Advertensies in die nuusbrief

Ons wil julle graag aanmoedig om die advertensies aan die onderkant van die nuusbrief dop te hou. Daar is weekliks nuwe advertensies en sluit gereeld privaat buitemuurse sportaktiwiteite of kultuurgebeurtenisse in. Persone wat graag iets in die nuusbrief wil adverteer, kan 'n e-pos stuur aan suzaan@jvrprim.co.za .Dit kos R150 om 'n advertensie vir 'n week op ons webtuiste te laai en een keer in die nuusbrief te laat...

Geagte Ouers / Voogde

Die afgelope week was ‘n lekker voorsmakie vir ons Jannies van die opwindende wintersportprogram wat volgende kwartaal voorlê. Ons o/13A-netbal- en rugbyspanne het vanaf 11 - 12 Maart 2022 aan die Bulfeestoernooi in Porterville deelgeneem. Ons eerste rugbywedstryd teen Hoërskool Piketberg wen ons 19 - 7 terwyl die onverwagte reën salig oor ons neerdaal en die dorre aarde heerlik voed. Ek kon myself nie keer nie en het saam met mnr. André (afrigter) en die reserwes op en af langs die rugbyveld gestap om die seuns aan te moedig terwyl die donderweer sy eie bekoring bring en ons lekker sopnat reën. Ons o/13A-netbalspan onder leiding van juffrouens, Ischké en Shahneé, moes egter eers wag tot die reën heelwat later die middag stop voordat hulle kon speel. Die dogters kon eenvoudig net nie meer wag om te speel nie en draf die opposisie sommer kaf deur Hoërskool Porterville 20 - 1 en Hoërskool Calvinia 22 - 4 te wen. Ons o/13A-rugbyspanne speel toe verder nog 2 wedstryde, verloor ongelukkig teen Hoërskool Porterville 19 - 38 nadat ons halftyd 0 - 24 agter was en wen egter Saterdagoggend 15 - 0 teen Hoërskool Calvinia. Baie dankie en baie geluk aan die spelers en toegewyde afrigters. Julle maak ons baie trots! Graag versoek ek dat julle gereeld die skool se kalender raadpleeg aangesien ons beplan het om vanjaar aan meer sportwedstryde/dae oor naweke of op Saterdae deel te neem. Daar is veral op Saterdae gedurende Mei-maand heelwat sportaktiwiteite en een wat vir my uitstaan is die driehoekige sportdag (netbal en rugby) op Saterdag, 21 Mei, te F.D. Conradie in Prince Alfred Hamlet,...

Markdag, 24 Maart

Markdag vind op Donderdag, 24 Maart, plaas. Dit kos R15 om 'n tafel te beman. Besprekings vir 'n tafel sal later vandag op die Karri-toep tot en met Woensdag 12:00 gemaak kan word. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld. Die markie sal vanaf 09:30 tot 10:00 bedryf...

Skooltye volgende week, 22 – 25 Maart

Neem kennis van die volgende: Maandag - vakansiedag Dinsdag - skool verdaag vroeër 12:45 (Gr.1 - 3) 13:00 (Gr.4 - 7) Woensdag - normale skooldag Donderdag - skool verdaag vroeër (+ sivvies) 13:00 (Gr.1 - 3) 13:15 (Gr.4 - 7) Vrydag - skool sluit (+ sivvies) 10:30 (Gr.1 - 3) 10:45 (Gr.4 - 7) * Die bus vertrek altyd 5 minute na graad 4 - 7 verdaag...

Klerebank: Winterbestellings

Dankie aan almal wat winterbestellings betyds geplaas het. Indien nog iets vir die winter benodig, bestel asb. so spoedig moontlik aanlyn. Daar is die afgelope jaar tekorte in sekere materiale en ons verwag toenemende prysverhogings hierdie jaar. Hiermee die skakel om die skoolbaadjie aanlyn te koop: https://www.treadleclothing.co.za/product/jacket-regular/ Skoolbaadjies en graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur. Winterskoolklere: Loer gerus in die ouerhandleiding en webtuiste vir meer inligting of kom na die Klerebank. Langmouhemp sonder ‘n sakwapen met ‘n das. Kan ‘n trui of skoolbaadjie met embleem bo-oor dra. Langbroeke JvR grys kouse OF swart ondeursigtige broekiekouse Sportklere ('JvR' gemerk) bly dieselfde reg deur die jaar. Bestellings vir hokkiekouse en WEDSTRYDHEMDE (hokkie en netbal) moet geplaas word voor die skool sluit. Klerebanktye: 07:20 - 08:00 Maandae en Woensdae 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae, maar nie wanneer die skool vroeër uitkom nie. Merk van items: Dit veroorsaak geweldige frustrasie onder die vrywilligers as items nie gemerk is nie of onduidelik gemerk is met selfs ‘n enkele letter. Party name is onleesbaar uitgewas of het name op van kinders wat nie meer in die skool is nie. Skenkings moet asseblief nie in kaste geprop word nie. Stuur na ontvangs of na die Klerebank. Gaan asseblief alle items dringend by die huis na en merk dit...

