Skrywer: Suzaan Burger

Hoërskoolnuus

Dylan Keyser (heel links) is deur na die semi-finaal van die ATKV-Redenaars wat eerskomemde Vrydag plaasvind. Baie geluk en sterkte, Dylan! Lilhle Godongwana (2de van links) en Amy Atkins (middel) het die afgelope naweek aan proewe deelgeneem en albei is verkies tot die o.19-Weskaap Netbalspan wat in Junie aan die Nasionale Kampioenskappe in Boksburg gaan deelneem. Lydia-Marie Ersamus (regs) het die o.16-Weskaapspan gehaal en gaan in dieselfde tyd in Sun City aan die Nasionale Kampioenskappe...

Lees Verder

Uitstalling by die Welgemeend

Hermien van der Merwe se solo uitstalling, Come Fire – Come Rain, is nog hierdie week te siene by die Welgemeend (Hoërskool Jan van Riebeeck). Sy is ‘n ouer van ons skool en nooi ander ouers uit om hul kinders na ‘n begeleide toer deur die uitstalling te bring. Hermien sal meer oor haar inspirasie en interessante kunsmaak tegnieke en materiale wat sy gebruik, vertel. Kontak haar gerus om ‘n afspraak te reël by: 083 7044 734 of...

Lees Verder

De la Bat-skool vir Dowes

Ons het dringend hulp nodig! Boetman koshuis by die De la Bat skool het gister om 15:00 afgebrand. Hierdie leerders het alles verloor, maar gelukkig is niemand beseer in die voorval nie. Die 17 seuns het nou slegs die klere aan hul lywe. Kom ons Jannies vat hande en help hierdie kinders in nood. Bring asseblief enige komberse, lakens, handdoeke, kussings, en klere vir seuns van 7-11. Dit kan tweedehands of nuut wees. Kom laai dit gerus by juf. Schultz se klas af, tot en met Vrydag, 25 Mei. Kom ons kyk hoeveel kinders ons kan...

Lees Verder

Dapper Stappers – Elandskloof

Die Dapper Stappers het Saterdagoggend, 19 Mei ,die Elandskloof staproete in Du Toitskloof gaan stap. Dit was ‘n heerlike roete met die mooiste natuurskoon. ‘n Paar brawe kinders en mnr. Lilly het die yskoue waterpoele in die kloof aangedurf. Dankie aan almal wat saamgestap...

Lees Verder

Landloopnuus van die week

Ons het verlede Vrydag, 18 Mei, aan die eerste landloopwedloop vir die seisoen by Constantia Sports Complex deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar Laerskool Jan van Riebeeck se leerders het met entoesiasme en uithouvermoë deelgeneem. Daar was ongeveer 70+ leerders vir elke geslag per ouderdomsgroep. Ons kan dus met trots die volgende resultate deel: 0/7 Jana Olivier 9de Isabella Marais 11de Willem Vorster 39ste 0/8 Mieke Huysamen 36ste Klara Maree 51ste Jana Maree 59ste o/9 Leah van As 73ste o/11 Scarlett vd Merwe 8ste Ruben Vorster 35ste o/12 Eugenie Delpierre 29ste o/13 Adrian Huysamen 43ste Enzo Vorster 54ste Ongelukkig sal die landloopwedloop van Vrydag, 25 Mei, by Heathfield Primary nie meer geskied nie, weens die opgradering van hul skool en velde. Die volgende wedloop sal dus op Vrydag, 1 Junie, by Fish Hoek Primary...

Lees Verder

Nuusbrief van 18 Mei 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Woensdag, 16 Mei 2018 Rugby @ Milnerton TUIS Woensdag, 16 Mei 2018 Netballiga Tableview Woensdag, 16 Mei 2018 Eisteddfod solosang Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod solosang Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod voordrag Saterdag, 19 Mei 2018 Dapper Stappers Saterdag, 19 Mei 2018 Eisteddfod voordrag Sondag, 20 Mei 2018 Anike (assistent) verjaar Woensdag, 23 Mei 2018 Rugby @ Milnerton (TUIS) Woensdag, 23 Mei 2018 Gr. 6: Wemmershoek-kamp Woensdag, 23 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park Woensdag, 23 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5S Vrydag, 25 Mei 2018 Sivvies Vrydag, 25 Mei 2018 Semi-Finaal Redenaars Vrydag, 25 Mei 2018 Skaak @ St.Cyprians Saterdag, 26 Mei 2018 Sportdag Saterdag, 26 Mei 2018 Rugby @ Goudini (FD Conradie te Goudini) Sondag, 27 Mei 2018 Deon (onderwyser) verjaar Dinsdag, 29 Mei 2018 Izél en JC (juffrouens) verjaar Dinsdag, 29 Mei2018 Saal: Leerlingraad Woensdag, 30 Mei 2018 Rugby @ Sunningdale (WEG) Woensdag, 30 Mei 2018 Netballiga Curro Century City Donderdag, 31 Mei 2018 Charlene (juffrou) verjaar Donderdag, 31 Mei 2018 Ellerton Primary Entrepeneursdag Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee Maandag, 4 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule Saterdag, 9 Junie 2018...

