Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Ek glo almal het die besondere meevallertjie van ‘n lekker langnaweek vanaf 18 – 21 Maart 2023 terdeë geniet en die tyd gebruik om kwaliteit tyd saam met jul gesin en/of familie te spandeer.

Dinsdag, 21 Maart, was natuurlik die vieringe van Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is hartseer dat so min mense hulle eintlik aan die betekenis van die dag steur. Hierdie besondere dag was juis ingestel ter nagegedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag betoog teen die destydse paswette. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet is en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat so iets nooit weer in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef.

Hierdie week mag dalk kort wees, maar dit is propvol aktiwiteite met die volgende uitstappies wat sedert Woensdag, 22 Maart, geskied het:

  • Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 23 Maart. Die dag is ongelukkig uitgestel na Maandag, 27 Maart, as gevolg van sterk winde kon die kabelkarretjie nie gebruik word nie. Die teleurstelling was baie groot, maar die juffrouens het vinnig ‘n lekker piekniek gereël om die gemoedere weer positief te kry.
  • Gr. 2-uitstappie na Checkers op 22 Maart.
  • Gr. 3-uitstappie op die rooi bus na die World of Birds (blou roete) op 22 Maart.

Die tipe uitstappies is vir ons leerders ‘n groot bederf en maak hulle baie opgewonde. Uitstappies hou ons leerders gemotiveerd en skep wonderlike geleenthede buite die klaskamer om te leer. Uitstappies en/of toere is juis die goed wat die meeste kinders van hul laerskoolloopbaan onthou.

Donderdagaand, 23 Maart, het die skool die jaarlikse gr. 5 – 7-sokkie aangebied. Hierdie was nie sommer jou gewone sokkie nie, maar die glansgeleentheid vir die senior leerders by die skool. Ons leerders het omtrent deftig en elegant gelyk, slaggereed om ‘n indruk te maak.

As skoolhoof het ek elke dag die wonderlike voorreg om baie interessante gesprekke in my kantoor met ons leerders te voer. Hierdie gesprekke word deur leerders self geïnisieer m.a.w. hulle kom beslis nie na die skoolhoof se kantoor omdat hulle in die moeilikheid is nie. Inteendeel ons leerders het die vrymoedigheid om by my kantoor in te loer net om te hoor hoe dit met my gaan. Dit is so spesiaal en kosbaar en maak elke keer my dag. Gister was ek juis bevoorreg toe Jean-Jacques Rossouw, ‘n graad 1-leerder, gou by my kom inloer het net om uit te vind wat ek as skoolhoof elke dag doen. Hy het darem bevestig dat ek wel my werk doen soos ‘n goeie skoolhoof behoort te doen asook die feit dat hy en sy pa saamstem dat ons met die beste private skole in die land kan kompeteer en dit teen ‘n fraksie van die skoolfooie. Baie dankie, Jean-Jacques, vir jou besondere wysheid op hierdie jeugdige ouderdom.

Geniet die komende naweek met die laaste week van die kwartaal wat voorlê. Graag sluit ek af met die volgende aanhaling deur Carol Dweck oor groei-ingesteldheid en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Love challenges, be intrigued by mistakes,
enjoy the effort and keep on learning.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus
Markdag vind op Donderdag, 30 Maart, van 12:00 tot 12:45 plaas. Tafels is beskikbaar teen R15 per tafel en kan op die Karri-toep betaal word. Slegs gr. 4 – gr. 7-leerders kan hierdie kwartaal by markdag verkoop.
 
Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word nie.
/ Algemeen, Nuus

Bring asseblief ou speelgoed wat jy van ontslae wil raak vir die Wit Olifante-tafel by die Kaperjolle. Stuur dit asb. na meneer Stoman se klas.

