Die 0/13 A-span het Dinsdag, 10 Mei, aan die eerste rondte van die Top Skole by Laerskool Gene Louw deelgeneem. Ons het teen sterk kompeterende skole gespeel. Dit was vinnige netbal van 6 minute aan ‘n kant. Die dogters het baie karakter gewys en nie opgegee tot die fluitjie geblaas het nie.  Dit was ses moeilike wedstryde. Ons is ongelukkig nie deur na die volgende rondte nie, maar het beslis die lekkerste en beste gees van die dag gehad. Baie van hierdie skole se dogters speel deur die jaar ook aksienetbal wat ‘n voordeel vir hulle op die buite baan is. Graag moedig ons weer ons ouers aan om hul dogters by aksienetbal betrokke te maak. Julle kan enige tyd vir Linde Liebenberg in die verband kontak.  Baie dankie aan juffrou Sharon Mabena wat die spanbestuurder was en juffrou Shahneé Felix wat ons skeidsregter vir die dag was. Ons waardeer wat julle doen vir die sport.
 
Baie geluk aan die volgende spelers wat as spelers van die verskeie wedstryde aangewys is: Katya Morris, Sophia Liebenberg, Emke van Wyk, Liza Hitge en Nell von Lieres.
 
Die tellings was as volg:
Gene Louw 4 -10
Kenridge 3 -8
Table View 9-4 (wen)
Durbanville 2-14
Welgemoed 4-1 (wen)
Eversdal 4-10
 
Baie dankie aan ons 0/13-mammas wat ons bederf het met waterbottels, sokkies en scrunchies.