Ruben Eksteen voltooi Kaapstad Fietstoer op tandem

Ruben Eksteen het Sondag, 13 Maart, saam met sy pa die 109 km Kaapstad Fietstoer op 'n tandem in 4h49 voltooi. Om jou eerste Kaapstad Fietstoer op 10 jarige ouderdom agter die blad te hê, is 'n groot prestasie, maar des te meer so in 2022. Dit was sopnat van die wegspring af vir die eerste 70km - beslis 'n ervaring wat karakter bou en wat hy nog lank sal onthou. “Gelukkig kon ons vir hot chocolate in Noordhoek stop,” sê Ruben. “Dit het gehelp om die koue te verdryf – en my tande laat ophou klap. Daarna was Chapmans Peak eintlik lekker.” Baie geluk,...

Johan Symington presteer in skietkompetisie

Johan Symington het onlangs aan hierdie jaar se eerste Wes-Kaap .22 SA Precision Rifle kompetisie in Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Gedurede die kompetisie skiet deelnemers met .22 kaliber gewere vanaf verskeie praktiese posisies na "gongs" op afstande wat wissel tussen 40m en 200m. Hy het nie net die hoogste telling van die jong skutte behaal nie, maar ook die algehele hoogste telling van die sowat 62 skutte op die dag geskiet – selfs beter as sy eie pa! Baie geluk,...

Paaseiers

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in 'n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Woensdag, 23 Maart, skool toe gebring...

Krieket O/11 A

Die 0/11 A-krieketspan het 'n ongelooflike lekker seisoen gehad. Die manne het Woensdag hulle laaste wedstryd teen Ottoman's klub gespeel en dit was omtrent 'n naelbyt wedstryd. Ottoman's het eerste gekolf en teken 86 lopies aan na 20 beurte met die verlies van 6 paaltjies. Jack Dawes het drie pragtige vangskote gevat terwyl Delmar Benecke weer die kolwers laat verstaan het wie is baas met 2 paaltjies vir 15 lopies na 4 beurte. Vincent Oosthuizen neem ook 1 paaltjie vir 13 lopies na 4 beurte, Nils le Roux neem 1 paaltjie vir 15 lopies na 3 beurte en Ruben Eksteen neem 1 paaltjie vir 18 lopies na 3 beurte. JvR het tweede gekolf en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Ruben Eksteen het 11 lopies bygedra en dit was Delmar Benecke en Ben Esterhuyse se rustigheid wat die wedstryd vir ons gewen het. Delmar Benecke het 49 nie uit aangeteken. Hy is ook vir die tweede keer as speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk, Delmar, jy het goeie karakter gewys en koelkop gebly toe die paaltjies begin val. Dankie aan al die ouer(s) wat die seisoen die manne langs die veld ondersteun het. Ons wil ook dan baie geluk sê aan Delmar Benecke, Adriaan Wessels en Ruben Eksteen wat in die WP-krieketspan opgeneem is. Geluk, manne! Ons is baie...

Geagte Ouers / Voogde

Hierdie week sluit ons met die besige somersportprogram af waartydens baie sportwedstryde plaasgevind het. Volgende week begin ons met wintersport. Verskeie wedstryde en sportdae is vir kwartale 1 en 2 geskeduleer. Ek kan net soos julle nie wag om ons sportspanne aan te moedig nie. Vrydag, 4 Maart, het ons die jaarlikse junior swemgala aangebied. Selfs die weer het op dié spesiale dag mooi saam gespeel met toeskouers wat luidkeels ons Grondslagfase swemmers toegejuig het. Graag bedank ek ons ouers/voogde wat tyd afknyp om hul kind(ers) tydens sportaktiwiteite te ondersteun. Al wys die kinders dit nie, is julle teenwoordigheid tydens sportbyeenkomste kosbaar vir hulle. Baie dankie ook aan almal wat die klasbraai op Vrydagaand, 4 Maart, bygewoon het. Die lekker kuier en gesellige samesyn is kosbaar en ‘n tradisie wat ons vir nog lank sal omhels. Die afgelope week was die fokus primêr op ons kernbesigheid, naamlik akademie. Grondslagfase het die eerste week van hul assesseringsweek suksesvol voltooi terwyl die intersenfase elke Vrydag tydens toetsperiode hul assessering vir die kwartaal aflê. Ek maak graag van die geleentheid gebruik om die opvoeders hartlik te bedank vir die handhawing van hoë akademiese standaarde. Die hoeksteen van ons suksesvolle kurrikulumbestuur sluit onder andere assesserings in wat deeglik beplan en opgestel word. Daarna volg dit ‘n effektiewe modereringsproses en elke formele assessering word deur my afgeteken. Laerskool Jan van Riebeeck was nog altyd bekend as ‘n skool wat se hoë akademiese standaarde ononderhandelbaar is en op hierdie manier van ander skole onderskei word. Baie dankie dat julle jul kinders tydens die assesseringsweke en deurlopede assessering ondersteun. Op Dinsdag, 8 Maart, het Juffrou Michelle...

