Ons 0/9 – 0/11 spanne het Woensdag teen Milnerton te staan gekom. Ongelukkig het Milnerton nie 0/7- en 0/8-spanne nie en ons klein manne het eers hierdie week se wedstryde uitgesit. Die 0/9’s het stadig aan die gang gekom, maar gemaklik gewen deur ag keer oor die doellyn te gaan. Die 0/11’s het uitstekend gespeel en was op die dag net te sterk vir Milnerton. Hulle wen gemaklik met ‘n telling van 35-5. Die 0/13’s was in ‘n titaniese stryd en met minder as vyf minute oor het ons ‘n drie gedruk. Alexander Newton se pragskop uit die hoek van die veld het vir die wenpunte gesorg. Ons wen met ‘n telling van 7-5.

Baie geluk aan alle spanne. Ons hou duimvas vir al ons volgende wedstryde.