Die skool stel graag aan julle bekend, JvR-Kiek! Dit is ons skool se eie “sosiale media” sodat ons vinnig en maklik foto’s van dit wat in die skool gebeur met ouers kan deel. Slegs ouers van die skool sal toegang tot die foto’s hê. Volg asb. die volgende stappe om in te teken:

  1. Volg hierdie skakel: kiek.jvr.digital
  2. Username: Tik jou e-pos wat in die skool se stelsel is in.
  3. Password: Baie belangrik! – As jy vergeet het wat jou wagwoord vir die skool se webtuiste is, kies asb. SKEP ‘N NUWE WAGWOORD. Volg hierdie video instruksies om jou wagwoord te verander.
  4. Teken nou by kiek.jvr.digital in met jou e-posadres en die wagwoord wat jy geskep het.