Ouerbesoeke, 6 & 7 April

Volgende kwartaal is daar weer 'n geleentheid vir ouers/voogde om leerders se onderwyser(s) te kom sien. Om 'n afspraak te maak, kliek HIER of op die foto hier onder om die vorm in te vul. Volg asb. hierdie stappe wanneer jy die vorm invul: Kies die fase waarin jou kind is. Kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak en kliek "Next". Kies slegs een tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies "No more options" sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar 'n kansellasie is. Kliek "Submit". Die tyd wat jy gekies het, is jou afspraak - dit is nie voorlopig nie. Jy sal 'n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, gaan kyk gerus in jou "Spam". Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op "Submit another response". Indien jy die tyd wil verander, gaan in by die bevestiging e-pos en kies "Edit response" of vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za). Vir enige vrae, stuur 'n e-pos aan Suzaan of kontak die betrokke...

Inligting vir privaat swemlesse by Aqua Crazy

'n Boodskap en meer inligting van ons nuwe swemafrigters: "We would like to congratulate all JvR children that participated in the Junior gala event. We are so proud of all our little swimmers. We wish to continue with the growth of the swimmers within the school and as such we will be opening slots during PT times for private swimming lessons. If interested, please follow the link and enrol today for the swimming fun: Aqua Schools The fee for the classes will be R130 per class during their hour PT period. If parents wish to bring the swimmers themselves after school hours, we have opened slots on Tuesdays and Saturdays. You can enrol for these classes by simply going to the link: Aqua Swim Classes For more advance swimmers, we would recommend our Aqua Crazy Club which will train every day, with a compulsory of two lesson per week to participate in gala events and/or increase fitness capabilities. The academy fee will be a monthly cost of R900, with an additional once off fee of R1700 for swim kit and R100 annual registration. If swimmers wish to compete professionally, a fee of R580 annually will be needed. Aqua Crazy Club, Junior Squad will be training from 15:00 - 16:00 Mon - Fri and senior squad from 17:00 - 18:00 Mon - Fri. If interested, please contact us via email at info@aquacrazy.co.za for an assessment. Should you have any further questions or problems with enrolment - please do not hesitate to pop us a mail, we are happy to help or visit our website for more information: www.aquacrazy.co.za We are...

Drama: Tye verander

Die Maandag dramales sal vanaf eerskomende Maandag, 14 Maart, as volg verander: Graad 1 - 3 (Maandag) 14:30 - 15:30 Graad 4 - 7 (Maandag) 15:30 - 16:30 Die tye word aangepas om deelnemers aan wintersport te akkommodeer. Die tyd op Woensdae vir graad 1-3 bly dieselfde, maar die volgende verandering sal geld: Graad 4 - 7 (Woensdag) 15:00 - 16:20 Die Vrydag-tye bly...

WP Nipper Champs

Dit was verlede naweek WP Nipper Champs wat in Clifton aangebied is. Die Jannies wat deelgeneem het, het vreeslik goed presteer en het almal tot Clifton se eerste plek in die kompetisie bygedra. Delmar Benecke het 4 goue, 1 silwer en 1 brons medaljes gewen. Hy was ook die Victor Lodorum vir seuns o/11. Hy gaan van 21 - 24 Maart aan die SA-lewensreddingkompetisie te Port Elizabeth deelneem. Welgedaan, Delmar!  Sterkte met die SA-kompetisie! Ons is so trots op ons Jannies se bydraes.  Baie geluk, Julle! Die Jannies wat deelgeneem het, is: Delmar Benecke Bailey Thomson Dax Liversage Kai...

Aansoek om hoërskooltoelating Graad 8 vir 2023

Ons wil graag alle graad 7-ouers/voogde aanmoedig om so gou as moontlik vir hoërskole vir 2023 aansoek te doen. Alle aansoeke moet deur die Wes-Kaapse Department van Onderwys se aanlynstelsel gedoen word en aansoeke kan vanaf Maandag, 14 Maart, tot Vrydag, 15 April, ingedien word. Die stelsel sal jou toelaat om 3-5 skole van jou keuse aan te dui, maar onthou asseblief om jou aansoek met die nodige ondersteunende dokumentasie op te volg soos elke skool se toelatingsbeleid verreis. Besoek gerus die Departement se webtuiste hier om aansoek te...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor