O/13 A-Netbalspan se deelname aan Top Skole
Ons 0/13A-netbalspan het Saterdag, 11 September, aan die Wes-Kaap Topskole netbaltoernooi by Laerskool Bastion deelgeneem. Al die spanne is in twee groepe gedeel naamlik merit/Batho en ontwikkeling/Ubunto. Ons is saam met Laerskool Brackenfell, Bastion en Durbanville in die batho groep ingedeel. Die kompetisie was sterk, maar die dogters het hul beste spel tot aan die einde van elke wedstryd gelewer. Ons het derde geëindig, maar ongelukkig gaan slegs die Top 2 spanne na die nasionale toernooi deur wat 23 - 25 September plaasvind. Die spelers van ander skole het dwarsdeur die afgelope 2 jaar privaat aksienetbal gespeel wat hulle net op ‘n ander vlak plaas. Graag moedig ons jonger spelers (en hulle ouers) aan om aksienetbal te begin speel - daar is reeds ‘n hele paar spelers wat dit speel en ons kan ‘n groot verskil sien. Een ding wat ons beslis kan sê, is dat ons glad nie vir enige ander skool hoef terug te staan nie. Ons netbalspelers het passie en baie talent! Dankie aan juffrou Hanekom wat al die administrasie agter die skerms behartig het. Ons waardeer dit ongelooflik baie. Dankie juffrou Sharon dat jy ons spanbestuurder vir die dag was. Dit was soveel pret met jou langs die baan. ‘n Spesiale dank aan al ons ouers van hierdie spelers wat saam met ons opgewonde was. Dankie ook aan 2019 se 0/13 A-span (Liezel Snijders, Jacomien vd Westhuizen, Joslyne Hales, Daniella Coetzee en Leila en Neena Lonte) wat gereeld teen die spelers kom oefen het. Dankie aan mnr. Beets wat spesiaal uit die stad gery het om die dogters tydens hul eerste wedstryd te ondersteun. Dit...
Tennisope: Skoolhoofde Kompeteer
Graad 7-Entrepreneursdag
Liewe Heksie kom kuier in die Baxter
Kom kyk gerus of julle van die kaboutertjies herken! Daar is ‘n gifappeltjie wat in Hoërskool Jan van Riebeek is, ‘n padda wat skoolgaan by Laerskool Jan van Riebeeck en sommer baie kabouters van Huppelland!
Foto vir Feesboek
Op kort kennisgewing het ons besluit om ‘n foto vir ons Feesboek te neem met leerders, ouers en onderwysers wat tans by LS JvR en Huppelland betrokke is wie se kinders, ouers en/of grootouers ‘n familieverbintenis met hierdie mooi skool het – iets wat ons voorwaar op ‘n foto moet vasvang. Ons moet darem die mooi van generasies by LS JvR op hierdie manier vier! Ons neem die foto op Donderdagoggend, 23 September 2021, om 07:30 agter op die skool se veld. Versprei gerus die...
Geagte Ouers / Voogde
So kom ons aan die einde van week 7 van kwartaal 3. Week 6 is spesiaal afgesluit met vrolike Loslitdagvieringe. Loslitdag word jaarliks gehou op die eerste Vrydag van September en dit is lekker om deel van ‘n klomp Suid-Afrikaners te wees wat wil bewys dat ‘n klein gebaar van welwillendheid ‘n groot verskil in die lewe van mense met gestremdhede kan maak. Die tema vir 2021 is ‘Durf en Deernis’ en dit is spesifiek geïnspireer deur Disney se onlangse bekendstelling van The Ultimate Disney Princess Celebration wat dan die eienskappe vervat van die treffende tema. Ons Jannies kon hul ondersteuning toon deur geklee as Disney-karakters na die skool te kom. Die spesiale dag het ‘n wonderlike gees van kameraderie en lighartigheid by die skool geskep. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat die dag en mense in nood ondersteun het deur die spesiale loslitdag-plakkers te koop. Ons opvoeders het behoorlik die dag met pragtige kostuums uitgehang en was instrumenteel om die gees van welwillenheid te ontsluit. Op Saterdag, 4 September, het Meneer Leon en Juffrou Andri die jaarliks Wiskundekamp vir Gr. 6- en 7-leerders vanaf 08:00 tot 17:00 in die saal onder streng Covid-protokol aangebied. Ons is baie dankbaar vir die twee opvoeders se opoffering en passie om Wiskunde by Laerskool Jan van Riebeeck te promoveer en na hoër hoogtes te lei. Hierdie inisiatief is een van die redes waarom ons Jannies juis so puik tydens Wiskunde-olimpiades of kompetisies vaar en ons leerders hulself van ander laerskoolleerders kan onderskei as dit by wiskundige vermoëns kom. Ek glo almal sal saam stem dat Wiskunde beslis kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede...
Interne skaaktoernooi op 9 September
Ons skaakspelers het Donderdag, 9 September, 'n pret rondomtalie skaaktoernooi gehad. Elke speler kon deelneem en die doel was om die spelers se beplanningsvermoë op te skerp. Daar was drie groepe wat aan die toernooi deelgeneem het; Gr. 1, Gr.2 en Gr.3-7. Ons leerders het flink gedink, want elke rondte het net 10min geduur. Hulle het dit so geniet en die volgende leerders stap met medaljes weg: Gr.1: GOUD: Ben Louw SILWER: Ethan Bell BRONS: Sion Botha Gr.2: GOUD: Karla Louw SILWER: Chris Derksen BRONS: Zander Smit Gr.3-7: GOUD: Emma Snijders SILWER: Ben Schoeman BRONS: Nicholas Joubert Baie dankie aan Juf. de Goede, Juf. de Kock, Juf. Gerber en ons afrigter Remondo Solomons en sy span. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het ons glo ons gaan sommer gou weer so 'n toernooi...
