Baie dankie vir almal se ondersteuning met die sport sover. Ons is bevoorreg om te kon voortgaan daarmee. Leerders hoef nie weer vir al die sportkodes te registreer nie, maar moet wel vir die swem registreer. Ons getalle word vir veiligheid beperk en nie net die COVID-regulasies nie.

Die sportprogram sal vir almal op Maandag, 13 September, begin en weer op 22 September vir die kwartaal eindig. Leerders kan op die onderskeie dae aan ‘n aktiwiteit van hul keuse deelneem.

Volg die korrekte skakel om jou kind/ers vir swem te registreer:

Graad 1
Graad 2
Graad 3
Graad 4-7

Maak asb. seker op die terugvoer e-pos dat al die nodige velde voltooi is (die terugvoer e-pos beland soms in Spam). Indien daar nie in die spasie waar jy ‘n “Plek” moes kies iets staan nie, was die registrasie nie sukselvol nie en moet jy asb. weer die vorm voltooi.

Indien daar nie meer beskikbare plek is nie, kies “NO More Options”. Dit gee vir ons ‘n aanduiding dat daar meer belangstelling vir ‘n aktiwiteit is en sal help met verdere ontwikkeling en aanpassing van ons program.

Die sluitingsdatum vir registrasie is Maandag, 13 September, om 10:00.