Eisteddfod Klavier

Baie geluk aan ons leerders wat uitstekend in die afgelope Eisteddfod gevaar het. Ons is baie trots op julle! Eisteddfod Klavier 2021 Susie Samuel   88 en 91% Chanel van Wyk   83 en 87% Ané Swanepoel   83% Philip van Rooyen   88 en 90% Leah de Kock   93 , 91, 94 en 95% Katia van Wyk   78 en 90% Lisa van As   77, 80 en 86% Lara Basson   78 en 80% Cara Swanepoel   84 en 90% Emke van Wyk   87 en 92% Elsabé Scholtz   88% Luca Zulch   83 en 92% Jan Karsten   82, 92 en...

WPNA kliniek – 4 September 2021

Die WPNA (Pienk-tannies) bied op Saterdag, 4 September, van 09:00 tot 12:00 weer vir ons leerders 'n netbalkliniek by die skool aan. Enige leerder is welkom om dit by te woon. Inskrywings en betalings kan deur die Karri-toep gedoen word.

Rugbywedstryde teen Van Riebeeckstrand, 25 Augustus

Na 'n lang wag van 2 jaar was die rugby-droogte eindelik gebreek. Ons het teen spanne van Laerskool Van Riebeeckstrand op hulle tuisvelde in Melkbosstrand gespeel. Ons spelers het puik rugby in alle ouderdomsgroepe gespeel. Dit was vir die afrigters en spelers heerlik gewees om hul passie te kon uitleef en ons sien uit om die spelers in die tyd wat kom te sien ontwikkel. Die uitslae vir die dag: JvR O/9 A wen 10-1 teen VRS O/9 B JvR O/9 B wen 4-2 teen VRS O/9 C JvR O/11 A wen 33-0 teen VRS O/11B JvR O/11 B wen 25-7 teen VRS O/10 B JvR O/13 A wen 60 - teen VRS O/13 C in 'n verkorte wedstryd. Ons sal ouers in kennis stel wanneer ons die volgende wedstryde bevestig...

Ondersteuningsbeurs vir leerders

Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust het onder meer ten doel die bevordering van ‘n gemeenskapskool met insluiting van alle leerders. Die trustees het besluit om ‘n verdere ondersteuningsbeurs te bied vir alle leerders waar die ouers reeds vir volledige vrystelling van skoolfonds in lyn met die onderwysdepartement se riglyne goedgekeur is. Hierdie beurs maak voorsiening vir skoolklere, daaglikse etes, data en ‘n bedrag vir ad hoc uitgawes vir kwalifiserende ouers se kinders. Vir meer inligting oor wat dit behels en hoe om aansoek te doen, stuur 'n e-pos aan Jodene by admin@jvrprim.co.za. Vir meer inligting oor die trust, volg die...

Netbalwedsyryde teen Van Riebeeckstrand, 25 Augustus

Na amper twee jaar van geen wedstryde was ons netbalspelers en -afrigters baie opgewonde om weer Woensdag, 25 Augustus, wedstryde teen spanne van Laerskool Van Riebeeckstrand te kon speel. Dit was vir beide skole amper vreemd om weer te kon speel, maar so lekker! Die uitslae is soos volg: JvR O/9 A wen 7-0 teen JvR O/9 B JvR O/9 B wen 5-1 teen VRS O/9 C JvR O/10 A wen 6-1 teen VRS O/10 C JvR O/10 B wen 7-1 teen VRS O/10 D JvR O/11 A wen 6-5 teen JvR O/12 A JvR O/11 B wen 10-1 teen VRS O/11 C JvR O/12 B verloor 6-7 teen VRS O/12 C JvR O/12 C verloor 3-4 teen VRS O/12 D JvR O/12 A verloor 2-7 teen JvR O/13 A JvR O/13 B wen 10-1 teen VRS O/13 C JvR O/13 C verloor 4-8 teen VRS O/13 D Van ons spanne speel volgende week Woensdag, 1 September, teen Laerskool Kampsbaai...

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo dat ons almal die deelname aan winterspansporte asook lekker sosiale skoolfunksies waar ons as ‘n skoolgemeenskap die hoogte- en laagtepunte saam kan deel, mis. Wat is dan nou nie lekkerder as om rondom die sportveld ons skoolsportspanne aan te moedig nie of om Eisteddfod- en kooroptredes saam by te woon nie? Op Woensdag, 25 Augustus 2021, het ons so ‘n voorsmakie van netbal- en rugbydeelname teen Laerskool Van Riebeeckstrand gekry. Die weer het wonderlik saamgespeel net voor die kouefront sy kloue kon inslaan. Ons seuns was so opgewonde om net weer ‘n rugbywedstryd vir hul skool na amper 2 jaar te kon speel en die stralende gesiggies het elke oomblik terdeë geniet. Nie so seker wie die meeste in hul noppies was nie, ek, die trotse afrigters of die seuns. Dit was vir my amper ‘n emosionele oomblik en ‘n wonderlike voorreg om luidkeels die spanne aan te moedig. Ons rugbyspanne was hopeloos te sterk vir die opposisie se B- en C-spanne, maar dit was ‘n wonderlike geleentheid wat ons koester. Ek is so trots op die manier wat ons seuns rugby gespeel het, hoe hulle hulself gehandhaaf het en as nederige oorwinnaars uit die stryd getree het. Hulle was ware ambassadeurs van ons trotse skool. Ek kon ongelukkig nie die netbalwedstryde tuis bywoon nie, maar as alles volgens plan verloop, speel ons volgende Woensdag netbal teen Laerskool Kampsbaai. Volgens ons netbalafrigters was die middag gevul met ‘n merkwaardige gees van opgewondenheid en sportmanskap. Daar is geen twyfel daaroor nie, sport is goed vir ons leerders se emosionele gesondheid tydens die ongekende tye van onsekerhede. Ongelukkig is...

