Vraag & Antwoord:

Skooler & Teams

Gereelde vrae

Vind die antwoord op gereelde vrae deur op die vraag te kliek.

1. Waarom Skooler?

Skooler is ‘n geïntegreerde leer- en kommunikasieplatform wat tans in fases by Laerskool Jan van Riebeeck geïmplementeer word.

Die eerste fase behels die uitrol van Skooler as basiese kommunikasieplatform tussen die skool en ouers.

Verdere funksionaliteit wat ons later gaan implementeer sluit ondermeer die integrasie van die skoolkalender, voorsiening vir OOV-kommunikasie, teenwoordigheid by buitemuurs, skakels na Class Notebooks in Teams en nog ander in.

 

Skooler teenoor WhatsApp Kommunikasie


Skooler

WhatsApp
MASSA KOMMUNIKASIE:
- Ontvang algemene kommunikasie wat aan alle ouers gestuur word.
GEFOKUSDE KOMMUNIKASIE:
- Ontvang outomaties gefokusde kommunikasie, wat net op jou kind(ers) van toepassing is.
REAGEER PRIVAAT OP GROEPBOODSKAPPE
- Ouers kan op groepboodskappe reageer, sonder dat almal in die groep hul boodskap sal kan sien.
ASSESSERINGS, OPDRAGTE, TAKE
- Ouers en leerders ontvang outomaties inligting en skedules van formele assesserings.
BESKERM PERSOONLIKE INLIGTING:
- Beskerm ouers en personeel se persoonlike inligting en reg op privaatheid.
INTEGREER MET MS TEAMS:
- Soomlose integrasie met Microsoft Teams
2. Hoe laai ek die Skooler toep af?
  1. Maak jou selfoon Play Store / App Store oop.
  2. Soek die Skooler Parent-toep en laai dit af.
  3. Soek JvR nadat dit afgelaai is.
  4. Kies die Activate my account opsie langsaan First-time user?
  5. Tik die e-posadres / selfoonnommer wat die skool van jou het, in.
  6. Tik die kode wat aan jou gestuur is, in.
  7. Skep ‘n wagwoord.
  8. Teken in.
  9. Indien iemand sukkel om in te teken of die toep af te laai, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.
  10. Om Skooler op ‘n rekenaar of in ‘n webleser te gebruik, volg hierdie instruksies:
  • Navigeer na skooler.com in jou webleser se adresveld in, of sleutel Skooler in by jou soekenjin en kliek op die https://skooler.com webtuiste.
  • Kliek Login regs bo.
  • Kliek op die Home Parents blok.
  • Sleutel in JvR om die skool te soek en kliek daarop. Die resultaat vertoon as jvrprim.co.za | JvR
  • Indien jy reeds op jou selfoon by Skooler ingeteken het, kan jy bloot inteken met die e-posadres wat die skool van jou op rekord het. Sleutel die wagwoord in wat jy vroeër in Skooler geskep het.
  • Indien jy nog nie van te vore ingeteken het nie, kan jy op Activate my Account kliek en die stappe volg.

