Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Woensdag, 16 Mei 2018 Rugby @ Milnerton TUIS

Woensdag, 16 Mei 2018 Netballiga Tableview

Woensdag, 16 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod voordrag

Saterdag, 19 Mei 2018 Dapper Stappers

Saterdag, 19 Mei 2018 Eisteddfod voordrag

Sondag, 20 Mei 2018 Anike (assistent) verjaar

Woensdag, 23 Mei 2018 Rugby @ Milnerton (TUIS)

Woensdag, 23 Mei 2018 Gr. 6: Wemmershoek-kamp

Woensdag, 23 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park

Woensdag, 23 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5S

Vrydag, 25 Mei 2018 Sivvies

Vrydag, 25 Mei 2018 Semi-Finaal Redenaars

Vrydag, 25 Mei 2018 Skaak @ St.Cyprians

Saterdag, 26 Mei 2018 Sportdag

Saterdag, 26 Mei 2018 Rugby @ Goudini (FD Conradie te Goudini)

Sondag, 27 Mei 2018 Deon (onderwyser) verjaar

Dinsdag, 29 Mei 2018 Izél en JC (juffrouens) verjaar

Dinsdag, 29 Mei2018 Saal: Leerlingraad

Woensdag, 30 Mei 2018 Rugby @ Sunningdale (WEG)

Woensdag, 30 Mei 2018 Netballiga Curro Century City

Donderdag, 31 Mei 2018 Charlene (juffrou) verjaar

Donderdag, 31 Mei 2018 Ellerton Primary Entrepeneursdag

Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann

Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee

Maandag, 4 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin

Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin

Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB

Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet

Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule

Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname

Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroepe besoek ons

Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal

Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar

Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig



>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Liewe Aarde nuus van 18 Mei

Baie geluk aan Christopher Venter in Gr5 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle altyd so getrou herwin! Geniet die R100 Col’Cacchio geskenkbewys.

Kyk na die volgende youtube video – dit verduidelik so mooi hoekom ons moet herwin.

https://vimeo.com/270310171

Op die oggend van Vrydag 7 Sept, hou ons Oupa-en Oumadag. Ouers moet asb. solank ‘n nota maak van hierdie belangrike dag op ons skoolkalender en vroegtydig vir al die Oupas en Oumas laat weet. Ons gee later meer detail.

Wiskunde

Hoërskool Jan van Riebeeck se Wiskunde-ster, Emil van der Walt, is pas opgeneem in die SA-Wiskundespan wat van 7-14 Julie in Roemenië aan die Internasionale Wiskunde Olimpiade gaan deelneem.

Die span bestaan uit slegs 6 lede. Dis ‘n fantastiese prestasie. Emil (links) is ‘n oud-JVR laerskoolleerder.

Netbal

Vier van ons leerders is verkies tot WP-netbalspanne:

Kayla Redgard (o.15), Lydia-Marie Erasmus (o.17), Lihle Godongwana (o.19) en Amy Atkins (o.19). Hulle neem almal eerskomende naweek aan die Weskaap-proewe in Hermanus deel.

Amy (regs) is deel van die SA-skolespan wat later vanjaar in Australië gaan deelneem.

AKADEMIE

Indien jy vir jou kind betaal het vir Mathletics deur die Karri-toepassing, onthou om die bewyse van betaling na leon@jvrprim.co.za te stuur, sodat ons jou kind se intekenbesonderhede en wagwoord vir jou kan stuur.Baie dankie.

Hierdie week se top drie leerders met die meeste punte vir Mathletics is:

3. Alexander de Jong – 5 263 punte

2. Cara Swanepoel – 6 048 punte

1. Daniel van Reenen – 11 303 punte

Baie geluk Daniel, met jou eerste plek twee weke in ‘n ry.

thumbnail of EDRO Robotics Weekend May2018

 

---

KULTUUR

Onthou om by juf. Groenewald vir Jannies Talent te kom inskryf.

Daar is nog genoeg tyd om te dink watter spesiale talent jy by die talentaand wil kom wys.

Jannies Talent vind 20 Junie plaas.

SPORT

Ons het Vrydag 11 Mei teen Highlands tuis gespeel. Ons 5 spelers het met trots 4 – 1 gewen.

Mooi so Jannies. Hou so aan!

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die wedstryde teen Laerskool Table View. Ons het heerlike weer gehad en dit was nog lekkerder vir al ons spelers omdat die meeste van die spanne kon speel. Die uitslae is soos volg:



O/9 A 8 – 2 (wen)

O/9 B 0 – 6 (verloor)

O/10 A 6 – 4 (wen)

O/10 B 5 – 8 (verloor)

O/11 A 5 – 5 (gelyk)

O/11 B 3 – 3 (gelyk)

O/12 A 19 – 7 (wen)

O/12 B 6 – 1 (wen)

O/13 A 8 – 9 (verloor)

O/13 B 9 – 7 (verloor)

Ons herinner almal daaraan dat ons nie die O/7 en O/8 uitslae publiseer nie, want die fokus van hierdie wedstryde is deelname en spelers wissel ook gereeld posisies.

Ons speel volgende week teen Laerskool Goodwood Park tuis. Hulle behoort ook vir die meeste van ons spanne opponente te stuur. Die e-pos vir hierdie wedstryde sal binnekort gestuur word.

Ons 0/9 – 0/13 spanne het Woensdag teen Milnerton te staan gekom. Ongelukkig het Milnerton nie 0/7- en 0/8-spanne nie en ons klein manne het eers hierdie week se wedstryde uitgesit. Die 0/9’s het stadig aan die gang gekom, maar gemaklik gewen deur ag keer oor die doellyn te gaan.

Die 0/11’s het uitstekend gespeel en was op die dag net te sterk vir Milnerton. Hulle wen gemaklik met ‘n telling van 35-5. Die 0/13’s was in ‘n titaniese stryd en met minder as vyf minute oor het ons ‘n drie gedruk.

Alexander Newton se pragskop uit die hoek van die veld het vir die wenpunte gesorg. Ons wen met ‘n telling van 7-5.

Baie geluk aan alle spanne. Ons hou duimvas vir al ons volgende wedstryde.

Bernard Lombaard is, ná proewe verlede naweek, weer gekies vir die Westelike Provinsie se GojuKai-karatespan.

Bernard het in graad 3 begin met Goju Kai-karate en was reeds verlede jaar ‘n lid van die Suid-Afrikaanse GojuKai-karatespan. Hy het in Oktober 2017 in Vancouver, Kanada aan die Goju Kai-Wêreldbyeenkoms, wat elke 4 jaar gehou word, deelgeneem. (Divan Rossouw, wat toe nog in ons skool was, was ook deel van die span.)

Die Suid-Afrikaanse Goju Kai-karate kampioenskappe word vanjaar in September in die Wes-Kaap gehou. Bernard sal aan hierdie toernooi as lid van die WP-span deelneem en sal aan beide kumite en kata deelneem. Kumite is gevegte tussen 2 deelnemers, en kata is ‘n spesiale volgorde van spesifieke bewegings, wat gevegte simuleer. Dit moet baie presies uitgevoer word. Baie geluk en sterkte met die voorbereiding Bernard!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Luck is when preparation meets opportunity.

– Seneca

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209