/ Algemeen, Nuus

Week 9 het Maandagaand, 13 Maart, om 18:00 met ‘n suksesvolle demonstrasie van die gebruik van Skooler en Microsoft Teams afgeskop. Ons is dankbaar vir al die ouers wat opgedaag het om die gebruik van Skooler en Teams te verstaan en toe te pas. Skooler word binnekort ons amptelike kommunikasiekanaal aangesien ons wil weg beweeg van die gebruik van sosiale media as kommunikasiemiddel m.a.w. ons gaan binnekort die gebruik van WhatsApp beëindig. Skooler is ‘n buigsame ‘toep’ en ‘n ongelooflike leerplatform wat in Teams en Microsoft geïntegreer is. Ons gaan Skooler aanvanklik eers net vir kommunikasiedoeleindes tussen die skool en ouers asook ouers en onderwysers gebruik. Ons beplan om later die ander akademiese opsies wat Skooler ook bied, behoorlik te toets en dan uit te rol. MS Teams is ‘n baie veilige omgewing vir ons leerders en personeel om in te werk en dit vervang dan basies die Google Classroom. Graag wil ek vir juf. Suzaan wat die demonstrasie aangebied het asook Marié Cruywagen wat haar bygestaan het, hartlik bedank vir die insiggewende aanbieding. Verseker is die ouers wat dit bygewoon het meer ingelig, meer gemaklik met die gebruik daarvan en minder angstig om dit te gebruik. Dit is ‘n kwessie van tyd en ons het van al die spreekwoordelike groeipyne om na ‘n ander kommunikasiemiddel te beweeg, vergeet en omhels al die funksies wat die toep bied.

Laat my ook toe om al die gr. 4-ouers wat na afloop van die bogenoemde demonstrasie tot laat die aand vir ‘n algemene akademiese gesprek gebly het. Ons beplan om meer gereeld hierdie tipe geleenthede te skep waar ouers/voogde, die onderwysers, die adjunkhoof en die skoolhoof kollektief in gesprekke kan tree. Die platform skep geleenthede vir dialoog oor dinge wat pla. Ek wil almal bedank vir die wonderlike manier hoe gesprekke die aand hanteer is. Ons fokus is om onnodige angstigheid uit die weg te ruim. Na afloop van die informele gesprek, het ons gr. 4-ouers/voogde pragtige blomme aan elke graad 4-registeronderwyser oorhandig. Dit was ‘n mooi gebaar en bevestig weereens die omgeehart van ons skoolgemeenskap. Ek nooi weer al ons ouers/voogde uit om met ons te praat indien daar iets op die hart is. Kontak my gerus sodat ons pro-aktief probleme uit die weg kan ruim.

Op Dinsdag, 14 Maart 2023, was dit die gr. 7-leerders (leerderrraad uitgesluit) se beurt om die boodskap tydens die weeklikse saalbyeenkoms te bring. Baie dankie aan Kai, Jacques, André en Michel-Georges wat vir ons ‘n inspirerende boodskap gebring het. LS JvR het al vir jare ‘n goeie leeskultuur, maar die vier jonge here het met hul pragtige voordrag en video ons almal in die saal weer verder geïnspireer om meer te lees. Lees is een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind benodig om op skool en in die lewe sukses te behaal. Help ons om jul kinders by die huis te kry om meer te lees en lees gerus vir jul jong kinders. Dit is heerlike gesinstyd en verseker ‘n belegging in jul kind/ers se toekoms. Lees maak ‘n nuwe wêreld vir ons leerders oop waar die nuuskierigheid geprikkel word en die verbeelding oorneem. Sodoende stimuleer ons kreatiwiteit en innovasie by ons leerders.

Ons wil ook vir Pieter Rademeyer en sy span van Hoërskool Jan van Riebeeck hartlik bedank wat ons leerderraad vir ‘n leierskapontbyt en motiveringspraatjie op Donderdagoggend, 16 Maart, om 07:45 te Welgemeend genooi het. Die spesiale funksie is deur verskeie laerskole se leerderrade bygewoon. Lindie Strydom het ‘n ongelooflike inspirerende motiveringspraatjie gehou oor die belangrikheid van leierskap wat vir ons leerderraad van groot waarde was.

Ons interne redenaarskompetisie het op Woensdag, 15 Maart, afgeskop en word oor twee dae aangebied. Baie dankie aan juf. Andri vir al jou puik reëlings asook die ouers/voogde wat dit so getrou ondersteun het. Ek bly verstom oor ons leerders se selfstandigheid, hul selfvertroue en kommunikatiewe vaardighede om indrukwekkende toesprake voor ‘n gehoor te lewer. Hulle is nog baie jonk, maar lewer toesprake met die grootste gemak asof hulle dit al vir jare doen. Ek was so beïndruk met die wyse waarop hulle hul gedagtes formuleer en orden om hul standpunt met argumente oortuigend in te neem.

Geniet die komende langnaweek met Maandag, 20 Maart, wat ‘n amptelike skolevakansiedag is en Dinsdag, 21 Maart, waarop Menseregtedag gevier word. Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens ek vir julle ‘n wonderlike langnaweek toe:

“With the right mindset,
we can’t lose,
we either practice what we’ve learned,
or we learn what we need to practice!”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Dit is weer Kaperjolle tyd!

Saterdag, 22 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!

  • Potjiekoskompetisie – koop ‘n proe-kaartjie en help beoordeel!
  • Spitbraai
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9 jariges
  • “Quad”speletjies
  • Uitspan zone vir groter kinders
  • Lekkergoedland
  • Kosstalletjies: pannekoek, koffie, chip ‘n dip, “chicken strips”, boereworsrolletjies, pizza en burgers
  • Musiek
  • Kroegarea

Kaartjies is op Karri beskikbaar!

Kliek hier of op die Potjiekoskompetisie-advertensie vir die reëls en inskrywingsvorm.

/ Algemeen, Nuus, Verlore Goedere

Ons wil graag ’n beroep op beide leerders en ouers doen in verband met verlore goedere. Ons ontvang tans ’n oorvloed van items wat by verlore goedere beland en wil die probleem graag aanspreek. Ons vra dat alle besittings asseblief duidelik (met die leerder se naam en van) gemerk word, aangesien dit ons werk vreeslik vergemaklik. Verder glo ons ook dit is belangrik dat leerders aangemoedig en geleer word om verantwoordelikheid vir hul besittings te aanvaar en vra dat ouers ons in hierdie verband sal ondersteun. Julle samewerking word waardeer!

/ Algemeen, Nuus

Soos julle bewus is, vind daar die afgelope tyd heelwat veranderinge by die skool plaas. Onder andere die opgradering van die infrastrukture, skooldrag, infasering van die toep, Skooler, as kommunikasiekanaal, Migrasie van die Google Workspace na Microsoft Educational wat beteken dat Google Classroom deur Teams vervang word. Ek verstaan dat veranderinge nie noodwendig deur almal in ons skoolgemeenskap omhels word nie, want vir sommige mense lei verandering tot angs en onsekerheid. Verder beleef ons as Suid-Afrikaners bewustelike en onbewustelik hoë vlakke van angs en stres as gevolg van ekonomiese onsekerhede, wisselvallige beurtkrag en dit te same met die verkeersfrustrasie sal dit enige iemand teen die mure uitfdryf.

Ek het baie begrip en empatie dat verdere veranderinge by die skool ook tot hoër frustrasievlakke kan lei, maar ek versoek egter dat die skoolgemeenskap indien daar ontevredenheid oor sekere aspekte van die skool is asseblief nie hul ongelukkigheid op WhatsApp-groepies en ander sosiale platforms openbaar nie. Dit is vir niemand goed nie en lei tot verdere angs en negatiwiteit. Kontak eerder myself of die skool as iets pla. Ons sal beslis luister en dinge in konteks kan plaas. Wees verseker dat ons baie deeglike navorsing oor die beplande veranderinge by die skool gedoen het voordat ons dit in werking gestel het. Enige verandering neem tyd en voor ons dit weet, lei die veranderinge na die spreekwoordelike beter bestemmings en ons skool hou tred met al die hedendaagse uitdagings tot voordeel van ons leerders. Dus nooi ek almal wat onseker is oor die gebruik van Skooler en Teams uit om op Maandagaand, 13 Maart 2023, om 18:00 in die saal ‘n informele demonstrasie te kom bywoon. Tydens die sessie beoog ons om die gebruik daarvan prakties te demonstreer en julle as ouers/voogde gerus te stel.

Ons gr. 7’s en 5’e het vanaf 1 – 3 Maart 2023 die jaarlikse en gewilde kampe bygewoon. Die gr. 7’s het vanjaar vir die eerste keer by Big Oak Adventures net buite Franschoek gaan kamp terwyl die gr. 5’e die SOS Kamp naby Villiersdorp bygewoon het. Die gr. 5’e en 7’s het die kampe terdeë geniet en kon nie wag om al die interessante kampstories met hul ouers/voogde en gesinslede te deel nie. Natuurlik was hulle doodmoeg van die min slaap, die onbekende avontuur en al die opwinding. Tydens die kampe kon ons stadsjapies heerlik die natuur verken terwyl hulle in spanne moes saamwerk. Kampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede en ontwikkel leiereienskappe. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar natuurlik mis hulle hul ouers se smaaklike tuisgemaakte kos en waardeer weer al die wonderlike voorregte wat baie keer as selfsprekend aanvaar word.

Die afgelope naweek het ons o.13A-rugbyspan aan die Hoërskool Hopefield Rugbydag op Saterdag, 04 Maart 2023, deelgeneem. Ons seuns het puik gevaar en beide wedstryde teen HS Hopefield en Hopefield Primêr onderskeidelik 10 – 0 gewen. Welgedaan seuns asook ons afrigters, mnre. Erick en André, met die voorseisoenprestasies, julle maak ons trots. Ons wens vir julle ‘n suksesvolle seisoen toe.

Na afloop van die WP-Atletiekkampioenskappe wat op 03 Maart 2023 te Dal Josafat (Paarl) plaasgevind het, is dit my voorreg om die volgende twee atlete hartlik geluk te wens met hul WP-Kleure wat hulle tydens die byeenkoms verwerf het:

Delmar Benecke
Jana Olivier

Ons wens dan vir Delmar en Jana sterkte toe wat môre (11 Maart) aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe weer te Dal Josafat deelneem. Tydens die byeenkoms neem atlete vanaf WP, Boland en Suid-Kaap deel om vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer. Ons hou vir hulle twee styf duimvas!

Vandag vind ook die Junior Swemgala plaas en ons sien baie uit na ‘n heerlike dag van pret. Dit bring ons dan ook aan die einde van die somer buitemuurse program en begin die winter buitemuurse program op Maandag, 13 Maart, tot Vrydag, 24 Maart.

Dit is dan my voorreg om aan te kondig dat die vierkant se oppervlakte uiteindelik voltooi en gereed is om te gebruik. Ons gaan dit binnekort esteties aanspreek met meer plante en bome om dit in ‘n lushof te omskep vir ons leerders se genot.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Albert Einstein en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Anyone who has never made a mistake,
has never tried anything new.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die skool verdaag op Dinsdag, 28 Maart, om 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) as gevolg van personeelopleiding wat vir Huppelland en die Laerskool se onderwysers/assistente vanaf 13:15 aangebied word.

Nasorg sal soos gewoonlik voortgaan.

Die interne kompetisie sal slegs oor twee dae strek. Aangesien die grondslagfase groep minder leerders is, sal die graad 3’s saam met die graad 4 – 5-groep hul toesprake lewer.

/ Algemeen, Nuus

Op die skool se webtuiste onder die myJvR tab, is daar ‘n Vrae en Antwoorde-blad waar ons wenke en instruksies vir ouers gee wat hulp met iets nodig het waaroor ons gereeld vrae ontvang.