3. Hoe geskied kommunikasie tussen leerders/ouers en onderwysers?
  • Leerders kan in die Team se General Channel onder Posts kommunikeer as hulle ‘n vraag aan die onderwyser wil rig wat op die hele klas/graad van toepassing is. Almal in die graad kan die boodskap sien. Gebruik @ voor die onderwyser se naam sodat die onderwyser ‘n kennisgewing ontvang dat daar ‘n boodskap aan hulle gerig is. (bv. @marianne conradie).
  • Leerders kan in Chat in die Teams menu direk met onderwysers gesels indien hulle privaat met die onderwyser wil kommunikeer.
  • Leerders kan ook per e-pos met onderwysers kommunikeer.
  • Ouers kan op Skooler in die toepaslike kontakgroep of per e-pos met onderwysers kommunikeer.
4. Kan ek reageer op 'n Skoolerboodskap?
  • Jy kan op alle groepe se boodskappe reageer deur bloot jou boodskap in die ruimte onderaan die bestaande boodskap te tik en te stuur.
  • Slegs die administrateur van daardie groep sal jou boodskap ontvang. Hulle naam word in die boodskap wat ontvang is vertoon.
  • Maak seker jy tik jou boodskap in die relevante groep. As jy bv. ‘n boodskap aan die registeronderwyser wil stuur, moet jy die boodskap op die registerklas kontakgroep stuur sodat daardie onderwyser dit ontvang.
5. Ek lees my boodskappe, maar die kennisgewing (getal) langs die groep wil nie weggaan nie.
  • Wanneer jy ‘n boodskap in Skooler oopgemaak het, sal die kennisgewing (of ongeleesde getal) langs die groep verdwyn.
  • Soms is dit belangrik dat onderwysers moet kan opvolg as ouers nie ‘n boodskap gelees het nie en skakel hulle die “Request Read Confirmation” funksie aan.
    • Jy moet dan bevestig dat jy die boodskap gelees het deur  “Confirm” te kies sodra jy dit gelees het.
    • Die onderwyser kan dan dan in hulle Skooler portaal sien dat jy bevestig dat jy die boodskap gelees het.
  • Onderwysers heg ook soms ‘n Skoolervorm aan om vinnige antwoorde van ouers te kry.
    • Jy moet kliek op Show Form en ‘n antwoord kies om aan te dui dat jy die boodskap gelees het.
    • Indien jy nie ‘n antwoord kies nie, gaan die boodskap ongelees bly.
    • Jy kan net die blokkie toemaak nadat jy ‘n antwoord gekies het.
  • Gaan terug na vorige boodskappe in groepe waar daar steeds ‘n getal is en maak seker jy het orals “Confirm” gekies en dat al die Skoolervorms wat aangeheg is, voltooi is.
  • Die kennisgewing wat aandui dat daar ‘n ongeleesde boodskap is, sal dan ook wegval.
6. Ek sien net 3 groepe onder Messages, hoe sien ek al die groepe waaraan ek behoort?
  • Die drie groepe wat jy onder die opskrif Messages sien is die mees onlangse groepe waar binne boodskappe ontvang is.
  • Om al die groepe te sien, kliek op die pyltjie regs van Messages.

7. My kind se sportgroep(e) is nie almal gelys onder Messages nie.
  • Sportgroepe word gebruik om belangrike kommunikasie i.v.m. sport te stuur, bv. sportvorms en wanneer die busse op pad terug skool toe is.
  • Wanneer jy op die pyltjie regs van Messages kliek, word al jou kontakgroepe vertoon.
  • Indien jou kind aan sekere sportsoorte by die skool deelneem wat nie daar as ‘n groep gelys is nie, moet jy versoek dat jou kind by die groep bygevoeg word.
  • Stuur ‘n boodskap op die Algemeengroep met jou kind se naam, van, graad en watter sportsoort hy/sy by bygevoeg moet word.
  • Jy kan ook die afrigter in kennis stel / ander vrae vra deur ‘n boodskap na die spesifieke sportsoortgroep te stuur.

 

8. Hoe werk Assignments in Skooler?
  • Formele Assesserings (alle take, toetse of mondelinge wat vir punte tel) word onder Assignments gelaai.
  • Kliek op die pyltjie aan die regterkant van die Assignments balkie om al die formele assesserings wat vir jou kind gelaai is, te sien.
  • Jy kan die formele assesserings volgens vak sorteer deur op die pyltjie bo te kliek langsaan “subjects”.
  • Kliek op die assessering wat jy wil oopmaak.
  • Indien die onderwyser noem dat daar ‘n dokument aangeheg is met meer inligting, volg hierdie stappe:
    • Rol af tot heel onder op die skerm.
    • Kliek op die blou “Assignment” balkie.
    • Rol af tot jy die “Attachments” afdeling sien.
    • Kliek op die aangehegte dokument. Indien dit nie oopmaak nie, of dit maak oop maar jy kan dit nie aanstuur of aflaai nie, sien gerus die stappe onder nr. 10.
  • Om assesserings te sien wat al verby is:
    • Gaan na die Assignments bladsy waar al die huidige assesserings lê.
    • Aan die onderkant van die skerm is daar ‘n blou balkie met 4 ikone.
    • Kliek op die tweede ikoon (lysie-ikoon) om vorige assesserings te sien.

 

9. Hoe laai ek 'n aangehegte dokument af?
  • Kliek op die PDF/dokument wat aangeheg is en kies die toep op jou selfoon waarmee jy dit wil oopmaak.
  • Indien dit nie op jou selfoon wil werk nie of jy nie die regte toep op jou selfoon het om dit oop te maak nie, kan jy Skooler in jou webleser op jou selfoon of rekenaar oopmaak en die PDF/dokument van daar af oopmaak.