Lees Verder

Bernard weer gekies vir WP-karatespan

Bernard Lombaard is, ná proewe verlede naweek, weer gekies vir die Westelike Provinsie se GojuKai-karatespan. Bernard het in graad 3 begin met Goju Kai-karate en was reeds verlede jaar ‘n lid van die Suid-Afrikaanse GojuKai-karatespan. Hy het in Oktober 2017 in Vancouver, Kanada aan die Goju Kai-Wêreldbyeenkoms, wat elke 4 jaar gehou word, deelgeneem. (Divan Rossouw, wat toe nog in ons skool was, was ook deel van die span.) Die Suid-Afrikaanse Goju Kai-karate kampioenskappe word vanjaar in September in die Wes-Kaap gehou. Bernard sal aan hierdie toernooi as lid van die WP-span deelneem en sal aan beide kumite en kata deelneem. Kumite is gevegte tussen 2 deelnemers, en kata is ‘n spesiale volgorde van spesifieke bewegings, wat gevegte simuleer. Dit moet baie presies uitgevoer word. Baie geluk en sterkte met die voorbereiding...

Lees Verder

Hoërskoolleerders presteer

Wiskunde Hoërskool Jan van Riebeeck se Wiskunde-ster, Emil van der Walt, is pas opgeneem in die SA-Wiskundespan wat van 7-14 Julie in Roemenië aan die Internasionale Wiskunde Olimpiade gaan deelneem. Die span bestaan uit slegs 6 lede. Dis ‘n fantastiese prestasie. Emil is ‘n oud-JVR laerskoolleerder.     Netbal Vier van ons leerders is verkies tot WP-netbalspanne: Kayla Redgard (o.15), Lydia-Marie Erasmus (o.17), Lihle Godongwana (o.19) en Amy Atkins (o.19). Hulle neem almal eerskomende naweek aan die Weskaap-proewe in Hermanus deel. Amy (links) is deel van die SA-skolespan wat later vanjaar in Australië gaan...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Table View

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die wedstryde teen Laerskool Table View. Ons het heerlike weer gehad en dit was nog lekkerder vir al ons spelers omdat die meeste van die spanne kon speel. Die uitslae is soos volg: O/9 A 8 – 2 (wen) O/9 B 0 – 6 (verloor) O/10 A 6 – 4 (wen) O/10 B 5 – 8 (verloor) O/11 A 5 – 5 (gelyk) O/11 B 3 – 3 (gelyk) O/12 A 19 – 7 (wen) O/12 B 6 – 1 (wen) O/13 A 8 – 9 (verloor) O/13 B 9 – 7 (verloor) Ons herinner almal daaraan dat ons nie die O/7 en O/8 uitslae publiseer nie, want die fokus van hierdie wedstryde is deelname en spelers wissel ook gereeld posisies. Ons speel volgende week teen Laerskool Goodwood Park tuis. Hulle behoort ook vir die meeste van ons spanne opponente te stuur. Die e-pos vir hierdie wedstryde sal binnekort gestuur...

Lees Verder

Liewe Aarde nuus van 18 Mei

Baie geluk aan Christopher Venter in Gr5 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle altyd so getrou herwin! Geniet die R100 Col’Cacchio geskenkbewys. Kyk na die volgende youtube video – dit verduidelik so mooi hoekom ons moet...

Lees Verder

Oupa-en Oumadag

Op die oggend van Vrydag 7 Sept, hou ons Oupa-en Oumadag. Ouers moet asb. solank ‘n nota maak van hierdie belangrike dag op ons skoolkalender en vroegtydig vir al die Oupas en Oumas laat weet. Ons gee later meer...

Lees Verder

Netbal teen Milnerton

Ons eerste ligawedstryde het Woensdag, 9 Mei, teen Laerskool Milnerton begin. Ten spyte daarvan dat nie al ons netbalspanne gespeel het nie, was dit vir ons ‘n lekker begin. O/9 Oranje 15 – 3 (wen) O/10A 14 – 5 (wen) O/11A 5 – 2 (wen) O/12A 18 – 0 (wen) O/13A 10 – 9 (wen) Ons speel volgende Woensdag, 16 Mei, tuis teen Table View. Die meeste van ons spanne behoort te speel, so voltooi asb die vorms sodra u dit...

