Donderdag, 4 November, skooltye
Die skool sal op Donderdag, 4 Nov., om 12:45 vir gr. 1-3 en 13:00 vir gr. 4-7 sluit. Die skoolbus vertrek om 13:15. Geen buitemuurse aktiwiteite sal deur die skool aangebied word nie. Nasorg sal steeds voortgaan.
Prysuitdeling 2021
Aangesien ons nou vlak 1 van die grendelstatus handhaaf, sal ons hierdie jaar onderskeie graadgroepe gedurende skooltyd in die skoolsaal byeen roep om erkenning aan elkeen se harde werk gedurende die jaar te gee. Ons wil die prysuitdelingsgeleenthede so informeel moontlik hou. Kom woon gerus jou kind se prysuitdelingsgeleentheid by: Gr. 1 - Vrydag, 3 Des, om 8:30 Gr. 2 - Vrydag, 3 Des, om 10:45 Gr. 3 - Vrydag, 3 Des, om 12:00 Gr. 4 - Dinsdag, 7 Des, om 9:00 Gr. 5 - Dinsdag, 7 Des, om 11:00 Gr. 6 - Donderdag, 9 Des, om 9:00 Gr. 7 - Donderdag, 9 Des, om...
JvR-Kiek Bekendstelling
Die skool stel graag aan julle bekend, JvR-Kiek! Dit is ons skool se eie "sosiale media" sodat ons vinnig en maklik foto's van dit wat in die skool gebeur met ouers kan deel. Slegs ouers van die skool sal toegang tot die foto's hê. Volg asb. die volgende stappe om in te teken: Volg hierdie skakel: kiek.jvr.digital Username: Tik jou e-pos wat in die skool se stelsel is in. Password: Baie belangrik! - As jy vergeet het wat jou wagwoord vir die skool se webtuiste is, kies asb. SKEP 'N NUWE WAGWOORD. Volg hierdie video instruksies om jou wagwoord te verander. Teken nou by kiek.jvr.digital in met jou e-posadres en die wagwoord wat jy geskep het....
Geagte Ouers / Voogde
So eindig die eerste week van die laaste kwartaal op ‘n hoogtepunt met kompeterende vertoontenniswedstryde tussen twee skoolhoofde met beperkte tennisvaardighede voor ‘n opgewonde skare van ouers en leerders wat luidkeels op ‘n Vrydagmiddag aanmoediging verskaf het. So jammer dat die reën die dubbelwedstryd kom bederf het en ongelukkig moes dit afgestel word weens veiligheidsredes. Graag wil ek die skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck, Pieter Rademeyer, en sy span asook Yurich Daniels hartlik bedank vir die wonderlike inisiatief. Baie dankie vir al ons ouers en my "fan club" (onderwysers en Jannies) wat die wedstryd bygewoon het om my te ondersteun asook al ons ouers / voogde wat ‘n finansiële bydrae tot die inisiatief gelewer het. Hiermee wil ek die skoolgemeenskap verder verseker dat die laer- en die hoërskool vir nog menigte geleenthede saam hande gaan vat om die goeie verhouding tussen die twee puik skole vir die toekoms te verseker. Dit is vir ons as voederskool uiters belangrik dat die Hoërskool JvR ook van krag-tot-krag sal gaan. Hierdie afgelope week het die buitemuurse program suksesvol afgeskop. Ons Jannies is baie opgewonde om hul gunsteling somersportkode weer te kan beoefen. Die eerste krieketwedstryde het gister tuis teen Reddam House ASB o/13 plaasgevind terwyl van ons leerders op Saterdag, 23 Oktober 2021, aan die Handri Westmann o/13 Tennistoernooi te Ceres gaan deelneem. Ons beste wense vergesel hulle en baie dankie aan juffrouens Mardry en Andri wat ons spanne na Ceres gaan vergesel. Dalk het van julle opgelet dat ek nie vanaf Maandagoggend, 18 Oktober, agter by die skool diens by die voetoorgang gedoen het nie. Ek het Sondagmiddag tydens ‘n...
November-eksamen 2021
Oud-leerders skitter
Ons is baie trots op ons oud-leerders, Lené Vorster (tweede van links) en Obed Bam (regs), wat as hoofleiers van Hoërskool Jan van Riebeeck aangewys is. Lené is as hoofdogter en Obed as onderhoofseun gekies. Sterkte met die groot taak, julle twee!
Lara Pieterse in balletvertoning
Lara Pieterse gaan in 'n balletvertoning, Peter Pan and Tinkerbel, optree. Sy is deel van die Cape Ballet Centre en gaan die rol van 'n Rooi Indiaan vertolk. Sy is deel van 'n balletspan van regoor die land. Die opvoering sal van 28 tot 30 Oktober in die Kunste Kaap teater te siene wees. Baie sterkte Lara! Ons is trots op...
Graad 7-Fondsinsameling: Roomysverkope
Sanguitslae
Die laaste van ons sanguitslae van die Eisteddfod het gekom. Die leerders het aanlyn deelgeneem. Uitstekende punte! Stephan Malan 80% Susie Samuel 80 en 83% Elsabe Scholtz 86 en 92% Lara Pieterse 88 en 90% Cara Swanepoel 80 en 90% Emke van Wyk 85 en 93% Baie...