 

10. Hoe laai ek die Skooler desktop-weergawe op my selfoon se tuisblad as PDF's nie in Skooler wil oopmaak nie?
  • Sommige selfone maak aangehegde PDF’s in Messages of Assignments oop, maar die PDF kan nie aangestuur of afgelaai word nie.
  • Party selfone kan nie aangehegde PDF’s in Assignments oopmaak nie.
  • Ons het dit by Skooler aangemeld en dit sal in die toekoms reg werk. In die tussentyd is daar ‘n alternatiewe roete wat gevolg kan word.
  • Onthou dat jy op Skooler se desktop-weergawe op jou rekenaar deur die internet kan inteken en wel die PDF’s sal kan oopmaak, aanstuur, aflaai en print.
  • Indien jy dit graag op jou selfoon wil doen, volg hierdie stappe op die desktop-weergawe op jou selfoon se tuisblad te sien:
    • Maak jou webleser op jou selfoon oop (bv. Chrome of Safari)
    • Navigeer na Skooler.com
    • Kliek op die drie strepies regs-bo en kies Login
    • Kies die middelste blok (Parents)
    • Tik JvR in om die skool te soek.
    • Teken in.
    • Nadat jy ingeteken het, voeg die desktop-weergawe op jou selfoon se tuisblad:
      • In Chrome behoort jy drie kolletjies regs-bo te sien. Kliek daarop en kies die opsie ‘Add to Home Screen’ of ‘Install app’.
      • In Safari sal jy onderaan die ‘Share’ ikoon sien (‘n blokkie met ‘n pyltjie wat boontoe wys). Kliek daarop en soek die opsie ‘Add to Home Screen’.
      • Onthou asb. dat elke selfoon verskil. Indien jou selfoon nie een van die boonste twee opsies het nie, soek gerus op die internet hoe jy op jou spesifieke selfoon te werk moet gaan of stuur ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za indien jy hulp nodig het.
    • Die desktop-weergawe van Skooler behoort nou êrens op jou selfoon se tuisblad te lê.
    • Indien jy dit op jou tuisblad gevoeg het nadat jy ingeteken het, behoort dit ingeteken te bly. Indien nie, kyk of jou selfoon dalk ‘n opsie gee om die wagwoord te onthou of ‘uninstall’ die desktop-weergawe en probeer weer.
11. Hoe sien ek my ander kind(ers) se profiel?
  • Kliek op die drie menu-strepies links bo-aan die toep.
  • Kliek op jou kind se naam wat bo-aan verskyn.
  • Kies die kind wie se profiel jy wil sien in die blokkie wat verskyn.

12. Hoe teken ek in op my kind(ers) se Teams?
  • Toegang tot jou kind se Teams-omgewing kan van enige toestel met internettoegang af verkry word, selfs toestelle wat gedeel word.
  • Die beginsel wat geld is om bloot ‘n addisionele profiel in jou webleser te gaan skep.
  • Omdat jou kind se skoolprofiel ‘n Microsoftprofiel is, is die eenvoudigste oplossing om Microsoft se Edge webleser te gebruik om die profiel op jou rekenaar op te stel.
  • Alternatiewelik sal jy eers ‘n afsonderlike Gmail-adres / e-posadres vir jou kind in Chrome of die webleser van jou keuse moet gaan skep, en daarna die Microsoftprofiel daar binne stoor.

Stappe vir Microsoft Edge:

  • Maak die Edge webleser oop en kliek op die profiel sirkel regs-bo.
    • Indien jy reeds ingeteken is en iets soos jou e-pos of Teams oop het, sal daar twee sirkels verskyn.
    • Kliek asb. op die boonste profiel sirkel, nie die sirkel van dit waarop jy ingeteken is nie.
  • Kliek Add Profile
  • Voer jou kind se skool e-posadres en die nuwe wagwoord wat hulle reeds by die skool geskep het, in.
  • Navigeer na Teams vir alle skoolwerk. (https://teams.microsoft.com)

Stappe vir Google Chrome:

  • Maak die Google Chrome webleser oop en kliek op die profiel sirkel heel bo, regs op die skerm.
  • Kliek Add onder Other Profiles.
  • Voer jou kind se persoonlike Gmail-adres en wagwoord in.
  • Navigeer na Teams vir alle skoolwerk. (https://teams.microsoft.com)
  • Teken nou aan in Teams met jou kind se skool e-posadres en nuwe wagwoord wat hulle reeds by die skool geskep het.