Uitslae van die TSA Kaapstad-tennistoernooi

Dawid-Wiese Viljoen (Gr.5) het die naweek aan die TSA Cape Town, O/12-afdeling deelgeneem. Die toernooi het van 20 - 22 Augustus te Welgemoed plaasgevind. Hy het met 'n telling van 6-2 & 6-0 2de geëindig. Baie geluk!  

Jannies neem aan Wilson’s Tennistoernooie deel

'n Paar van ons leerders het die afgelope naweek aan Wilson's Tennistoernooie deelgeneem. Ons deel graag hul uitslae: Gustav van der Linde (Gr.4) het Sondag, 22 Augustus, aan die Wilson's tennistoernooi te Monte Vista in die o/10A-groep deelgeneem en het tweede geplaas. Gustav Pansegrouw (Gr.6) het aan die O/12 Plate-afdeling deelgeneem en het eerste geëindig. Stella Pansegrouw (Gr.3) en Jeanne van Heerden (Gr.3) het aan hul eerste Wilson-toernooi deelgeneem en dit baie geniet. Stella het 'n 4de en Jeanne 'n 5de posisie op die finale ranglys vir hulle afdeling...

Skaak

Vrydag, 20 Augustus, het ons skool se skaakspan aan Paarl Primêre Seunskool se skaaktoernooi deelgeneem. Elke speler het die kans gekry om drie vriendskaplike rondtes teen Laerskool Drakenstein, Laerskool Eversdal en Paarl Primêre Seunsskool te speel. Die volgende spelers het ons skool se naam om hoog gehou: Heinke Punt Emma Snijders Susie Samuel Gustav van der Linde Julle maak ons...

Graad 7-Fondsinsameling

Ons Graad 7's se Sanitize maskerbonanza! 'n Masker wat gemaklik pas Voel soos 'n ligte hoed en nie 'n swaar jas Ene vir jou en ene vir my So werk ons saam om nie Covid te kry Handsaniteerder wat nie voel of dit plak Sag op die hande en vars in die neus So maak ons sommer gou-gou mak Daardie lastige ou Corona-reus Ons Graad 7's se Sanitize maskerbonanza is nou aan die loop: 'n Boks met 50 maskers en 'n botteltjie fluweel Net honderd rand en jy kry soveel! Onthou om vandag nog vir Mamma en Pappa te sê Hul moet kliek in die nuusbrief Om dit ook vir julle te koop! Ondersteun asb. ons graad 7-inisiatiewe om ’n besondere afskeidsgeskenk aan die skool te kan gee en 'n gesellige afskeid vir al ons graad 7-leerders te kan aanbied. Maak gerus van ons spesiale afslag-aanbod gebruik om jou gesin se maskervoorraad en saniteerders aan te vul - Kliek op die foto en volg die maklike stappe onder “For school promotion” om die afslag te bekom. Onthou net om jou kind se naam en klas in te sluit, sodat jou pakkie saam met jou kind huis toe gestuur kan word....

Klerebank: Swemklere

Die klerebank kort 32 x racerback en 33 x ‘jammer’-bestellings om vir ‘n swemklerebestelling by die verskaffer te kwalifiseer. Swemklere het die langste leityd van 2-3 maande. Plaas asseblief hierdie week bestellings. Kliek HIER vir aanlynbestellings.

Eisteddfod: Sanguitslae

Die eerste deel van die Eisteddfod Sangafdeling het baie goed afgeloop. Juffrou Helecia is BAIE trots op haar leerders: Aiyana Alfredo 90 en 92% Daniela Boshoff 93, 95, 95% Kerala Allewell 87, 95, 96% Stella Boje 96,96,96% Emma Liebenberg 86, 87, 90% Mia Symington 89. 90, 93% Héloïse Strauss 90, 93, 95% Karu Rademeyer 90 en 95% Klavier Eisteddfod vind eerskomende Saterdag...

Bring-en-Raaivasvra

Ons gewilde BRING-EN-RAAIVASVRA vind op 17 September plaas en beloof om weer groot kompetisie tussen ons ouers op te lewer. Kry 'n span van 6 lede bymekaar, skryf in en kom neem deel aan die pret. De Jongh Borchardt speel weer "quizmaster" en beloof om al ons ouers op hul tone te hou. Kliek HIER om die vorm in te...

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor