Indien jou selfoon sukkel om ‘n PDF in Skooler oop te maak, of dit maak oop, maar jy kan dit nie aflaai, print of aanstuur nie, sien gerus die volgende stappe:

  1. I.p.v. om die Skooler-toep oop te maak, maak jou webleser (web browser) op jou selfoon oop.
  2. Tik skooler.com as webadres in.
  3. Kliek op die Home | Parent blok.
  4. Teken in met jou Skoolerprofiel in die web-weergawe van Skooler.
  5. Nou kan jy die web-weergawe van Skooler gebruik en die PDF’s of ander dokumente aflaai.
  6. Voeg die web-weergawe van Skooler by op jou selfoon se Home Screen.
    • Android: Kliek op die 3 kolletjies bo-aan die skerm en kies Add to Home Screen.
    • iPhone: Kliek op die Share ikoon onderaan en kies die Add to Home Screen opsie.
  7. Die Skooler ikoon vir die web-weergawe behoort nou op jou selfoon se Home Screen te lê. Gebruik dit as ‘n alternatief om PDF’s te kan oopmaak of aflaai.