Ons het ‘n Teams en Skooler bladsy geskep met al die wenke wat tot dusver in die nuusbrief verskyn het. Ons sal nog wenke en instruksies byvoeg soos nodig. Gaan loer gerus na die bladsy indien jy hulp het met iets spesifieks in Teams of Skooler benodig.

SKOOLER & TEAMS VRAE EN ANTWOORDE-BLAD

/ Algemeen, Nuus

Indien jou selfoon sukkel om ‘n PDF in Skooler oop te maak, of dit maak oop, maar jy kan dit nie aflaai, print of aanstuur nie, sien gerus die volgende stappe:

  1. I.p.v. om die Skooler-toep oop te maak, maak jou webleser (web browser) op jou selfoon oop.
  2. Tik skooler.com as webadres in.
  3. Kliek op die Home | Parent blok.
  4. Teken in met jou Skoolerprofiel in die web-weergawe van Skooler.
  5. Nou kan jy die web-weergawe van Skooler gebruik en die PDF’s of ander dokumente aflaai.
  6. Voeg die web-weergawe van Skooler by op jou selfoon se Home Screen.
    • Android: Kliek op die 3 kolletjies bo-aan die skerm en kies Add to Home Screen.
    • iPhone: Kliek op die Share ikoon onderaan en kies die Add to Home Screen opsie.
  7. Die Skooler ikoon vir die web-weergawe behoort nou op jou selfoon se Home Screen te lê. Gebruik dit as ‘n alternatief om PDF’s te kan oopmaak of aflaai.

/ Algemeen, Nuus

Ek klink seker soos ‘n platespeler wat vasgehaak het, maar tyd en die lewe gaan so vinnig verby. Hier staan ons weereens aan die begin van die derde nuwe maand van die jaar. Maart het skielik opgedaag soos ‘n ongenooide gas. Vir my is 2023 die spreekwoordelike hoëspoedtrein wat eenvoudig nie by enige stasie wil stil hou nie. Ek besef onwillekeurig dat tyd en die lewe verby snel en dat dit onafwendbaar is. Dinge gebeur en dinge verander vinnig en ons moet aanpas of die lewe los ons agter. Ons besef elke dag hoe kortstondig die lewe is. Elke dag is ‘n geskenk en dit is dus belangrik om in die oomblik en met dankbaarheid te lewe. As jy iets wil doen, doen dit vandag! As jy kwaad is vir iemand, maak dit onmiddellik reg. Die lewe is kort en ons moenie tyd mors nie. Ons argumenteer ook dikwels dat ons net eenvoudig nie tyd het nie totdat die lewe onverwags ingryp. Maak dus tyd om saam met jul geliefdes te spandeer en hulle te waardeer!

Baie dankie aan al ons ouers/voogde en leerders wat Vrydagaand, 23 Februarie, die klasbraai bygewoon het. Die weer het perfek saamgespeel om die aand nog meer spesiaal te maak. Dit was heerlik om saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Dit was ook ons gr. 1-ouers se eerste amptelike klasbraai en opvallend was die heerlike samesyn terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is. Net voor die aanvang van die klasbraai het ons o.13A-rugbyspan vanaf 16:00 – 17:00 ‘n rugbywedstryd teen Curro Durbanville op die Conradieveld gespeel. Die veld was omring deur ons ouers en besoekers. Baie geluk aan die o.13-span en hul afrigters, mnre. Erick en André, met die puik oorwinning van 35 – 17. Verskeie ander tennis- en krieketwedstryde is ook die afgelope week gespeel waar ons tennisspanne puik teen heelwat groter skole gevaar het. Welgedaan aan al ons spelers wat getrou oefeninge bywoon, ons toegewyde afrigters asook ons ouers/voogde wat die wedstryde so getrou ondersteun.

