Ons 0/13A-netbalspan het Saterdag, 11 September, aan die Wes-Kaap Topskole netbaltoernooi by Laerskool Bastion deelgeneem. Al die spanne is in twee groepe gedeel naamlik merit/Batho en ontwikkeling/Ubunto. Ons is saam met Laerskool Brackenfell, Bastion en Durbanville in die batho groep ingedeel. Die kompetisie was sterk, maar die dogters het hul beste spel tot aan die einde van elke wedstryd gelewer. Ons het derde geëindig, maar ongelukkig gaan slegs die Top 2 spanne na die nasionale toernooi deur wat 23 – 25 September plaasvind.

Die spelers van ander skole het dwarsdeur die afgelope 2 jaar privaat aksienetbal gespeel wat hulle net op ‘n ander vlak plaas. Graag moedig ons jonger spelers (en hulle ouers) aan om aksienetbal te begin speel – daar is reeds ‘n hele paar spelers wat dit speel en ons kan ‘n groot verskil sien.

Een ding wat ons beslis kan sê, is dat ons glad nie vir enige ander skool hoef terug te staan nie. Ons netbalspelers het passie en baie talent! Dankie aan juffrou Hanekom wat al die administrasie agter die skerms behartig het. Ons waardeer dit ongelooflik baie. Dankie juffrou Sharon dat jy ons spanbestuurder vir die dag was.  Dit was soveel pret met jou langs die baan. ‘n Spesiale dank aan al ons ouers van hierdie spelers wat saam met ons opgewonde was. Dankie ook aan 2019 se 0/13 A-span (Liezel Snijders, Jacomien vd Westhuizen, Joslyne Hales, Daniella Coetzee en Leila en Neena Lonte) wat gereeld teen die spelers kom oefen het. Dankie aan mnr. Beets wat spesiaal uit die stad gery het om die dogters tydens hul eerste wedstryd te ondersteun. Dit het regtig vir ons baie beteken.

Die volgende spelers het spesiale toekenings ontvang:
Héloïse Strauss: Algehele speler van die dag
Lameez Booysen: Verdediger van die wedstryd
Katrien Stimie: Aanvalspeler van die dag
Carla Snijders: Verdedigende speler van die dag
Meagan de Vroede: Doelskieter van die dag
Elle Nortjé: Kaptein van die span

Baie geluk dames! ‘n Groot dankie aan juffrou Ischké Felix wat die ekstra myl met hierdie span gestap het. Jou entoesiasme en durf is ‘n voorbeeld vir enige afrigter!