Tydens die Septembervakansie het ‘n paar van ons leerders aan die SA-lewensreddingkampioenskap in Port Elizabeth as lede van die Clifton Surf Lifesaving Club deelgeneem.
Dit was twee baie lang dae se deelneem aan 6-8 items per dag. Die omstandighede was moeilik met ‘n stormsterk wind en ‘n erge onstuimige see. Ten spyte hiervan het die deelnemers hulle nie laat ontmoedig deur die omstandighede nie en het baie goed gevaar.
 
Bailey Thompson kom 5de in die Beach flags (dogters O/10).
Alexander Benecke kom 4de in die Beach run, 7de in die Run Swim Run en 9de in die Surf swim (seuns O/13).
Dax Liversage en Delmar Benecke kry goue medaljes vir die Beach sprint relay (seuns O/10).
Delmar wen ook 2 Brons medaljes vir die Beach flags en die Beach sprints asook ‘n 4de plek in die Beach run.
Hulle het ongelooflike deursettingsvermoë getoon en ons is beslis baie trots op hulle.