Jan het tydens die vakansie aan die South African Junior Chess Championships (SAJCC) deelgeneem. Die toernooi moes vanjaar weens Covid aanlyn oor ‘n tydperk van 2 naweke plaasvind. Die skaakplatform Chess.com is gebruik met Zoom-vergaderings as verdere sekuriteitsmaatreël. Om seker te maak dat geen speler hulp van iemand of ‘n ander rekenaar kry nie, moes spelers ten minste twee kameras aanhê. Die finale resultate is ook deur kenners geverifieer om seker te maak daar was geen onregverdige spel nie.

Jan het tydens die eerste naweek eerste geëindig in sy groep en deurgedring na die finaal waar 16 spelers in ’n uitkloprondte gespeel het (soortgelyk aan ‘n tennistoernooi). Jan het deurgedring na die finaal waar hy twee wedstryde teen die ander finalis gespeel het. Die eerste wedstryd eindig gelykop en die stryd raak bitter spannend. As die tweede wedstryd ook gelykop sou wees, sou daar ‘n derde valbylpot gespeel word met baie minder tyd. Jan wen gelukkig die tweede wedstryd oortuigend. Hy is dus die SA-kampioen vir o/14 en is deel van die SA-span (top 3 van elke ouderdom) wat in Augustus aan die FIDE Cadets & Youth Rapid World Cup deelneem. Wat ‘n prestasie! Baie geluk Jan!