CTPS Netbal finale: 10 September
Ons o.12 A en o.13 A spanne het hierdie jaar kwalifiseer om aan die CTPS (ou WP) finale deel te neem. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.12 A o.13 A PLEK: Hoërskool De Kuilen, Kuilsrivier BUS VERTREK: 07:00 (Vanaf die skool) TERUG BY SKOOL: Onbekend, uit ervaring weet ons die dag kan baie lank raak en maklik tot 16:00 aanhou. TOEGANG: R 10 per persoon R 20 vir parkering Elke speler moet 'n afskrif van hul geboortesertifikaat (deur die POLISIE gesertifiseer) en 'n ID foto teen Donderdag, 8 September, skool toe stuur. Daar sal 'n snoepie beskikbaar wees. GOOGLE...
BNP Paribas Tennis toernooi: 8-10 September
TSA bied vir die derde jaar die BNP Paribastoernooi aan. Ons het hierdie jaar weer 'n dogters- en seunspan ingeskryf. Sien die onderstaande inligting en maak seker watter dae jou kind/ers betrokke is. Die seuns begin alreeds Donderdag speel en die dogters eers Saterdag. Voltooi asb. die Google Form. DAAR WAS VERANDERINGS IN DIE PROGRAM A.G.V. ONTTREKKINGS. SEUNS afdeling: Donderdag, 8 September. Geen wedstryde vind meer op Donderdag plaas nie. Vrydag, 9 September Spanne rapporteer: 14:45 en speel tot dit donker word. Plek: 4 bane by Laerskool Eversdal, Stepping Stones, Eversdal Spanne: Eversdal Curro Somerset West A Jan van Riebeeck Hendrik Louw OF Spanne rapporteer: 14:45 en speel tot dit donker word. Plek: Parow Tennis klub, De Grendel Road, Parow North Spanne: Brackenfell (organiseerder) Curro Durbanville Lochnerhof Three Anchor Bay Die top span van elke perseel speel weer Saterdag, 10 September. Saterdag, 10 September Spanne rapporteer: 7:45 Plek: Hoërskool Bellville, Paratus Ave, Chrismar, Bellville Spanne: Rondebosch Beaumont (onttrek) De Hoop A en B Welgemoed Kenridge SACS (onttrek) Gene Louw 2 spanne van Vrydag Die top 2 spanne van Saterdag, 10 September, kwalifseer om aan die Wes-Kaap toernooi op 18 September deel te neem. DOGTERS afdeling: Donderdag, 8 SeptemberGeen wedstryde vind meer op Donderdag plaas nie. Vrydag, 9 September (Ons neem nie deel nie) Plek: Parow Tennis Klub, De Grendel Road, Parow North Spanne: Brackenfell (onttrek) Beaumont B (onttrek) Hendrik Louw Lochnerhof Three Anchor Bay A (onttrek) 2 kwalifiserende spanne van Donderdag Saterdag, 10 September (Ons neem deel) Spanne rapporteer: 7:45 Plek: Parow Tennis Klub , De Grendel Road, Parow North Spanne: De Hoop Curro Durbanville A Welgemoed...
Rugby 7’s toernooi: 10 September
Op Saterdag, 10 September, bied ons weer die jaarlikse BSC 7's toernooi vir o.11 en o.13 by die Conradieveld aan. Ons is daarvan bewus dat dit ook die Wêreldbeker 7's by Groenpunt is en beoog om teen 12:30 klaar te wees met ons dag. Die oefeninge wat gedurende week 8 (5-9 September) plaasvind is slegs vir die spelers wat in die 7's spanne is. Die oefening van Woensdag, 7 September, sal op die St Micheals veld wees as gevolg van die junior spanne se wedstryde op die Conradieveld. Sien die onderstaande inligting oor Saterdag se 7's toernooi en voltooi die google form. SPANNE: o.11 o.13 PLEK: Conradieveld TYD: 08:00 - 12:30 GOOGLE FORM...