Het jy geweet?

Jou kind kan maklik tussen al die Office 365 toepassings navigeer vanuit die webweergawe van Teams.

In Teams (of enige aanlyn Office 365 toepassing)

  • Kliek op die menu blokkie links bo op die skerm.
  • Kliek op die Office 365 toepassing van jou keuse (bv, Outlook, Word, PowerPoint, OneDrive, Excel, OneNote en Teams).
  • OF kliek op Microsoft 365 vir vinnige toegang na jou kind se Microsoft 365 landingsblad.

13. My kind het sy/haar wagwoord en/of sekuriteitsvrae vergeet.

Hoe werk dit?

  • Die veiligheid van ons leerders en personeel is vir ons ‘n groot prioriteit, ook wanneer hulle aanlyn werk.
  • Die vaardigheid om ‘n wagoord op ‘n veilige manier te gebruik en self te bestuur, is een van die digitale vaardigheide wat in die 21ste eeu op ‘n daaglikse basis gebruik word.
  • Omrede leerders nie oor selfone beskik vir multi-faktor verifikasie nie, word eenvoudige sekuriteitsvrae gebruik sodat hulle self hul wagwoorde kan herstel indien hulle dit vergeet het.

Sekuriteitsvrae

  • Die sekuriteitsvrae is gebaseer op die konsep van ‘n “wagdier” wat leerders skep om hul wagwoord op te pas.
  • Leerders het reeds hul wagwoorde, sowel as hul antwoorde op die drie vrae, in die klas opgestel.
  • Die drie sekuriteitsvrae is:
  1. Kies ‘n dier van jou keuse. (Om jou wagwoord op te pas)
  2. Watter kleur is jou dier?
  3. Wat is jou dier se naam?

Wagwoord vergeet – Herstel die wagwoord

  • Indien hulle hul wagwoorde vergeet het, kan hulle dit dus self herstel deur die sekuriteitsvrae te beantwoord.
  • Hier volg die stappe om ‘n nuwe wagwoord te kies:
    • Kies die ‘forgot my password’ opsie.
    • Tik die letters in wat aangedui word. Let wel dat dit “case sensitive” is, m.a.w. hoof- en kleinletters moet konsekwent gebruik word. (Dit is ‘n standaard meganisme om te verseker dat dit nie ‘n ‘rekenaarbot’ is wat die wagwoord probeer herstel nie.)
    • Die leerder word dan gevra om die drie sekuriteitsvrae wat hulle ook in die klas opgestel het, te beantwoord.

  • Wanneer die regte antwoorde op die vrae ingevoer is, sal leerders die geleentheid kry om ‘n nuwe wagwoord te kies.
  • Die vereistes waaraan hul wagwoord moet voldoen, is:
    • Minimum 8 karakters, Maksimum 256
    • Drie van die volgende vier eienskappe word ook vereis:
      • Kleinletters
      • Hoofletters
      • Syfers
      • Simbole @ # $ % ^ & * – _ ! + = [ ] { } | \ : ‘ , . ? / ` ~ ” ( ) ; < >

  • Indien hulle die antwoorde op hul sekuriteitsvrae ook vergeet het, kan hulle na Suzaan Burger se kantoor gaan om dit te laat herstel, of ouers kan ‘n e-pos stuur aan suzaan@jvrprim.co.za.

Verander self die antwoorde op die Sekuriteitsvrae

  • Terwyl ‘n leerder ingeteken is, kan hulle hul sekuriteitsvrae verander / opdateer:
    • Kliek op die profielsirkel van enige program van Microsoft (bv. Teams).
    • Kies Manage Account.
    • Langsaan die leerder se naam, kies Manage.
    • Kliek in die Security Info blokkie op Update Info.

 

    • Kliek Delete op die Security Questions blokkie wat verskyn.
    • Kies Add sign-in method.
    • Kies die Security Questions opsie (op die manier kan hulle die wagwoord in die klas ook herstel, met die selfoonnommer-opsie gaan hulle nie kan nie).
    • Tik ‘n antwoord in vir die drie sekuriteitsvrae wat leerders sal onthou. Let wel dat die antwoorde ook “case sensitive” is.
    • (Wenk: Konseptualiseer dit as ‘n wagdier wat hul wagwoord oppas – soort dier, kleur van die dier, naam van die dier, bv, Die wagdier is ‘n Blou Krimpvarkie en sy naam is Spike).

