Woensdag het ons 0/8-0/11 spanne teen Reddam te staan gekom. Dit was vriendskaplike wedstryde wat gereël was om ons spelers ‘n wedstryd te gee voordat ons die naweek vir Goudini en FD Conradie aanvat.

Die uitslae was:
0/8 wen 25-20
0/9 verloor 20-5
0/11 wen gemaklik.
Ons wil vir alle spanne sterkte toewens vir die naweek.