Klasindelings vir 2022
Neem asseblief kennis dat alle leerders op 13 Desember 2021 sal uitvind by watter onderwyser en saam met watter maats hy/sy volgende jaar ingedeel is. Wees asseblief gerus dat die opvoeders en bestuur klasindelings nie ligtelik benader nie en dat verskeie faktore tydens hierdie proses in ag geneem word. Ons streef veral daarna om al drie klasse in elke graad gebalanseerd in te deel. Ons versoek vriendelik dat klasskuiwe geensins oorweeg word nie aangesien dit ‘n wanbalans in die klas mag bring. Gee die spesifieke klasplasing ‘n kans aangesien ons kinders soms verskillende omgewings benodig om effektief te ontwikkel. Hou in gedagte dat jou kind dalk nie so goed by ‘n onderwyser of maat sal vaar soos wat jy mag dink nie. Laerskool Jan van Riebeeck se bestuur poog om uitmuntende, bekwame personeel aan te stel. Hierdie warm, omgee opvoeders van ons doen hul bes om ons Jannies se belange eerste te stel. Raadpleeg ons klasindelingsbeleid in die...
Geagte Ouers / Voogde
Hartlike welkom terug by die skool na die heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal het die ruskansie terdeë geniet en hul ‘batterye’ herlaai sodat ons as skoolgemeenskap die laaste kwartaal spreekwoordelik die bul by die horings kan pak. My beste wense vergesel almal vir die kwartaal. Sedert ons laaste nuusbrief van 01 Oktober 2021 het die regering die nasionale grendelstatus na vlak 1 verlaag en wag ons op meer spesifieke direktiewe vanaf die nasionale onderwysdepartement asook die WKOD rakende onder andere die bestuur van buitemuurse programme en die bywoning van toeskouers tydens wedstryde, oefeninge asook binnehuise optredes. Ons sal julle op hoogte hou sodra ons amptelike inligting ontvang. Ons glo dat met die geleidelike afskaling van die inperking ons binnekort positiewe nuus sal ontvang sodat ons meer geleenthede kan skep vir leerders en ouers om skoolaktiwiteite die laaste kwartaal van die jaar te kan bywoon. Graag deel ek met julle die nuus dat die Grondslagfase se seunsbadkamers ook gedurende die Oktober-vakansie suksesvol opgegradeer is. Ons is baie trots dat al die badkamers in die skool vanjaar opgegradeer is. Dit is vir ons uiters belangrik dat alles moontlik gedoen moet word om die Jannies se persoonlike veiligheid en privaatheid tydens die gebruik van die badkamers te verseker. Laat my asseblief toe om veral ons Beheerliggaam te bedank wat die projekte ondersteun en goedgekeur het. Weereens baie dankie aan Ria Hertzog en Stephanie le Roux, die inisieerders van die projekte. Sodra die skool vir ouers meer toeganklik word, sal ons dit graag vir julle wil wys. Weens die feit dat die nasionale inperking na vlak 1 aangepas is, het ek die...
Oranjerivierroei 2022
Die jaarlikse Oranjerivierroei vir Graad 7's is vir 29 Maart 2022 - 3 April 2022 in die skoolvakansie bespreek. Graad 6-ouers moet asb. op die e-pos wat vandag hieroor gestuur word, reageer.
Ses spelers word vir die Suid-sone tennisspan gekies
Gedurende die laaste paar naweke het verskeie Jan van Riebeeck-leerders aan toernooie/rondes deelgeneem om moontlik vir die Distrik Suid-sone tennisspan gekies te word. Spelers se finale rang word deur hul beste 2 uitslae bepaal. Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die Suid-Sone span verkies is: O/10: Stella Pansegrouw & Gustav van der Linde O/11: Klara Maree, Johan Symington & Dawid-Wiese Viljoen O/12: Gustav Pansegrouw Hierdie spelers sal dan die Suid-Sone oor die naweek van 30 Oktober - 1 November verteenwoordig waar hulle teen spelers van Sentraal gaan speel. Indien hulle by hierdie ronde goed vaar, staan hulle 'n kans om vir die 2022 Kaapse (ou WP) span verkies te word. Baie sterkte aan al ons...
Jannies presteer by SA-lewensreddingkampioenskappe
Tydens die Septembervakansie het ‘n paar van ons leerders aan die SA-lewensreddingkampioenskap in Port Elizabeth as lede van die Clifton Surf Lifesaving Club deelgeneem. Dit was twee baie lang dae se deelneem aan 6-8 items per dag. Die omstandighede was moeilik met ‘n stormsterk wind en 'n erge onstuimige see. Ten spyte hiervan het die deelnemers hulle nie laat ontmoedig deur die omstandighede nie en het baie goed gevaar. Bailey Thompson kom 5de in die Beach flags (dogters O/10). Alexander Benecke kom 4de in die Beach run, 7de in die Run Swim Run en 9de in die Surf swim (seuns O/13). Dax Liversage en Delmar Benecke kry goue medaljes vir die Beach sprint relay (seuns O/10). Delmar wen ook 2 Brons medaljes vir die Beach flags en die Beach sprints asook ‘n 4de plek in die Beach run. Hulle het ongelooflike deursettingsvermoë getoon en ons is beslis baie trots op...
Jannie van die Week
Dit was 'n besonderse mooi gebaar en ons wil graag vir Ashlyn-Beth uitsonder. Sy het die inisiatief geneem om 'n besem te leen om die vierkant na Markdag voor die vakansie skoon te vee. Sy het dit met die vriendelikste glimlag en mooiste gesindheid gedoen. Dankie Ashlyn-Beth, jy inspireer ons Jannies en maak ons...
Belangrike Datums
augustus 2026