Ons nuwe bus, die Steyntjie, is vandag met groot opwinding bekendgestel. Die bus is vernoem na mnr. Steyn wat die skool se bus al vir 20 jaar lank ry. Die nuwe bus het sitplekgordels vir al die sitplekke en is vrolik versier met ons skool se naam en leuse. Baie dankie aan almal wat die aankoop van die bus moontlik gemaak het.