Lees Verder

Nuusbrief van 11 Mei 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 11 Mei 2018 Gr.4: Studiemetodes Vrydag, 11 Mei 2018 Skaak 2 Highlands Saterdag, 12 Mei 2018 Sporttoernooi (Fanie Theron) Saterdag, 12 Mei 2018 Rugby @ Fanie Theron (slegs 0/11) WEG Dinsdag, 15 Mei 2018 Eisteddfod solosang Woensdag, 16 Mei 2018 Rugby @ Milnerton TUIS Woensdag, 16 Mei 2018 Netballiga Tableview Woensdag, 16 Mei 2018 Eisteddfod solosang Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod solosang Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod voordrag Saterdag, 19 Mei 2018 Dapper Stappers Saterdag, 19 Mei 2018 Eisteddfod voordrag Sondag, 20 Mei 2018 Anike (assistent) verjaar Woensdag, 23 Mei 2018 Rugby @ Milnerton (TUIS) Woensdag, 23 Mei 2018 Gr. 6: Wemmershoek-kamp Woensdag, 23 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park Woensdag, 23 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5S Vrydag, 25 Mei 2018 Sivvies Vrydag, 25 Mei 2018 Semi-Finaal Redenaars Vrydag, 25 Mei 2018 Skaak @ St.Cyprians Saterdag, 26 Mei 2018 Sportdag Saterdag, 26 Mei 2018 Rugby @ Goudini (FD Conradie te Goudini) Sondag, 27 Mei 2018 Deon (onderwyser) verjaar Dinsdag, 29 Mei 2018 Izél en JC (juffrouens) verjaar Woensdag, 30 Mei 2018 Rugby @ Sunningdale (WEG) Woensdag, 30 Mei 2018 Netballiga Curro Century City Donderdag, 31 Mei 2018 Charlene (juffrou) verjaar Donderdag, 31 Mei 2018 Ellerton Primary Entrepeneursdag Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee Maandag, 4 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin Dinsdag,...

Lees Verder

Eisteddfod: Voordrag

Liewe Jannies en Ouers Ons jaarlikse Eisteddfod vind volgende naweek plaas en ons kan nie meer wag nie! Ons glo al die Jannies is al hard aan die oefen en reg om ons asems weg te slaan met hul talente. Net ‘n paar finale reëlings: Alle ouers en toeskouers moet agter op die veld parkeer.Daar sal op verskeie punte aansteekborde met aanwysings na die lokale wees, sowel as programme met die tye. Alle leerders moet asseblief betyds vir hul items opdaag. Leerders het reeds in die eerste week van Kwartaal 2 hul lokaal, dag, tyd en beoordelaar ontvang. Indien u kind dit misplaas het, kontak gerus vir juf. Schultz per e-pos. Die Gr.6 leerders wie se gedig en lees op dieselfde tyd was, se lees skuif na 14:30 in Lokaal F by Deon Lotz. Dankie vir almal se harde...

Lees Verder

Boekeskenking aan Parkfields Primary

Parkfields Primary in Hanover Park, het op 26 April Wêreld Boekedag gevier met koorsang, voordrag en boekvoorlesings. Ons ouers en leerders het wonderlik gereageer op ‘n beroep om boeke te skenk vir hierdie behoeftige skool. Ons kon 13 bokse Afrikaanse en Engelse boeke aan die Parkfields oorhandig. Baie dankie vir hierdie pragtige...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 11 Mei

Die wenklas van ons Eco-brick kompetisie was Graad 5 Stofberg. Baie geluk julle! Hulle kon Woensdag 2 Mei almal sivvies dra en ontvang ook elkeen ‘n Cadbury Fairtrade sjokolade. Fairtrade is ‘n etiket wat aandui dat landbou-produkte op ‘n etiese manier geproduseer is, bv. dat daar nie kinders op die plase werk nie en dat werkers onder veilige werksomstandighede werk. Dit beteken ook dat die boere wat die gewasse kweek, ‘n regverdige prys ontvang. Cadbury’s koop die kakao en suiker wat gebruik word om die sjokoladestafie te maak, by Fairtrade gesertifiseerde boere, daarom kan hulle die Fairtrade merk op die sjokolade gebruik. As ons Fairtrade produkte koop, maak ons ‘n bydrae tot armoede verligting regoor die wêreld. Ons wil graag aan die Lombaard gesin (Alexa, Juliette en Bernard) baie geluk en baie dankie sê – hulle het 27 eco-bricks volgemaak! Dankie ook aan Juffrou Baird wat al die Gr 6 en 7 leerders betrek het deur vir hulle eco-bricks as NWT opdrag te gee. Ons Jannie van die Week is Pierre-Jaque Smit in Graad 2. Dankie dat jy so fluks herwin – geniet die R100 Col’Caccios...

Lees Verder

Steyntjie bekendstelling

Ons nuwe bus, die Steyntjie, is vandag met groot opwinding bekendgestel. Die bus is vernoem na mnr. Steyn wat die skool se bus al vir 20 jaar lank ry. Die nuwe bus het sitplekgordels vir al die sitplekke en is vrolik versier met ons skool se naam en leuse. Baie dankie aan almal wat die aankoop van die bus moontlik gemaak het....

Lees Verder

Weeklikse nuusbrief

Lees gerus dié week se nuus op ons webtuiste se nuusafdeling. Daar sal nie n formele NUUSBRIEF more verskyn nie, weens die kort week. Die NUUSBRIEF sal wel weer volgende Vrydag verskyn.

Lees Verder