Swemregistrasie vir kwartaal 3 & 4
Baie dankie vir almal se ondersteuning met die sport sover. Ons is bevoorreg om te kon voortgaan daarmee. Leerders hoef nie weer vir al die sportkodes te registreer nie, maar moet wel vir die swem registreer. Ons getalle word vir veiligheid beperk en nie net die COVID-regulasies nie. Die sportprogram sal vir almal op Maandag, 13 September, begin en weer op 22 September vir die kwartaal eindig. Leerders kan op die onderskeie dae aan 'n aktiwiteit van hul keuse deelneem. Volg die korrekte skakel om jou kind/ers vir swem te registreer: Graad 1 Graad 2 Graad 3 Graad 4-7 Maak asb. seker op die terugvoer e-pos dat al die nodige velde voltooi is (die terugvoer e-pos beland soms in Spam). Indien daar nie in die spasie waar jy 'n "Plek" moes kies iets staan nie, was die registrasie nie sukselvol nie en moet jy asb. weer die vorm voltooi. Indien daar nie meer beskikbare plek is nie, kies "NO More Options". Dit gee vir ons 'n aanduiding dat daar meer belangstelling vir 'n aktiwiteit is en sal help met verdere ontwikkeling en aanpassing van ons program. Die sluitingsdatum vir registrasie is Maandag, 13 September, om...
Vakante Pos: Finansiële Bestuurder
Ons skool is op soek na 'n Finansiële Bestuurder. Indien jy van iemand weet wat belangstel, KLIEK HIER om die advertensie op die skool se webtuiste te sien.
Spelfees 2021
Liewe Ouer(s)/Voog(de), Die WOW-spelkompetisie het ongelukkig hierdie jaar weer in die slag gebly as gevolg van die Covid-19 pandemie. Die goeie nuus is dat ons ‘n interne spelkompetisie gaan hou! Dit is ‘n gulde geleentheid om Afrikaanse spelling en woordeskat te verbeter. Dit gaan egter veel anders werk as die jaarlikse WOW-spelkompetisie, so let asseblief noukeurig op die prosedure: Inskrywings: Enige graad 4-7-leerders kan self inskryf. Daar sal geen uitdunrondte wees nie. Gebruik die Google Form om jou kind/ers in te skryf. Graad 1-3-leerders sal speltoetse in hul afsonderlike klasse skryf, wat as die uitdunrondte sal tel. Klasopvoeders sal dan bepaal watter leerders kan inskryf. Sluitingsdatum vir inskrywings: 1 Oktober 2021 Woordlyste Leerders hoef slegs die eerste helfte van die woorde vir hul graad te leer. As daar bv. 300 woorde is, hoef leerders slegs 1-150 te leer. Kliek HIER vir die skakel na die woorde. Daar is ‘n inskrywingslimiet van 30 leerders per graad. Kompetisie Kompetisiedatum: 27 Oktober 2021 Kleredrag: Skooluniform Ongelukkig mag ons geen ouers by die kompetisie toelaat nie. Daar sal slegs een kompetisie-geleentheid wees waar ons die wenner per graad sal bepaal. Leerders sal gevra word om ‘n woord uit hul lys te klank/spel. Gr.1-2: klank foneties Gr.3-7: klank alfabeties Leerders moet die woord herhaal, dan klank en daarna weer die woord herhaal om aan te dui dat hul klaar is. Hulle mag van vooraf begin indien hul onseker is – hulle moet net eers “stop” sê. Jy as ouer kan help deur gereeld woorde te vra – skriftelik en mondelings. Kontak Annami gerus met enige navrae by...
Eisteddfod
Vrydag en Saterdag se Eisteddfod-reëlings is as volg: Almal moet asb. by die agterste hek (Nuwe Kerkstraat) inkom, die sifting sal daar deur Matthews gedoen word. Ongelukkig mag geen ouers kom kyk nie, aangesien dit 'n groot groep is. Ons wens almal baie sterkte toe! [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2021/08/Eisteddfod-Program-JvR-2021.pdf" title="Eisteddfod Program JvR...
Verlore Goedere
As enige van die volgende items vir jou bekend lyk, stuur gerus 'n e-pos aan Annami: biblioteek@jvrprim.co.za
Waarde vir die maand: Selfbeheersing
Selfbeheersing is bv. wanneer jy die keuse kan maak, om te weet wat die regte besluit is. Kom ons moedig ons leerders aan om selfbeheersing te toon. Kliek HIER vir 'n video van onderwysers se insette en HIER vir 'n video waarin die leerders meer oor selfbeheersing...
Oud-leerders
'n Allemintige vier van ons oud-leerders is verkies tot Wilgenhof (US) se HK van 2022! V.l.n.r. Patrick Kilbourn, Thomas Winter, Emil van der Walt en Theodore Pauw. Julle maak ons trots, Manne!
Hoërskoolnuus
Ons is baie trots op ons oud-leerders, Sima en Daniël, wat verlede week as mnr. en mej. Hoërskool Jan van Riebeeck gekroon is!
Belangrike Datums
augustus 2026