Hokkie-, netbal- en rugbywedstryde teen Durbanville Voorbereiding: 7 September 2022
Ons gaan volgende week vir die eerste keer die groot 3 sportkodes op een dag aanpak. Die seuns gaan TUIS speel op die Conradieveld en die dogters gaan WEG speel by Durbanville Voorbereiding. Sien die onderstaande inligting en maak asseblief seker by die o.9 groepe of jou kind hokkie en rugby/netbal speel. SPANNE vir TUIS wedstryde: Rugby o.7 A & B o.8 A & B o.9 A & B Hokkie o.9 A Seuns o.9 B Seuns o.9 C Seuns PLEK: Conradieveld, Varsity straat WEDSTRYDE BEGIN: 14:15 [rugby] en 14:45 [hokkie] Daar sal 'n snoepie beskikbaar wees. GOOGLE FORM PROGRAM SPANNE vir WEG wedstryde: Netbal o.7 A, B en C o.8 A, B en C o.9 A, B en C Hokkie o.9 A Dogters o.9 B Dogters o.9 C Dogters PLEK: Durbanville Voorbereiding, Durbanville BUS VERTREK: 13:00 [o.7 - o.8] 13:30 [o.9] BUS TERUG: ± 16:30 [o.7 - o.8] 17:00 [o.9] GOOGLE FORM...
Geagte Ouers / Voogde
Vrouemaand het op 31 Augustus ongelukkig tot ‘n einde gekom, maar laat ons nooit vergeet die belangrike rol wat vrouens elke dag in die samelewing speel nie. Stadig maar seker raak die dae langer en die nagte korter, want gister moes ons streng gesproke Lentedag gevier het. Kapenaars weet dat Lentedag eerder nader aan 24 September in Kaapstad aanbreek, want Moeder Natuur het gewoonlik ander idees vir Kaapstad en omgewing wanneer dit by seisoensverandering kom. Die wete dat warmer en lekker sonskynweer om die draai lê, lig sommer ons gemoed al is dit koud en renerig die afgelope tyd. Ek glo julle het almal die skielike grondverskuiwingsprojek agter die skool waargeneem met heelwat swaarvoertuie en masjienerie wat die afgelope tyd grond in en uit gery het. In ‘n baie kort tydjie is die onooglike heining langs die sportveldjie verwyder en al 12 geelhoutbome is suksesvol hervestig. Dit is ongelooflik die spasie wat onmiddellik geskep is. Ek is baie dankbaar aan ‘n spesifieke ouer (weldoener) wat vir ons help om die agterste klein sportveldjie te vergroot en te ontwikkel en dit op sy eie kostes. Hoe bevoorreg is ons nie dat hy nie net die projek befonds nie, maar ook aktief by die hele projek daagliks betrokke is. Die doel van die vergroting van die agterste sportveldjie is drieledig: Na voltooiing hoef ons nie meer die grondslagfase leerders vir sportoefeninge na die Conradieveld te vervoer nie. Dus is daar meer tyd om hulle direk na skool meer effektief af te rig, want soos julle weet, gaan daar heelwat tyd verlore met die op-en-af vervoer van leerders tussen die skool en...
Rugbyuitslae teen Sunningdale: 31 Augustus 2022
Die meeste van ons spanne het Woensdag, 31 Augustus, teen Laerskool Sunningdale rugby gespeel. Hier is hul uitslae: o.7 A wen 5 -3 o.7 B wen 3-0 o.8 A wen 5-0 o.8 B verloor 20-15 o.9 A verloor 1-5 o.11 A wen 32 - 7 o.11 B wen 15-7 o.13 A verloor 44-0
Hokkie-uitslae teen Sunningdale: 1 September 2022
Nadat ons die wedstryde weens die weer moes uitstel, het ons seuns- en dogterspanne Donderdag teen Laerskool Sunningdale gespeel. Ons dogters het tuis op die Conradieveld gespeel en die seuns weg by Sunningdale. Die uitslae is as volg: o.9 A Dogters wen 3-0 o.9 B Dogters wen 8-0 o.9 A Seuns wen 4-2 o.9 B Seuns verloor 1-3 o.10 A Dogters wen 7-0 o.10 B Dogters gelykop 1-1 o.10 A Seuns wen 3-0 o.10 B Seuns verloor 1-3 o.11 A Dogters wen 6-0 o.11 A Seuns verloor 0-3 o.12 A Dogters wen 1-0 o.13 A Dogters wen 3-0 o.13 A Seuns wen...
Leerders presteer in Gimnastiek
Mia van Zyl, Stella Pansegrouw en Abigail Fourie het gekwalifiseer om die Wes-Kaap in die vroue se artistieke gimnastiek te verteenwoordig. Mia het vir vlak 5 en Stella en Abigail vir vlak 4 gekwalifiseer. Hulle het Vrydag in Saldanha in die vier aparate deelgeneem waar hulle uitstekend presteer het en is nou ook uitgenooi om deel van die Wes-Kaapse span te wees om Oktober by die SA Gym Games in Pretoria deel te neem. Mia het nou haar provinsiale kleure vir die twee aparte dissiplines ontvang en neem op die volgende datums deel: 1 Oktober - Tuimel 5 Oktober - Vroue se artistieke gimnastiek Stella neem op 4 Oktober in die artistiese gimnastiek-afdeling deel en Abigail op 3 Oktober vir ritmiese gimnastiek. Ons hou styf duimvas dat hulle 'n medalje vir ons provinsie...
Skaakwedstryde vriendskaplik: 2 September
Ons laaste vriendskaplike wedstryde vir die kwartaal vind Vrydag, 2 September, teen Herzlia Highlands plaas. Agt van ons senior spelers neem deel. Sien die onderstaande inligting en voltooi die google form. SPAN: 8 spelers PLEK: Herzlia Highlands VERTREKTYD: 14:00 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:30 TERUG BY SKOOL: ±15:15 GOOGLE...
Eisteddfod: Klavier
Saterdag het 'n paar van ons leerders aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Klavierafdeling deelgeneem. Sommige leerders het vooraf video-opnames gestuur a.g.v. netbalverpligtinge. Ons wag nog vir daardie uitslae. Lara Basson - Hoogste Lof en Lof Lisa van As - Hoogste Lof en Diploma (95%+) Robyn Lister - Hoogste Lof en Lof Adele Holtzhausen - Hoogste Lof Baie geluk! Ons is so trots op...
Hokkiewedstryde Sunningdale: 1 September
Die onderstaande spanne speel Donderdag, 1 September, teen Laerskool Sunningdale. Sien asb. die onderstaande inligting en volg die skakel vir die Google Form om te sien of jou kind /ers deel van die span is. Daar is TUIS en WEG wedstryde. SPANNE vir TUIS wedstryde: Dogters: o.9 A en B o.10 A en B o.11 A o.12 A o.13 A PLEK: Conradieveld, Varsity straat WEDSTRYDE: Begin ± 15:30 PROGRAM GOOGLE FORM SPANNE vir WEG wedstryde: Seuns: o.9 A en B o.10 A en B o.11 A o.13 A PLEK: Laerskool Sunningdale VERTREKTYD 14:00 (o.9 en o.10) 14:15 (o.11 - o.13) TERUG BY SKOOL: ±17:15 PROGRAM: 15:00 - 15:30 o.9 A Seuns 1/2 baan (links) 15:30 - 16:00 o.9 B Seuns 1/2 baan (middel) 15:00 - 15:30 o.10 A Seuns 1/2 veld 15:30 - 16:00 o.10 B Seuns 1/2 veld 16:00 - 16:30 o.11 A Seuns Volbaan 16:00 - 16:30 o.13 A Seuns Volveld GOOGLE...