Baie geluk aan Huppelland met die puik aanbieding van ‘n aand met Stef Bos onder die sterre. Die van julle wat nie vir Stef ken nie, hy is ‘n bekende Nederlandse sanger wat veral in sy geboorteland optree. Ons is so bevoorreg om Stef as ‘n ouer by ons te hê. Hy is altyd bereid om die skool te help en hier bied hy weereens sy talent gratis vir die skool aan om fondse vir Hupppelland in te samel. Baie dankie ook aan Louise Neser en haar span wat die wonderlike optrede saam met Stef beplan en gereël het.

Ons skoolgebou en terrein is sedert Woensdag, 01 Maart, baie stil aangesien ons gr. 7’s en 5’e weg is op kampe (onderskeidelik Franschoek en SOS). Ons gr. 7’s en 5’e is reeds vanaf Maandag so opgewonde en kon net nie meer wag om op Woensdag na die kampe te vertrek nie. Kamp bied die ideale geleentheid om leerders uit ‘n bekende omgewing te neem en bloot te stel aan ‘n onbekende natuur-omgewing wat gestruktureerd, veilig en vriendelik is. Terwyl hulle die natuur verken, word hul karakter gebou, kommunikasievaardighede verbeter en emosionele- en leiereienskappe ontwikkel, Dit is net ‘n wen-wen situasie. Vol pret.

Op Donderdag, 02 Maart, het ons Jannies soos hul gunsteling boekkarakter skool toe gekom om Wêreld Boekedag te vier. Ons onderwysers het ook nie op hulle laat wag nie en ook soos hul gunsteling boekkarakter aangetrek om die dag nog meer spesiaal vir die leerders te maak. Verder het die gr. 3’s ook op Donderdag, 02 Maart, spesiale noodhulpopleiding ontvang wat deur twee van ons dokter-mammas aangebied is. Baie dankie Drr. Hanneke Heyns en Charlotte-Louise Enslin wat ‘n pragtige aanbieding vir die gr. 3’s in die saal gedoen het. Ons is so bevoorreg dat julle tyd maak om ons leerders rakende noodhulp te bemagtig.

Sterkte aan die o.13 A-rugbyspan wat môre (04 Maart) aan die Hopefield Rugbytoernooi deelneem asook die volgende atlete wat vandag (03 Maart) by Dal Josafat (Paarl) aan die WP-Atletiekbyeenkoms deelneem:

Cato Terblanche
Delmar Benecke
Dawid-Wiese Viljoen
Jana Olivier
Klara Steyn
Mieke Bremer
Sofia Newton

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“If you find a path with no obstacles,
it probably leads to nowhere”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Liewe Ouers/Voogde

Ek is dankbaar vir hierdie geleentheid om my opregte dank en waardering aan die talle ouers oor te dra wat hul harte en hande teenoor my oopgemaak het tydens die heengaan van Calvin.

Die oproepe, boodskappe van medelye, e-posse, blomme en leessof het my pyn, hartseer en verlies meer draaglik gemaak. Al hierdie omgee het my die waarheid van die gesegde dat gedeelde smart, halwe smart is, laat ervaar.

Die voorbereide etes was so welkom en het werklik ‘n groot las van my skouers gehaal. Dit het liggaam en siel aanmekaar gehou.

Jan van Riebeeck is voorwaar geseënd met sulke omgee-ouers.

Nogmaals baie dankie

Liefde,
Raché

/ Algemeen, Nuus

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 17 Maart, skool toe gebring word.

/ Algemeen, Nuus

Wanneer: Donderdag, 23 Maart
Tyd: 18:00 – 21:30
Kostes: R150 (betaal op Karri)
Wie: Graad 5 – 7-leerders
Snoepie beskikbaar

Belangrike Datums

maart 2026

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

20mrt00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.13A Seuns & Dogters

21mrt(mrt 21)00:0020(mrt 20)23:59Netbal: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

23mrt10:3011:30Gr.7 Musiekkonsert

23mrt11:3012:30Gr.6 Musiekkonsert

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt(mrt 25)00:0024(mrt 24)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

26mrt(mrt 26)00:0025(mrt 25)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

27mrt(mrt 27)00:0026(mrt 26)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr14:1518:00Skaak: Middagkamp

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer