Liewe Ouers/Voogde

Ek is dankbaar vir hierdie geleentheid om my opregte dank en waardering aan die talle ouers oor te dra wat hul harte en hande teenoor my oopgemaak het tydens die heengaan van Calvin.

Die oproepe, boodskappe van medelye, e-posse, blomme en leessof het my pyn, hartseer en verlies meer draaglik gemaak. Al hierdie omgee het my die waarheid van die gesegde dat gedeelde smart, halwe smart is, laat ervaar.

Die voorbereide etes was so welkom en het werklik ‘n groot las van my skouers gehaal. Dit het liggaam en siel aanmekaar gehou.

Jan van Riebeeck is voorwaar geseënd met sulke omgee-ouers.

Nogmaals baie dankie

Liefde,
Raché