindig in sy groep en deurgedring na die finaal waar 16 spelers in ’n uitkloprondte gespeel het (soortgelyk aan ‘n tennistoernooi). Jan het deurgedring na die finaal waar hy twee wedstryde teen die ander finalis gespeel het. Die eerste wedstryd eindig gelykop en die stryd raak bitter spannend. As die tweede wedstryd ook gelykop sou wees, sou daar ‘n derde valbylpot gespeel word met baie minder tyd. Jan wen gelukkig die tweede wedstryd oortuigend. Hy is dus die SA-kampioen vir o/14 en is deel van die SA-span (top 3 van elke ouderdom) wat in Augustus aan die FIDE Cadets & Youth Rapid World Cup deelneem. Wat 'n prestasie! Baie geluk...
Belangrike Datums
augustus 2026