Netbaluitslae Kenridge: 24 Augustus
Ons spanne het Woensdag, 24 Augustus, teen Laerskool Kenridge gespeel. Dit was 'n heerlike middag. Van ons spanne het teen hul laer spanne gespeel om die spanne se kragte beter te balanseer. Kenridge is 'n skool met ongeveer 1600 leerders. Sien die uitslae hieronder: o.7 A verloor 6-1 Kenridge A o.7B verloor 4-2 Kenridge C 0.7 C verloor 5-0 Kenridge D 0.8A gelykop 5-5 Kenridge C 0.8B verloor 3-1 Kenridge D o.8C verloor 3-0 Kenridge E o.9 spanne speel nie. 0.10A wen 8-3 Kenridge A o.10B verloor 2-1 Kenridge C o.10 C verloor 7-2 Kenridge D o.11A gelykop 7-7 Kenridge A 0.11 B wen 5-4 Kenridge C o.11C gelykop 2-2 Kenridge D o.12A verloor 10-16 Kenridge A o. 12 B verloor 6-5 Kenridge C o.12 C verloor 5-1 Kenridge D o.13A gelykop 14-14 Kenridge A o.13B verloor 0-11 Kenridge C o.13C verloor 0‐20 Kenridge...
Rugbywedstryde Sunningdale: 31 Augustus 2022
Ons spanne speel Woensdag, 31 Augustus, wedstryde teen Laerskool Sunningdale WEG. Sien die inligting hieronder en voltooi asb. die google form. SPANNE: o.7 A (10-aan 'n kant) o.7 B (10-aan 'n kant) o.8 A (10-aan 'n kant) o.8 B (10-aan 'n kant) o.9 A (10-aan 'n kant) o.11 A (15-aan 'n kant) o.11 B (15-aan 'n kant) o.13 A (15-aan 'n kant) PLEK: Laerskool Sunningdale, Sunningdale VERTREKTYD: 13:30 [o.7 - o.9] 14:15 [o.11 - o.13] TERUG BY SKOOL: ±18:15 PROGRAM: o.7B - 14h15 (10min a side) o.8B - 14h15 (10min a side) o.7A - 14h40 (10min a side) o.8A - 14h40 (10min a side) o.9A - 15h05 (15min a side) o.11B - 15h40 (15min a side) o.11A - 16h15 (20min a side) o.13A - 17h00 (20min a side) GOOGLE...
JvR Skoolkonsert 2022: Ôsim!
Geagte Ouers / Voogde
Dit is so lekker om te reflekteer oor die afgelope Interskole sportnaweek tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ek glo dat julle soos die personeel ook saam met jul kinders die heerlike interskole en interaksie met die Moorreesburgers terdeë geniet het. Ons het die interskole met ‘n baie suksesvolle "Groot Brag" op Vrydagoggend in die saal afgeskop om sommer lekker gees te vang en terselfde tyd die wonderlike voorreg om aan sport deel te neem behoorlik te vier. Dit was natuurlik my eerste interskole by Laerskool Jan van Riebeeck en ek sal as trotse skoolhoof my plig versuim indien ek nie al ons Jannies, ouers, onderwysers en afrigters komplimenteer met hul beleefde optrede en onberispelike gedrag op en langs die sportvelde. Ons spelers het te alle tye goeie sportsmanskap aan die dag gelê. Ons wenspanne het grasieus uit die stryd getree en wanneer ons verloor het, het ons dit met waardigheid gedoen deur die beter span/ne op die dag se blad te skud en geluk te wens. Die vraag is: speel ons om te wen? Die antwoord is ‘n duidelike JA, maar nie ten alle koste nie. Ons weet dat sport en om aktief te wees kinders help om bene en spiere te versterk, maar ons moet nie vergeet dat sport en veral spansporte onwetend ons leerders die wonderlikste lewenslesse en waardes leer nie. Dit moet, wat my betref, eintlik die fokuspunt rakende skoolsport wees dat ons leerders eerder leer van veerkragtigheid, spanwerk, geduld, verantwoordelikheid, dissipline, teleurstelling, respek, deursettiingsvermoë, leierskap, beheer van emosies, kameraadskap, ens. Die lys is eindeloos. Dus doen ek ‘n beroep op ouers/voogde wie se kinders nie...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026