Mia van Zyl, Stella Pansegrouw en Abigail Fourie het gekwalifiseer om die Wes-Kaap in die vroue se artistieke gimnastiek te verteenwoordig. Mia het vir vlak 5 en Stella en Abigail vir vlak 4 gekwalifiseer.

Hulle het Vrydag in Saldanha in die vier aparate deelgeneem waar hulle uitstekend presteer het en is nou ook uitgenooi om deel van die Wes-Kaapse span te wees om Oktober by die SA Gym Games in Pretoria deel te neem.

Mia het nou haar provinsiale kleure vir die twee aparte dissiplines ontvang en neem op die volgende datums deel:
1 Oktober – Tuimel
5 Oktober – Vroue se artistieke gimnastiek

Stella neem op 4 Oktober in die artistiese gimnastiek-afdeling deel en Abigail op 3 Oktober vir ritmiese gimnastiek.

Ons hou styf duimvas dat hulle ‘n medalje vir ons provinsie terugbring!