Op Vrydag, 27 Julie, het ons skaakspan teen Reddam House Groenpunt gespeel.
Ons skaakspan het ons eerste wedstryd vir hierdie kwartaal 6-1 gewen.
Ons is baie trots op Louis Bosman (Gr.1) en Willem van As (gr.7) wat hulle eerste wedstryd vir die skool gespeel het.