Verander self die wagwoord

  • Leerders kan ook hul wagwoord verander as hulle ‘n sterker wagwoord wil kies, of as hulle dink iemand anders weet wat hulle wagwoord is.
  • Soos hier bo, kliek op die profielsirkel van enige program van Microsoft (bv. Teams).
  • Kies Manage Account.
  • Langsaan die leerder se naam, kies Manage.
  • Kliek in die Password blokkie op Change Password.
  • Voer die bestaande wagwoord in by Old password.
  • Voeg die nuwe wagwoord in by Create new password en Confirm new password.
  • Kliek op Submit.
  • Onthou die vereistes vir ‘n veilige wagwoord:
    • Minimum 8 karakters, Maksimum 256
    • Drie van die volgende vier eienskappe word ook vereis:
      • Kleinletters
      • Hoofletters
      • Syfers
      • Simbole @ # $ % ^ & * – _ ! + = [ ] { } | \ : ‘ , . ? / ` ~ ” ( ) ; < >

 

14. Hoe gebruik onderwysers Teams en Skooler saam?

INTERSENFASE:

TEAMS

  • Elke vak het ‘n Team met ‘n Class Notebook wat beskikbaar is in die Team se menu.
  • Die Class Notebook is leerders se aanlyn klaskamer en dit bestaan uit 3 afdelings:
    • Collaboration Space: Hierdie spasie word in die klaskamer gebruik vir  interaktiewe aktiwiteite waaraan die klas as ‘n groep deelneem, asook vir groepwerk.
    • Content Library: Hierdie spasie word deur die onderwyser gebruik om die skoolwerk aan leerders beskibaar te stel. Die Content Library het verskeie sub-afdelings:
      • Handboek
        Aanvullende inligting oor ‘n tema word hier beskikbaar gestel. Leerders gebruik egter steeds ook die hardekopie handboeke in die klas.
      • Beplanning en Huiswerk
        Die werk wat daagliks in die klas behandel word, word hier beskikbaar gestel. Dit sluit ook die huiswerk wat voltooi moet word, in.
        *Om die proses te vereenvoudig word beplanning nie meer in Skooler se Planning-afdeling gepubliseer nie.
      • Afbakening FA (Formele Assessering)
        Enige formele assessering waarvoor punte toegeken word, word hier gelys as ‘n bladsy met ‘n skakel na die Assignment soos via Skooler aan leerders en ouers versprei.
      • Verryking
        Addisionele, verrykende werk wat leerders kan doen. Punte word nie hiervoor toegeken nie en dit vorm nie deel van die leerwerk vir formele assesserings nie.
  • Leerders se persoonlike spasie:
      • My Werk
        Die onderwyser laai klaswerk wat leerders aanlyn moet voltooi in hierdie afdeling. Soos altyd, sal die onderwyser sê of werk wat nie in die klas voltooi is nie huiswerk is of nie. Leerders kan ook na die Beplanning en Huiswerk afdeling verwys om te sien of daar werk is wat hier voltooi moet word.
      • My Notas en Opsommings
        Leerders se persoonlike spasie om aantekeninge te maak en enige ander inligting wat verband hou met die vak te skep of bêre. Onderwysers kan wel sien wat hier gestoor en geskep word.

SKOOLER

Skooler is die kommunikasiekanaal tussen die skool en ouers. Die platform word in fases uitgerol en bied tans toegang tot:

  • Algemene en persoonlike kommunikasie via die kontakgroepe in Messages.
  • Formele Assesserings onder Assignments. Dit bevat al die inligting van ‘n leerder se taak/toets/mondeling. Die skakel na die Skooler Assignment sal in die Team se Class Notebook onder Afbakening FA (Formele Assesserings) lê.
  • Alhoewel datums op die Skooler kalender gelaai word, is die Google Kalender steeds ons hoofkalender. Dit gaan in een van die volgende fases met Skooler geïntegreer word.

GRONDSLAGFASE: 

Die Grondslagfase sal op die stadium nie skoolwerk op Teams laai nie. Leerders se huiswerk word in die huiswerkboek geskryf.

Skooler word gebruik vir:

  • Algemene en persoonlike kommunikasie via die kontakgroepe in Messages.
  • Formele assesserings onder Assignments (bv. ‘n mondeling).
  • Alhoewel datums op die Skooler kalender gelaai word, is die Google Kalender steeds ons hoofkalender. Dit gaan in een van die volgende fases met Skooler geïntegreer word.